Woensdag 11 Julie 2012

Rit in Addo Nasionale Park

Dinsdagoggend 10 Julie 2012. Staan 06:15 op en maak reg vir my poging om van Kirkwood na Darlington Dam deur die Addo Nasionale Park te ry. Ry met motor tot by die ingang van die Park en parkeer daar. Na die formaliteite kom ek teen 07:22 aan die gang.
Die eerste probleempie is dat ek nooit die "track" op my Garmin afgelaai het nie. Die tweede probleem was dat ek net na die begin regs gedraai het waar ek eers links en dan kort daarna regs moes draai. Die pad waarlangs ek gery het was redelik goed en ook goeie oefening met heelwat bulte. Die algemen rigting was egter te veel Oos na my smaak en met die eerste geleentheid wat ek 'n redelike afdraai na links teekom, draai ek af. Die pad was redelik, maar hoe verder hoe slegter. Na 'n ruk loop die pad heeltemal dood. Ek volg toe maar die enkelspoor paadjie wat deur die plaaslike diere uitgeloop is, maar na omtrent 300 meter raak dit so dig dat ek maar eder omdraai. Oppad terug kry ek 'n afdraai, maar die loop ook gou dood. Na nog 'n entjie is daar weer 'n afdraai en die keer is ek gelukkig. Die pad is in 'n redelike toestand alhoewel dit duidelik is dat daar lanklaas voertuie daar langs gery het.
Na 'n hele rukkie se ry kom ek by 'n T-aansluiting met 'n rigtingaanwyser! Links is Kirkwood en regs is Darlington Dam en nog 'n paar ander bestemmings. Die pad is ook in 'n baie beter toestand. Ek gaan by 'n aansluiting, wat nie baie goed lyk nie, verby en hou maar aan op die beter pad. Na 'n kilometer of twee eindig die pad egter by 'n kamp. Ek draai dus maar om en ry terug na die aansluiting. Die pad word verder aan beter en ek ry lekker. Ek kry ook nog 'n T-aansluiting wat my 'n ander keuse Kirkwood toe gee en links na Darlington Dam. Ek gaan dus links. Die pad volg later 'n rivierloop en alhoewel die algemene toestand goed is, is daar 'n paar seksies waar die klippe so groot is dat mens slegs met 'n bakkie of behoorlike 4x4 daar kan ry.
Na die rivierloop klim die pad die berg uit. 225 meter se klim in 2 kilometer! Die eerste 120 meter oor 'n afstand van 450 meter met redelik baie los klippe! Na 'n paar "vals" bo-punte kom ek by die begin van die Darlington Dam 4x4 roete. Teen hierdie tyd is ek al 4 uur 30 minute en 40 km op die pad en ek besluit om maar liewer om te draai, anders kom ek te laat tuis.
Die rit terug is heelwat makliker en ek kry ook die regte pad na die begin punt. Kom ook heelwat werkers tee, waar ek met die gaan niemand tee gekom het nie. Vind ook dat hulle besig is om die pad te skraap, met die gevolg dat die oppervlakte lekker glad is.
Die terugtog na die begin punt, met die "regte" pad, duur toe net 1 uur 30 minute en is net 24 km. Toe ek na die tyd my roete op Garmin BaseCamp "plot" kom ek agter dat ek by die halfpad merk omgedraai het.
Een van die plaaslike inwoners het my ook ingelig dat daar 'n skermutseling tussen die Boere en die Engels was in die klipperige rivierloop wat ek op die roete tee gekom het.







Sondag 01 Julie 2012

Trans Baviaans oefenrit

Three of our Trans Baviaans team were scheduled to do a training ride today. Unfortunately Rob over slept and then had problems with his bike, so only Danie and myself got going at 07:00. The idea was to get some climbing in with a fair proportion of district roads included. The first bit of climbing was Hillcrest. That was followed by a ride  across the"green corridor" to Meerendal where we went up Dorstberg, which was the last hill in the Absa Cape Epic Prologue. There after it was mostly district roads past Occultdale, the wind generators, Leeuwendal, Leeuwenkuil, Klapmuts, Joostenbergvlakte, Spea Bona, the green corridor and down Contermsnskloof on to Blouberg. In total we did 149 km in 10:16 with a riding time of 9:06 and 1,876 m of climbing.