Saterdag 30 Oktober 2021

Oranje Avontuur Dag 2

 Dit het deur die nag baie gereent! Ek word 07:00 wakker en vang 'n vinnige stort. Eet Weetbix vir ontbyt en maak vir ons "plunger" koffie. Toe ons wil ry reën dit so hard dat ons eers moet wag om in die motor te klim!


Ons ry rustig deur tot op Bethulie, waar ons 11:30 aankom. Philip sal eers 13:00 daar wees, dus gaan eet ons iets by 'n oulike B&B wat ook eetgoed bedien.

Philip kom net na 13:00 daar aan. Anette van Oude Schuur, waar ons beplan om oppad terug te slaap, bied aan dat hy sy motor in haar motorhuis kan laat staan. Ons laai al die bedasie en sy fiets oor en vat die pad Rhodes toe.

Die grondpad tussen Barkley Oos en Rhodes is baie sleg met die gevolg dat ons so 20 meter van ons blyplek moet stil hou en die band, wat verwoes is, moet vervang.

Ons kry 'n lekker aandete by Elizma en ontmoet daarna vir Leon en Ollie by die hotel. Na 'n lekker kuier is ons bed toe. Môre oggend rol die wiele 06:30 en ons moet nog 'n spaarband ook soek!




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking