Dinsdag 17 November 2020

36ONE 13/14 November 2020

My inskrywing vir 2020 se 36ONE was vroeg in en verblyf was oor gou vasgemaak. Covid-19 het ons kaarte so ‘n bietjie deur mekaar gekrap, maar gelukkig kon alles aangeskuif word na die nuwe datum van 13/14 November 2020. My broer het onderneem om my te ondersteun en ons vrouens het besluit hulle gaan die naweek saam met ons “ontspan”. Oudtshoorn is ‘n plek wat lekker warm kan word en November is nie ‘n uitsondering nie. Om sake te bemoeilik is die wegspring tyd na 15:00 vervroeg!

 

Ons is die 12de uit die Kaap weg sodat ons rustig kon ry en dat ek darem ‘n goeie nagrus kan kry voor die “ultimate challenge”! Ek registreer die Donderdagmiddag en ons verkeer rustig op Klein Afrika, so 7 km buite Oudsthoorn op die pad Schoemanshoek toe. Die voorspelling vir Vrydag was 42 grade Celsius, met ‘n meer gematigde 26 vir Saterdag. Ek was nie seker of daar ‘n “race briefing” sou wees nie, maar speel veilig en sorg dat ek so 13:20 by die wegspring is. Daar gaan nie veel aan nie, maar gelukkig is daar ‘n “luggie” wat sake afkoel en heelwat gratis Biogen yskoue koeldranke beskikbaar. Ek besluit om maar die hidrasie vlakke aan te vul en drink ‘n paar terwyl ek in die koelte wag vir 15:00 om aan te breek.


Die deelnemers begin so vanaf 14:30 nader staan. Ek neem my plek in die wegspring hok in teen so 14:50. Hulle praat van 46 grade. My Garmin wys 42.5 en dit is warm! Ons spring stiptelik 15:00 weg. Die eerste paar kilometer is neutraal wat veroorsaak dat die pas baie gematig is. Gelukkig versnel die pas nie te veel waar ek ry wanneer die amptelik wedren begin nie en ons ry teen ‘n rustige 20 kpu. 


Na 6 km draai ons regs op die Vergelegen pad. Dit gaan gepaard met 200 meter se klim oor die volgende 10 kilometer. Teen die bult uit styg die temperatuur na 44 en heelwat ryers besluit om ‘n koeltjie op te soek. Ons daal gelydelik oor die volgende 34 kilometer. Op 32 kilometer kruis ons die Oudtshoorn/De Rust pad en gelukkig is daar ‘n plaasdam aan die oorkant waar meeste van ons ons waterbottels volmaak. Ek ry so elke nou en dan saam met iemand, maar hulle is meesal óf te vining óf te stadig vir my, met die gevolg dat ek maar meesal alleen ry. 

 

Dit gaan so tot by kilometer 45. Daar kom ‘n paar ryers by my verby en ek besluit om by hulle aan te ”hak”.  Die eerste waterpunt is op 54 km. Ons begin ‘n lastigheid met ‘n ligte Suid Ooste wind van voor te ondervind. 54 kom, maar geen waterpunt is in sig nie! Ons is nou al vir 2:45 aan die gang en sien uit na bene rek. Die temperatuur het darem gedaal na ‘n meer redelike 30 grade. Op 56 km draai ons regs en daar is nog geen waterpunt in sig nie. Daar is ‘n gemurmereuring in die groep daaroor en om dinge te vererger is hier ‘n lekker bult voor ons! Dit bult is gelukkig nie te lank nie en toe ons bo kom is die waterpunt daar. Ek stop vir ‘n glasie of twee Coke and laat my waterbottel volmaak.

 

Net nadat ek in die pad val, vorm die meeste van ons wat voor die stop stil gehou het, weer saam. Die pas is redelik en ons werk lekker saam. Dit temperatuur is af na so 20 grade, maar die wind is besig om op te tel. Ons groep wissel so tussen 6 en 8. So elke nou en dan kom iemand by en dan val iemand weer af. Na ‘n rukkie is hulle weer by. Die pad is baie op en af en ek moet werk om by te hou. Ek voel eintlik dat die pas ‘n bietjie te hoog vir my is, maar besluit om te probeer om aan te hang tot by die volgende waterpunt op 100 km, eder as om alleen teen die wind in te sukkel. By die waterpunt sal ons in elk geval regs draai en dan die wind van agter te kry. Die donkerte oorval ons ook so 30 minute voor die waterpunt. Ons ry met ‘n “single track” onder deur die N9. Ek bereik waterpunt 2 na 6:05:15, maar eers nadat ek ‘n draai by ‘n ander partytjie, wat ook op Louvain plaasvind, maak. Ek word darem gou na die regte plek verwys! Dit is ook die eerste kontrole punt en my broer wag hier vir my. Ek kry ‘n warm baaitjie by hom, eet wat hier te ete is en drink ‘n paar glasies Coke. Ek vertoef 18 minute en val dan weer in die pad.

 

Ons ry nou links van die N9 en meesal op “jeep tracks” wat in ‘n redelike goeie toestand is. Die pad is ook redelik gelyk. Ons bly vir die volgende 20 km op 600 meter bo seespieël. Ek weet nie wat van my groep, saam met wie ek voor Louvain gery het, geword het nie, maar ek ry rustig teen ‘n pas wat my vir my gerieflik is. Dit is weer ‘n geval van ryers wat kom en gaan. In die meeste gevalle is hulle te haastig na my smaak en ek probeer nie by hou nie. Daar was vir ‘n lang ruk een spesefieke ryer wat heeltyd in my omgewing gebly het. Dan is ek voor, dan is hy voor, maar ons het nooit regtig saam gery nie en ook nooit gesels nie. Na 122 km kom ons by Camfer, net voor Herold aan en draai regs om oor die N9 en deur Paardepoort te ry. Dit is my eerste kennismaking met Paardepoort en alhoewel die donker is, is bewus daarvan dat ons deur ‘n mooi kloof ry. Tot dusver was vanjaar se roete anders as van te vore behalwe dat ons ‘n gedeelte in die teenoorgestelde rigting gery het. Op 135 km sluit ons weer by die ou roete aan en van hier tot op die einde is dit “de ja vu”! Behalwe vir die stukkie waar ons oor plase en langs die treinspoor ry, is die pad oppervlakte baie goed en handhaaf ek ‘n goeie gemiddelde spoed alhoewel dit gedurig óf bult op óf bult af is.

 

So teen 12:30, na ongeveer 4 uur se ry met my lig aan, kom die rooi waarskuwingsliggiee aan wat aandui dat my battery einde se kant toe staan. Ek het al in die verlede 3 drie uur so gery voordat die lig dood gegaan het. Dit beteken dat ek so ‘n uur voor eerste lig sonder lig sou wees! Daar kom ‘n ryer by my verby en ek besluit om, sover ek kan in sy lig, kort agter hom te ry, sodat ek my lig kan afsit en battery spaar. Ek kry dit vir ongeveer ‘n half uur reg, maar kort nadat ons regs draai op die R328 trek hy af en is ek verplig om my lig weer aan te sit. Ek kom na 10:49 by waterpunt 5 wat ook kontrole punt 2 is, aan. Ek het ‘n paar spaar ligte in my bagasie, wat my broer vir my bring. Toe ek die eerste een, wat met herlaaibare batterye werk, aansit sien ek dat hy nie voldoende krag het nie. Die ander een, wat met gewone batterye werk het egter baie “woema” en ek neem hom saam as spaar. Ek vertoef 28 minute en na ‘n koppie Milo en ‘n bord pasta val ek weer in die pad. My totale tyd staan nou op 11:16:51 wat op ‘n gemiddelde spoed van 15.87 kpu uitwerk. Die probleem is dat die volgende 104 kilometer die moeilikste gedeelte van die roete insluit. 

 

Oor die volgende 20 kilometer klim ons 280 meter. Nie baie styl nie, maar  geen rus vir die bene nie! Dit word gevolg deur 28 kilometer waar tydens ons afdaal na die Gouritzrivier toe. Die son is besig om om te kom en wonder bo wonder het my lig gehou! Dit beteken dat ek 4 en ‘n half uur gery het met die my battery se waarskuwingsliggie aan. Nadat ek deur die Gouritz is klim die roete weer gelydelik oor die volgende 20 kilometer tot aan die begin van Rooiberg. Rooiberg is ‘n klim van 500 meter oor ‘n afstand van  7 kilometer, nadat ons al 250 kilometer gery het! Dit neem my 1:07 om die 7 kilometer af te lê. Die volgende 26 kilometer Calitzdorp is meesal afdraend en dan ook die gedeelte waar ek die beste gemiddelde spoed van 22.7 kpu handhaaf. Ek kom na 18:27 uur in die saal en 284 kilometer in Calitzdorp aan wat waterpunt 7 en kontrolepunt 3 is. My broer wag my weer hier in. Ek trek ‘n vars top en ander skoene aan om ‘n bietjie vrisser te voel. Eet ‘n pannekoek, maak my waterbottel vol en na 24 minute val ek weer in die pad. 


Die temperatuur het in tussen na 34 grade Celsius gestyg. Oor die volgende 27 kilometer klim ons weer 450 meter en die temperatuur klim na 38! Gelukkig ry ons deur die Groenrivier vallei wat redelik boomryk is en my baie aan Baviaanskloof herrinner. Meeste van die klim is ook in die laaste 5 kilometer, waar ons 270 meter klim. Terwyl ons by die Calitzdorpdam verby ry, kry ek weer geselskap en ons ry lekker saam tot net voor die bult, waar ek agter raak. Net voor dit kom Henko Rademeyer by ons verby met sy bakkie en vra of ons water wil hé. Met sulke hitte word so ‘n aanbod nie van die hand gewys nie! Hy gee vir elkeen van ons ‘n bottle ge-eisde water. Watter laffenis! Die voorlaaste waterpunt het vanjaar van die vallei na die bult na die bokant van die bult geskyf. Onder in die vallei draai ons links Groenrivier toe.

 



Nou lê daar nog drie bulte voor en dan die tog deur ‘n mooi vallei voor die laaste “drag” op die Lategansvallei pad. Die bulte is redelik ongenadiglik in die hitte, maar ek ry al drie uit.


Ek het die laaste paar jaar die rit deur die vallei baie geniet en ‘n goeie gemiddelde spoed gehandhaaf en verjaar is dit dieselfde. Die pad is baie op en af maar ons daal van 740 meter na 310 meter oor ‘n afstand van 26 kilometer en my spoed wissel so tussen 15 en 40 kpu. By die vallei uit volg 10 kilometer wat redelik gelyk is, tot waar ons by die Calitzdorp/Oudtshoorn teerpad aansluit. Die laaste waterpunt is so halfpad oppad teerpad toe. Ek beplan om vir oulaas ‘n glasie Coke te drink en my waterbottels vol te maak, maar toe ek daar aankom trek daar drie ryers weg, onder andere die een saam met wie ek langs die Calitzdorpdam gery het. Ek besluit net daar dat daar voldoen water in my waterbottel is om die einde te haal en val agter hulle in. 

 

Ons handhaaf ‘n lekker pas met ‘n sterk man wat voor ry. Ek kom agter dat ons pas sodanig is dat die ander twee nie kon byhou nie. Met 2 kilometer oor na die teerpad raak die pas ook vir my te veel en ek laat hom gaan. Op die teerpad gaan ek by ‘n ryer verby wat duidelik gedaan is ge-oordeel aan die pas wat hy ry! Die res van die roete tot by Kleinplasie ry ek op my eie en kom 4 minute na die sterkman en 35 sekondes voor die ander ryer by die eindpunt aan. 







Totale afstand 364.15 kilometer en totale tyd 24:20:13. Dit is 3 kilometer verder as die offisiële afstand en my offisiële tyd is 24:15:44. Dit is omdat die eerste 3 kilometer ‘n neutral sone was. So eindig my 6de 36ONE. Alhoewel dit my stadigste tyd is het ek nooit “kaput” gevoel nie, wat ek nie van die vorigge kere kon sê nie. Die verskil is dat ek die keer meer binne my vermoeë gery het terwyl ek gedurende die vorigge kere myself meer “gedruk” het. Verder het vanjaar se roete 'n bietjie verander en alhoewel die eerste 135 km "makliker" as van tevore was, was die wen tyd twee stadiger, heel moontlik as gevolg van die hitte en wind oor die eerste 100 km.

 <iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/5827592237' title='Oudtshoorn Cycling-36ONE (ou Garmin 800)' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Post Covid-19 rit Dag 3














 <iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/5495669625' title='Kaleo, Riebeek Kasteel via Witzenberg en Oudekloof' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>



Post Covid-19 rit Dag 2





<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/5490269564' title='Tankwa Trek prolog roete' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/5491386221' title='Rondte van Kaleo' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe> 

Post Covid-19 rit Dag 1






 <iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/5486555991' title='Post Covid-19 rit Bloubergstrand, Ceres' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>