Maandag 15 November 2010



Maandag 15 November

My volgende lang rit is op hande. My mikpunt was 12uur en 200km met 'n paar ernstige klimme. Sak is Sondagaand gepak en ek het met 'n saal, wat Gary van Cycles Direct vir my geleen het, eksperimenteer. Ek het 06:15 weggekom. Vanaf Blouberg is ek direk Hillcrest toe, via Nitida, D'Aria, Majik Forest na Zevenwacht. Van daar was my roete oor die hoogste koppe, insluitend Bottelarykop, na die Klipheuwel/Bottelary kruising. Alles het goed verloop en ek was na 5 uur 40 minute daar. Die uitsig van die "koppe" af was asemrowend. Van Bottelary is ek met die Klipheuwel pad oor die N1 en daarna op die grondpad, wat langs N1 loop na die Eenzaamheid afdraai deur na die Durbanville/Agter Praal pad. Na ses kilometer in die Paarl regting neem ek die grondpad links. Na so 'n paar kilometer weer links en dan gou weer links op 'n pad wat my net voor die wind kragopwekekrs in die Perdeberg/Klipheuwel grondpad bring. Dan oor die R304 en met Wellingtonweg af tot by die Philadephia afdraai, waar ek regs draai en dan onmiddelik links op die Occultdale pad tot by Adderleyweg. Dan links en na 'n paar kilometer regs verby Fairview Melkery, oor Malanshoogte en verby Caltex huistoe. Die totale afstand was to net 150km en het my 12 uur geneem, maar die hitte was net te erg en dus kon ek nie my teiken haal nie. Ongelukkig het Gary se saal ook nie gewerk nie, want my boude is weer rou. Dit raak nou 'n ernstige probleem waarmee ek baie min vordering maak, ten spyte van verskillende eksperimente met sale! Gemiddelde spoed, terwyl ek in beweging was, was 14.6km, totale klim 1,948meter, 5996kilojoels verbrand en 10uur 20min se fiesiesse rytyd. Goeie dag in totaliteit en nou kan ek sien waarom die wedren in die winter plaasvind. Dit is makliker om warm te word as om af te koel en om lou water te drink is glad nie lekker nie.