Sondag 12 Maart 2023

CTCT nommer 32

Sondag 12 Maart en tyd vir my 32ste toer. Die vorbereiding het geod afgeloop en die weer lyk baie goed. Die wekker gaan 04:30 af en ek val 05:20 in doe pad stad toe. Meeste van die straat ligte tussen Bloubergstrand en Paarden Eiland is af, wat dit moelik maak om te sien waar ek ry, maar ek maak dit en kom 06:30 by die begin aan. Ek moet 'n bietjie vir die C-groep soek, maar kry dit en nou moet ons vir 07:00 wag. Die groepe spring met 3 minutes gapings weg. 06:50 gaan die krag af!


Dit kom eers 5 minute later weer aan en ons spring dus 07:03 weg. Ons word ook nie offisieël afgetel nie, ons hou sommer asn met ry toe ons oor die begin streep ry!

Daar is 'n ligte Suid Oos, maar nie so dat dit ernstige probleme skep nie. Die groot ding van die wedren is om die regte tyd in die regte bondel te wees. Almal ry maar hulle eie pas teen Oostelike Boulevard uit. Anderkant af tel ons vinnig spoed olp en dan klim ons weer voor Ikeys verby. Van Pricess Anneweg tot by die begin van die Edinburghrylaan klim, is die pas weer warm want die is bult af. Ek ry Edinburghrylaan op teen my eie pas, wat stadiger as sekere ryers is, maar darem ook vinniger as hele klomp ander. Anderkant af laat waai ons weer, maar aan die begin van die M5 is ek op my eie, wat nie goed is nie. Na 'n ruk kom daar 'n grpeo verby en ek kry dit reg om by hulle aan te hak tot onder by die Westlake afdraai. Deur Muizenberg, St James, Kalkbaai en Vishoek bly ek in bondels. Die samestelling wissel, maar ons ry teen 'n goeie pas. So gaan dit deur Glen Cairn tot in Simonstad. In die dae toe ek onder 3 uur gery het, was dit altyd my mikpunt om tot by Jubilee Square in Simonstad in minder as 60 minutes te ry. Nou neem dit my 1:20! Die jare stap aan. 


Deur Simonstad, verby Boulders en dan begin Smitswikelbaai se klim. Die klim is nie te styl nie en die gradiënt by redelik konstant. Ek bly gedurig in die omgewing van dieselfde ryers en ry selfs vir 'n paar weg teen die laaste gedeelte, wat 'n bietjie styler is. Anderkant af tel die spoed weer goed op, maar die pad oppervlekte is hier redelik ongelyk, so ons moet mooi kop hou. Die pas is goed en die roete loop redelik op en af van hier tot by die begin van Chapmans Peak. Die "ops" is egter redelik kort en nie te styl nie, met die uitsondering van die Slankopweg wat langer is, maar ook nie te styl nie. Ons ry sonder enige voorvalle en met ouens wat lekker saamwerk tot aan die voet van Chapmans Peak se eerste klim. 


Chapmans Peak se eerste deel is net meer as 1.23 kilometer lank met 58 meter se klim. Dan volg 'n klein afdaend, gevolg deur die eintlike klim van 352 meter oor 2 kilometer. Ek ken nou al die bult goed en weet hoe om die regte pas te handhaaf. Dit neem my so 11 minute om die 2 kilometer af te lê. Ek is nou al vir 3 uur aan die gang en sal my stert moet roer indien ek my mikpunt van 3:55 wil haal. Daar is nog 27 kilometer oor en ek moet dit in 55 minute aflê, met Suikerbossie langs die pad. 



Chapmans Peak af is altyd vinnig en dan deur Houtbaai en aan na Suikerbossie. Die klim is ook ongeveer 124 meter oor 1.78 kilometer. Die een kry ek in 10 minute gedoen. Nou is dit voet in die hoek, huis toe. Na die Twaalf Apostels Hotel vorm daar 'n redelike groep, maar ons ry net teen 28-29 kpu en idt is te stadig indien ek onder 4:00 wil klaar maak. Na 'n rukkie tel die momentum darem op en ry so teen 32-34. Deur Bakoven, Kampsbaai en deur Clifton. Onder in Beachweg regs en nou deurdruk eindstreep toe. My tyd lyk goed en ek hoef my nie te ooreis om my mikpunt te haal nie. Ons ry nou so teen 37-39 kpu en ek hou maklik by. Deur eindstreep toe in 'n tyd van 3:53, 'n hele twee minute beter as my mikpount van 3:55.

My offisiële tyd was 3:52:26 en ek iendig 4,724 uit 17,972 wat klaar gemaak het en 6de in die 75-79 ouderdoms groep.

So eindig nog 'n suksesvolle CTCT. Ek wonder hoeveel sal ek nog kan byvoeg!