Saterdag 30 Oktober 2021

Oranje Avontuur Dag 9

Anette by Oude Schuur het nie vir ons plek gehad nie, maar ons het toe by die Bethulie Royal Hotel geholpe geraak. Dit was heelwat duurder, maar wel ‘n baie besonderse ondervind waar ons kennis maak met Anthony Hocking en sy versameling van 120,000 boeke en 80,000 langspeelplate! 

 


Beurtkrag was vir 20:00 geskeduleer en dit was 18:30 toe ons daar aan kom, dus moes ons ons litte roer om darem nog kos by die Old Car Pub te kry voordat die krag afgaan. Buite het dit nou ook honde en katte gereent. 

 

Vrydagoggend het Anthony en sy personeel ons getrakteer met ‘n heerlike ontbyt. Na die laaste oppak, kom ons net na 08:00 aan die ry. 

 

Leon moes onderdele vir sy Land Cruiser by ‘n boer in die Richomnd omgewing kry. Ons draai dus net na Richmond af op ‘n grondpad Victoria Wes toe. Dit het hie rook goed gereent en die pad is redelik modderig. Ons kry die onderdele, ry deur Victoria Wes waar ons ‘n lekker middagete geniet en vat dan die pad Kaap toe via Drie Susters. Ons arriveer so net voor 21:00 in die Kaap.

 


So eindig ‘n besonderse Oranje/Sengu Avontuur!


Hier is die skakel na Philip Hanekom se verslag.


https://philipsewebjoernaal.wordpress.com/

Oranje Avontuur Dag 8

Die het weer omtent heelnag gereent en hard ook. Toe ek die vorige aand in my tent kom, vind ek dat my kampbed en slaapsak albei klam is. Ek besluit toe om sommer in my klere bo-op alles te slaap. Gelukkig was dit nie te koud nie en toe dit koeler raak was die slaapsak darem so dat ek onder dit kon lê.

 

Die dag lyk goed vir fietsry en na ontbyt en oppak val ons teen 07:18 weer in die pad. Ek het vir ons ‘n lekker alternatiewe roete vanaf Ha Moqalo na ‘n punt naby Aalwynskop, waar die teerpad die rivier kruis, uitgewerk. Ongelukkig was die roete verkeerd om afgelaai, met die gevolg dat my Garmin my elke keer terug Ha Moqalo wil neem. Ons identifiseer die roete op Komoot op my selfoon  en begin ry. 

 

Na so 4 kilometer sien ons ‘n paadjie deur die veld, wat lyk of dit ‘n kortpad kan wees en ry daar af. Die paadjie begin egter baie gou parallel met die grootpad loop en na ‘n verdere 3 kilometer is ons terug op die grootpad. Tydens die rit kry ek dit reg om my ketting, wat in elkgeval gedaan is, te breek. Ons herstel dit gou, en ry aan. My ketting is egter nou te kort en ek kan dus nie my laaaste twee klim ratte gebruik nie. Op die profile van die pad wat ons ry is dit gelukkig nie ‘n probleem nie. 

 



Die pad wat ons volg is al teen die kontoer van die berg met ‘n paar redelike klimme en so elke nou en dan ‘n lekker afdraend. Die oppervlakte is redelik rof, maar werk goed met ons fietse se groot wiele. Ons kontroleer so elke nou en dan met Komoot dat ons nog op die regte roete is. Ons kry ook gereeld ‘n mooi uitsig oor die Sengu. Ons kom ook op ‘n brug af wat verspoel het. Gelukkig is daar darem genoeg oor sodat ons met die fietse daar kan oor ry.

 



Na 5 ure se ry sien ons ‘n brug oor die rivier. Toe ons daar kom sien ons dit is die ou enkelbaan padbrug. Ons ry oor en neem ‘n paar “selfies’. Ons kan ook die nuwe padbrug so ‘n entjie verder af sien. Ons ry daarheen kry ook vir Nico-hulle daar. 

 


So eindig ons fietsrit langs die Sengu/Oranje. Ons het op die ou ent net omtrent 50% van wat osn wou trap, getrap as gevolg van die weer en nou teerpaaie, maar dit was voorwaar ‘n besonderse ondervinding. Lesotho het sy naam van “The Mountain Kingdom” beslis aan ons bewys. 

 

 

Totale afstand vir die dag 65.84 km; tyd 5:49:50; klim 1,234.

 

Totale afstand getrap 241.15 km; totale tyd 25:21; gemidelde spoed 9.51 kpu; klim 6,983 meter teen gemiddeld 28.96 meter per kilometer.






Oranje Avontuur Dag 7

Die roete vanaf Qachasnek na Telebrug sou baie teerpad insluit en die teerpaaie het geen skouer nie, wat fietsry redelik gevaarlik maak. Ons besluit dus om vanaf Qachasnek na Ha Moqola met die motor te ry. Dit is 'n afstand van ongeveer 200 kilometer naastenby 60 km van Telebrug af. 
    




Ons kry hier 'n lekker kampplek langs die Sengu waar ons uitspan en tente opslaan. Ons het lekker groot Lesotho 
hoenderboude, minstens twee keer die grote van wat ons in SA kry, om te braai. Net nadat ons klaar gebraai het, begin die hard reent. Ons kry dit reg on ses broodtjies te braai maar moet die ander szes ongebraai eet aangesien dit te hard reent.




 

Oranje Avontuur Dag 6

Elke dag se oppk is 'n missie! Ons kom eers 07:25 weg. Ek gooi my nat klere oop bo-op die ander begasie sodat dit droog kan word. 

Na 'n "selfie" voor die Lodge, ry ons. Vandag het weer 'n paar kwaai klimme in. Die toestand van die paaie is heel goed vir fietsry, maar ek wil nie hier met 'n motor ry nie! Ons kry ons eerste uitsig oor die magtife Sengu! 




What goes up must go down! Elke opdraend word gevolg deur 'n malle afdraend! Die pad is rof maar ons laat wiel bult af! Ons kom op 'n punt waar die roete wat ek op Komoot afgelaai het net nie sin maak nie. Gelukkig het Philip Hanekom 'n roete op Google Earth vasgelê wat nie op enige van my roetes wat ek afgelaai het, aangedui is nie. Die toestand van die pad was ook baie goed en ons volg dit.


Ons klim 'n 6,3 Kilometer lange bult waar tydens ons 507 meter styg. Dit neem my 1:10 om bo te kom, maar dit was 'n lekker klim. Daar was 'n paar kwaai seksies van 17% maar die meeste was so tussen 7-9%. Ons is nou al 6:43 In die saal en die beplande afstand vir die dag is 105 km. Ek besluit om aan die einde van die volgende afdraend op te hou aangesien ek nie eintlik kans sien vir nog 30 kilometer nie en ek hou in elkgeval die ander manne terug. 


Die afdraend was 8 kilometer en het my 30 minute geneem om tot onder te kom. Dit neem vir Nico heelwat langer en ek ry aan totdat hulle my inhaal. Daar stap 'n klomp skoolkinders verby en ek kry hulle om my te help om my fiets in die fietssak in te kry. 


Ons haal die ander op so 90 kilometer in, maar hulle wil klaar ry. Ons ry aan en wag vir hulle by die teerpad. Hulle kom sowat 2 uur nat ek opgehou het by die eindpunt aan. Hulle het dus daardie 30 kilometer in 'n bietjie meer as twee uur afgelê. 




Ons kry slaapplek by 'n lodge in Qachasnek en hulle gee ook vir ons kos. Heerlike skaapvleis met rys en slaai!

Totale afstand 70.13 km; tyd 7:37:18; klim 2,145 meter.







Oranje Avontuur Dag 5

 Ons raak redelik vroeg wakker, eet ontbyt en drink koffie. Die klam tente het darem deur die nag redelik droog geword.

Ek val weer voor die ander in die pad en ry Mokhotlong toe. Die 6 kilometer neem my so 45 minute. Die res kom so 'n uur later daar aan na die oppak en skoonmaak by ons kamp terrein.

Leon koop 'n data kaart sodat ons darem met die buite wêreld kan kommunikeer. Ons kom 09:00 daar weg.

Aanvanklik ry ons teerpad tot 11 kilometer buite Mokhotlong. Dan draai ons af op 'n grondpad wat onmiddelik afdaal na 'n rivierloop, gevolg deur 'n goeie klim. Die toestand van die pad is heel goed. 

Na so ongeveer 1 kilometer wys my Garmin vir my wat kom - 16.57 kilometer met 1,020 meter se klim. Dit is 'n bulletjie. Ons klim vanaf 2,012 na 3,032 meter. Dit neem my meer as 2:45 uur om bo te kom. Die pad oppervlakte is goed so ons kom meeste van die tyd ry, maar klim 'n paar keer af om te stoot. Anderkant is die net mooi die teenoorgestelde en ons hoef vir die volgende halfuur nie te trap nie.




Die res van die dag is gedurig op en af, maar ons geniet die rit. Die weer is hierdie stadium baie lekker. Die omgewing se tepografie bly onveranderd. Hier is omtrent geen bome nie, net grasvelde en berge! 


Ons het tentatief met Nico-hulle ooreengekom dat ons by die kruising van die pad en die Dinakengrivier, gaan kamp. Dit begin so elke nou en dan reent. Toe ons by die plek kom is hulle nêrens in sig nie en ons hou maar aan met ry. Hulle het gereken dat hulle eder 'n beter blyplek soek, wat hulle toe by Mashai Lodge gekry het. Die terrein ontleen hom daartoe dat ons 'n goeie pas kan handhaaf. Dit begin egter al harder reent en ons begin koud kry en raak nat. Na 70 kilometer sien ek 'n klomp bome waar dit redelik droog is en hou daar stil. Leon kry dit reg om met Derick kontak te maak en hulle kom haal ons. 

Ons kry by die Mashai Lodge plek vir die nag. Dit is egter nog 30 kilometer verder, maar gelukkig sit ons in die motor. Daar aangekom lyk dit darem redelik en ons besluit om dit te aanvaar. So eindig dag 5.


Afstand gery 80.91 km; tyd 7:54:50; hoogte geklim 2,202 meter. 

 







Oranje Avontuur Dag 4

Dit het omtrent heelnag saggies gereent met die gevolg dat alles buite nat is. Kondendasie het ook die binnekant van die tent klam gemaak. Om sake te vererger het 'n waterbottel in motor op my klere gelek met die gevolg dat van my klere nat is. Daar was darem droeë klere vir die dag. 

Aangesien ek stadiger as die ander is, het ek so lank begin ry terwyl hulle oppak. Aan die begin was die paaie nat maar dit het nie gereent nie. Die eerste paar kilometers was teer. Daarna gaan ek oor na die nuwe geteerde Sanipas aan die SA kant. Die pad is vir omtrent 10 van die 15 kilometer reeds geteer. Die laaste 5 kilometer is nog onder konstruksie. Dit is hierdie deel waar ek 'n stadige lek op my voorband optel met die gevolg dat ek moet stop en dit pomp. Dit het intussen ook weer liggies begin reent. 

Die deurgang deur Paspoortbeheer is gou en maklik. Ek moet weer die wiel pomp voordat ek kan begin ry. By die eerste waterpoel kyk of ek kan sien waar die lek is maar sonder sukses. Die pad tussen die SA en Lesotho Papoortbeheersposte is baie rof. Dit is ook die deel waarvan mens altyd die fotos sien met ernstige klim en haarnaald draaie. 


Ek loop 2 voertuie met fietse raak en leen 'n voetpomp om die wiel te pomp. 'n Rukkie later kom Leonico en Derick met ons ondersteunings voertuig verby. Die mis is ongelukkig so dig dat ons nie die uitsig kan geniet nie. Die pad is baie styl en soos bogenoem rof met groot klippe en spoelslote. 'n Tweede voertuig met fietse kom af en ek vra weer vir 'n voetpomp. Ons pomp my voorwiel tot op 2 bar. Ek moes die wiel 7 keer pomp voordat ek die bopunt bereik. Ek vra die ouens hoe ver nog en die antwoord is "ver" en dat dit styl en rof is! So twee kilometer van bo, kom Philip Hanekom by my verby. Ollie Greaves kom net voor ons die bopunt bereik, ook verby. Hy neem 'n paar "selfies" en ook 'n foto van by die bord wat die bopunt van Sanipas aandui.

Leon kom daar aan terwyl ons besig is met Paspoortbeheer. Ek is nou redelik nat en die temperatuur is ingeveer 2 grade Cesius. Paspoort beheer verloop glad, behalwe dat hulle daarop aandring dat ons 'n Covid toets moet ondergaan en dit kos R300 in kontant. Hulle lig ons egter in dat die Gesondheidsbeampte nie tans daar is om die toets te doen nie, maar ons kan maar gaan! R300 later!

Daar is 'n gastehuis en kroeg en ons ry daarheen. Hier is daar 'n lekker vuur en "hot chocolate"! Ons bestel ook middagete. 

Ons vertoef redelik lank hier voordat ons die tog Mokhotlong toe aanpak. Die pad is deur die Chinese geteer en in 'n baie goeie toestand. In Mokhotlong koop ons kos en ry Noord na die oorsprong van die Sengu/Oranje. 


Die pad is baie sleg en na ons deur 'n sytak ry sien ons 'n plek waar ons kan kamp. Ons hou net daar stil en maak onsself tuis. So eindig ons eerste dag in Lesotho. 



Afstand gery 24.27 km; tyd 3:57:17; hoogte geklim 1,402 meter. Die temperatuur wat my  Garmin Fenix aandui is omtrent 17 garde te hoog.





Oranje Avontuur Dag 3

 Ons is vroeg op en ry Alpine Swift toe om vir Leon en Ollie op te tel. Ons kom eers lank na 08:00 daar weg as gevolg van die groot pak!



Wanneer ons selfoon ontvangs het, begin ons soek vir 'n band. Iemand in Mataliele kan ons help. Ons kom net na 13:00 daaraan, maar ons moet deur Kokstad toe om band daar te kry, wat een van sy werkers deurbring vanaf Harding. Ons eet Steers vir middagete. Die band arriveer 15:30 en ons kon 16:00 weg.

Ons besluit om eder aan die voet van Sanipas te slaap by 'n kampplek. Daar aangekom slaan ons tente op en braai steak en maak broodjies.


Ons kom eers 23:00 in die bed. Dit begin saggies reent!

Oranje Avontuur Dag 2

 Dit het deur die nag baie gereent! Ek word 07:00 wakker en vang 'n vinnige stort. Eet Weetbix vir ontbyt en maak vir ons "plunger" koffie. Toe ons wil ry reën dit so hard dat ons eers moet wag om in die motor te klim!


Ons ry rustig deur tot op Bethulie, waar ons 11:30 aankom. Philip sal eers 13:00 daar wees, dus gaan eet ons iets by 'n oulike B&B wat ook eetgoed bedien.

Philip kom net na 13:00 daar aan. Anette van Oude Schuur, waar ons beplan om oppad terug te slaap, bied aan dat hy sy motor in haar motorhuis kan laat staan. Ons laai al die bedasie en sy fiets oor en vat die pad Rhodes toe.

Die grondpad tussen Barkley Oos en Rhodes is baie sleg met die gevolg dat ons so 20 meter van ons blyplek moet stil hou en die band, wat verwoes is, moet vervang.

Ons kry 'n lekker aandete by Elizma en ontmoet daarna vir Leon en Ollie by die hotel. Na 'n lekker kuier is ons bed toe. Môre oggend rol die wiele 06:30 en ons moet nog 'n spaarband ook soek!




Oranje Avontuur Dag 1

 Die groot dag het aangebreek. Leonico en Derick tel my 14:00 op. Ons is nou net drie en die Land Cruser lyk klaar asof ons Afrika gaan aandurf. Nou-ja ons gaan mos Lesotho aandurf! Dit gaan interessant wees om te sien hoe dit gaan lyk wanneer ons 6 is met vier fietse en al die begasie! 


Ons het vanaf Matjiesfontein tot in Richmond baie reën gekry. Hoop dit breek die 7 jaar se droogte! Op Beaufort Wes stop ons by die Spur vir aandete en by Drie Susters vir koffie. Ons bereik ons slaapplek, net buite Richmond so teen 22:00.

Donderdag 14 Oktober 2021

CTCT nommer 30

 10 Oktober 2021

Die 2021 CTCT is verskuif vanaf Maart na 10 Oktonber as gevolg van Covid-19. My voorbereiding het goed verloop e nek is reg vir die groot dag.

 

Ek her besluit om weer met ny fiets in te ry stad toe en val dus 05:20 in die pad om seker te maak ek is betyds vir my 06:47 wegspring tyd. Ons is veronderstel om ‘n “rolling start” te hé, maar die begin is nie vee lander as in  die verlede nie. Die groep is net ‘n bietjie kleiner. Terwyl en so staan en wag sien ek Hoffie Conradie, wat ‘n gedeelte van BB2BB en ‘n Trans Baviaans saam met my gery het, staan langs my in die wegspting blok. Klein wêreld!

 

Ons spring presies 06:47 weg.


Die weer is baie gunstig e nek het ‘n baie aangename rit. Ek verloor so ‘n paar bondels, maar kry dit dare mook reg on by ‘n paar te hou. Ek klim Smitswinkel teen ‘n goeie pas en gaan by heelwat deelnemers verby.

 



Deur Scarborough en Misty Cliffs is ek redlek alleen, maar na Ocean view se bult val ek weer by ‘n lekker groep in. Teen Chapman’s Peak rye k my eie pas en haal weer ‘n paar mense teen die bopunt in. Ek ry redelik alleen deur Houtbaai en teen Suikerbossie op. 

 


By Llandudno aft el ek weer ‘n lekker groep op en van hier tot by die eiende gaan die goed. 

 

‘n Kenmerk van vanjaar se wedren is die gebrek aan “voorvalle”. Niemand het naby my geval nie en daar was nie eers gevalle skielike gerem nie. Baie lekker ger yen tevrede met my tyd.

 

Na die ty dry ek rustig huis toe en kim 11:50 daar aan.

 




Imbuko Big 5

 18 September 2021


In 2020 het ek probeer inskryf vir die Imbuko Big 5, maar word toe in kennisgestel dat hulle nie inskrywings van persone oor 70 aanvaar nie. Vanjaar het ek besluit ek moet kyk of ek nie wel aanvaar kan word vir die uitdaging nie. Na ‘n bietjie korrespondensie en oorreding, besluit hulle toe wel om my inskrywing te aanvaar. Imbuko Big 5 verwys na die 5 groot klimme van die roete van 75 km. Dit vorm ook deel van een van die Cape Epic se skofte.

 

Ek reël met Johann de Bruyn om hom op te tel en ons kom so net na 06:30 by Imbuko aan. Die wind waai ‘n snot skoot, maar verder lyk die weer goed.

 

Die wiele begin op die kop 07:00 rol. Aanvanklik is dit afdraand en dan op ‘n redelik gelyke teerpad tot op 3 km en dan begin die eerste klim vanaf ‘n hogte van 140 meter. Ons klim oor die volgende 12 km na 749 meter, al teen die hange onder Du Toitskloof pas. Dit is ‘n gemiddelde van 50.75 meter se klim per km gery! Die paaie is hier meesal ou bosboupaadjies. Die eerste 3 km is redelik en ons klim net 60 meter. Oor die volgende 8 km klim ons 530 meter, ‘n gemidelede van 66 meter per km.  Dit is rof is enige taal! Verder waai die wind meeste van de tyd reg van vooraf! Dit neem my 1:30 om die eerste 15 km af te lê. Van die bopunt, net onder waar die pas oor die kruin gaan, daal ons oor 4 km af na 372 meter en die eerste waterpunt. 

 

Wat afgaan, moet weer opgaan en ons begin sommer onmiddelik weer klim. Die wind is darem nou van agter! Ek het ‘n probleem met my ketting, wat eintlik vervang moet word, en die val elke nou en dan af. Ek moet dan maar stilhou en dit weer opsit. Die klim is 4 km lank en ons styg 300 meter. Dus omtrent 75 meter per km. Dit word al erger! Dit neem my 45 minute om die 4 km af te lê. Na 2:35 het ek net 24 km gery. Dus ‘n gemidelde van 8 kpu! Die paadjies is hier oor die algemeen “single tracks” wat spesiaal vir fietsry uit gelê is.

 

Oor die volgende 7 km daal ons weer 460 meter., reg vir die volgende klim! Dit is 13 km lank met ‘n “dip” na 4 km en ‘n total styging van 560 meter. Ons is nou redelik hoog op teen die Lemietberg net agter Wellington. Vanaf 44 tot 51 km daal ons weer ‘n vinnige 550 meter oor 7 km. Ek het agter gekom dat my ketting probleem minder ernstig is indien ek ‘n redelik spanning op die ketting handhaaf. Dit het tot gevolg dat ek harder as normal moet trap, maar dit help om die frustrasie van ‘n ketting wat gedurig af val, te beperk. Nou het ons darem al drie van die Groot 5 agter die rug. Totale afstand staan op 51 km en ek ry al 5:15. Ek kry dit net nie reg om my gemiddelde spoed bo 10 kpu te kry nie!

 

Ons is nou in die meer bekende deel van Welvanpas en die paadjies teen Groenberg se hange net bo Val du Charon. Hulle het dit egter goed gedink om ons op te laat ry waar ons gewoonlik af kom. Dit was nogal ‘n uitdaging met die gevolg dat daar heelwat “gestoot” is in plaas van net te ry. Dit neem 40 minute om 5 km te ry! Ander kant af is daar baie los gruis met die gevolg dat ek ook maar stadig die bult af ry. 

 

Onder in die vallei verminder die klim voor ons die aanloop na die laaste klim begin. Die bopunt van die klim is redelik hoog op teen Beulah se bult, maar ons pak hom aan met dieselfde pad waar ons na vanoggend se eerste klim af gekom het. Ons klim dan van 60 km en 215 meter na 508 meter oor ‘n afstand van 11 km. Heel skaflik aan die einde van so ‘n dag! Daar is ook ‘n lekker “dip” van 65 na 68 km. Die draaipunt is op 71 km en dan is dit 4 km afdraand Imbuko toe! Ek voel heel self voldaan dat ek hierdie uitdgaing suksesvol agter die rug gekry het.

 

Totale tyd 7:46; afstand 75.5 km; klim 2,768 meter en ry teen ‘n gemiddelde spoed van 9.7 kpu. Ek eindig 162 uit 168 deelnemers wat klaar gemaak het. Daar het net drie persone ouer as 60 die wedren voltooi en ek was die derde een.