Vrydag 28 Desember 2012

Oefening vir die Attakwas en jaar se oorsig

Hierdie is 'n aangename tyd van die jaar. Werk drukte is nie te erg nie en daar is heelwat vakansiedae, wat tot baie tyd in die saal aanleiding gee.

Vanaf 1-7 Desember het ek 17.56 uur, 298.34 km met 3,550 meter se klim in gekry; vanaf 10-17 Desember 19.44 uur, 363.81 km en 3,538 meter se klim; vanaf 18-24 Desember 17.89 uur, 306.03 km en 3,908 meter se klim en vanaf 26-31 Desember 9.48 uur, 203.5 km en 1,467 meter se klim gedoen.

Ons was onder andere van 14-17 Desember op Leeuwenboschfontein met drie dae se lekker rustige fietsry aksie. 11 ure se fietsry en 201 km met 2,551 meter se klim. Die weer was baie lekker en die geselskap ook!

Op 20/12 het ek my nuwe Specialized Stumpjumper gekry.

 Op 22/12 gaan kyk hoe lyk die wereld bo van Koebergkoppie af!

Op 24/12 het ek ook n goeie dag ingekry en 105 km gedoen wat Hillcrest, Contermanskloof, Meerendal, Hoogekraal en kliprug ingesluit het.

Die jaar eindig met 582.94 uur in die saal; 11,136.71 km gery en 93,304 meter geklim! Ons vertrou dat 2013 ook 'n goeie jaar gaan wees.