Maandag 11 Maart 2024

Argus/CTCT nommer 33





Sondag 10 Maart 2024. Lieflike oggend met ligte Suid-Oostertjie. Ek ry weer van die huis af en kom so 06:30 by die wegspring aan. Lekker stil op die Parade. Ons spring 07:06 weg. Ek het voor die tyd besluit dat ek dit rustig gaan vat en probeer om 'n vinnige tyd te jaag nie. Alles verloop baie goed, ek ry bale lekker en maak in 4:05:52 klaar. My Garmin tyd van 4:06:07 is omdat ek eers na die eindstreep hom gestop het. Die "lekkerste" van die rit was van die Seepunt Paviljoen af toe ek 'n tandem opgetel het en teen maksimum hartspoed tot die einde aan hulle vasgeklou het met alles wat ek oor gehad het teen 'n speod van 35-45 kpu!








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking