Sondag 18 April 2021

Dag 7 Oewerzicht-Franschoek

 

Kooitjie Viljoen, my skoonseun se broer en eienaar van Oewerzicht, het die vorige dag gesê hy sal voor 06:00 op wees en ons by hulle kom ontbyt eet. Ons stap soos net voor 06:00 daar in en vind ‘n oop voordeur maar verder geen lewe nie. Die kombuis lig is aan maar verder niks! Ons help ons self maar aan die vrugte wat daar is en val 05:50 weer is die pad. 

 

Annavanklik is die temperatuur so 11 grade, dan daal dit na 9 en dan 7 en so gaan dit aan. On shou stil sodat peiter ‘n warmer baadjie kan aantrek. Teen die tyd dat ons by Greyton kom is dit 3 grade Celius! Peiter trek nou ook warmer handskoene aan. Ek oorweeg di took, maar besluit om deur te druk. Die son gaan immers binnekort op ko men dan gaan dit warmer word. Die temperatuur daal tot 2.2 voordat dit begin warmer word. Teen die tyd dat ons deur Genanedal ry is dit darem al 8 garde! Ons stop vir ‘n “piesang” breek. Die topgraief is nie te heuwelagtig nie en ons handhaaf ‘n pas van so om en by 15-20 kpu. 

 

Op 46 km na 3:30 in die saal, sluit ons by die Villiersdorppad aan. Die laaste sukkie klim na die pad is nogal steil! Regs op die teerpad en nog ‘n 3 km klim tot bo op die volgende bult. Anderkant a fen dan links op ‘n grondpad wat ons deur neem na die Grabouw/Villiersdorpapd. Van hier af is dit teerpad tot in Franschoek met net die Franschoekpas tussen ons en die eide van ons toer.

 


Ons  begin Franschoekpas na 74 km en 5:45 se ry. Gelukkig ken ek die pas goed en is goed bewus van wat voorlê. Die klim gedeelte van die kant af is 7 km end it neem my ‘n uur om tot bo te kom. Die 7 km bult af neem net 10 minute! Ons 12:45 na 88 km in Franschoek aan. 


 

Christine, Pieter se vrou is reeds hier, maar Sue land eers 13:00 so ek verwag hulle nie voor 14:30 nie!

 

So eindig ‘n wonderlike toer van Glenconner, naby Kirkwood ins die Oos Kaap tot in Franschoek. 872 km in sewe dae. Totale ry tyd is 65 en ‘n half uur met 10,500 meter se klim.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6620929268' title='Oewerzicht-Franschoek' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

<iframe height='405' width='590' frameborder='0' allowtransparency='true' scrolling='no' src='https://www.strava.com/activities/5141101572/embed/35e38e25a25aac317b92072676d1cb8401f55d72'></iframe>

Dag 6 Heidelberg-Greyton


Ons begin 05:48. Ons volg die "Exit" bortjie maar draai regs in plaas van reguit te hou. Ons gelukkig gou ons fout agter geniet die afdraand op die teer pad! Teen die tyd wat ons deur Suurbraak is, is dit al lig. Die pad is nou en 'n bakkie raak aan Pieter se arm! Die meeste mense ry ook baie vinnig. 


Na 18 km is ons op die N2, waar die verkeer nog meer druk is en die motors ook vinniger ry. Net verby die vulstasie draai ons links om met agter paaie te ry en sodoende die N2 te vermy. Ons egter verplig om die laaste 2 km op die N2 te ry. Gelukkig is daar 'n breë skouer. Ons stop in Swellendam vir ontbyt. 


Nadat ons klaar ge-eet het, ry ons met die grondpad in Drew se rigting. Soos ons nou al gewoond is, is daar geen te kort aan bulte nie. Ons roete is eers Noord Wes, dan Wes, gevolg met 'n stukkie in 'n Suidelike rigting totdat ons weer Noord Wes draai.


Op 71 km kom ons op 'n punt waar my Garmin 'n pad wat links draai wys en 'n "track" wat reguit aangaan. Ons draai links, maar kom na 'n verdere 3 km agter dat die pad doodloop, dus moet ons omdraai! Ons sien 'n paadjie deur 'n land, wat lyk of dit 'n kortpad na die "track" is en volg. Na 'n rukkie kom ons voor 'n 2 meter hoë elektriese heining te staan. Al wat nou oorbly is om terug te ry na die begin van die track. 



By die ingang is daar 'n kennisgewing wat meld dat die pad gesluit is. Ons is egter nou op 'n punt waar ons moet aanstoot of baie tyd verloor. Na omtrent 500 meter kom ons by 'n 2 meter hoë ekektrieseveerde hak en heining uit! Na beraadslaging en bevestiging dat die hek en heining se krag nie aan is nie, besluit ons om die kans te vat en oor te klim. 


Nadat ons dit suksesvol afgehandel het, pak ons die "track" aan. Dit is 'n redelike ernstige klim en dit neem ons 'n halfuur om die 3 km te ry. Anderkant af besef ons ons is in 'n wild reservaat met Springbokke, Zebras en Waterbokke. Na 'n verdere 3 km kom ons by 'n gesluite hek wat ba die Bonnievale/Stormsvlei teerpad ly. Ons was net besig om te beplan hoe ons oor die hek gaan kom, toe daar 'n voertuig in draai en die hek oopmaak! Ons gesels met die bestuurder wat vir firms werk wat die Wild Reservaat besit. Hy is nie juis be-indruk met die feit dat ons die tejen by die ander hek ge-ignoreer het nue, maar hy laat ons gaan!


Van hier us dit lekker bult af tot so 'n entjie voor die N2 waar ons 'n grondpad, wat parallel net die N2 loop, volg. Dit neem ons tot op 'n punt, so 7 km voor Riviersonderend, waar ons by die N2 aansluit. Ons ry dus maar die stukkie op die N2. 


In Riviersonderend nuttig om middagete by die Ou Meul. Daarna volg die rustige 30 km Oewerzicht toe. Ons kom 16:44 sonder enige verdere drama, daar aan. 


Nou het ons 780 km in 6 dae afgelê.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6617392197' title='Fleckvieh Heidelberg omgewing-Oewerzicht' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>




Donderdag 15 April 2021

Dag 5 Vanwyksdorp-Heidelberg

 

Ons kom 05:33 aan die gang. Nadat ons in die donker deur Vanwyksdorp genavigeer het, kom ons op die pad Herbertsdale toe. Die pad is in 'n uitstekende toestand met die normale op en af van hierdie omgewing. 


Na 18 km draai ons Suid-Oos en sluit na 'n verdere 7 km by die Herbertsdale/Barrydale pad aan. Op 43 km kom ons by Muiskraal aan, waar ons vir die slegste koffie wat ek in 'n lang ruk gedrink het, stop. Ek sit my Garmin per ongeluk hier af in plaas van net 'n "lap" se tyd te neem, met die gevolg dat ek nie die res van die dag se rit kon aflaai nie.


Ons ry 3 km Noord en draai dan wes oppad Barrydale toe. Die pad volg die gewone profiel met 'n paar ernstige bulte. Na 'n verdere 15 km draai ons links op die Gysmanshoekpas pad. Daar is 'n "closed/gesluit" teken en ek wonder hoekom! Dit blyk later onnodig te wees, alhoewel jy die regte voertuig moet hé. Daar is 'n paar geboue wat totaal verval is, maar daar is ook tekens van 'n boer wat skynbaar goed doen. Seker met Protea's. Die pad raak al hoe rowwer en is baie styl. Daar hang ook 'n dik wolk kombers oor die berg met 'n klammigheid in die lug. Ons beur die pas uit in met ons fietse in due donkie rar. Dit is voorwaar een van die stylste passe wat ek al uit gery het. Dit neem ons 40 minute om die 3 km te klim. Bo rus ons eers agter 'n bos voordat ons die pad af aandurf. 





Die klimaat, huidige weers omstandighede en plantegroei verander onmiddelik. Die nattigheid is weg, die wêreld is dig begroei met Protea's en ander fynbos gewasse. Dit luk ba 'n heel ander wêreld teenoor die klim wat ons pas voltooi het. Waar die pas op baie klipperig was, is die pad hier heelwat rowwer. Geen normale mens sal die pad met iets anders as 'n 4x4 aanpak nie! My broer het dit egter met 'n VW Kombi gery, maar dan is hy uniek! Die omgewing laat my baie aan die Attakwaskloof dink. 


Ons daal 450 meter in 9 km. Ons sluit by 'n baie goeie distriks pad aan, maar na al die gedaal, begin due volgende ernstige klim. Ons klim 250 meter in 4 km! Nou is die ergste klim darem verby en ons kom na 100 km wn 9 uur se ry in Heidelberg aan.





By die plaaslike Caltex kry ons 'n Seattle Coffee en ook plek by Fleckvieh wat 23 km verder op die Suurbraak pad is. Ons totale afstand vir die dag is 124 km en ons was vir 10:52 aan die gang. Voorwaar 'n besonderse dag.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6632705938' title='Vanwyksdorp-Kleckvieh, Suurbraak' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Dag 4 Harold-Vanwyksdorp


Die wiele het vandag 05:26 begin rol. Dit was koelerig, so ons het albei begin met 'n ekstra baadjie aan. Die eerste 15 km deur Paardepoort was meesal afdraend en in die donker. By die kruising het ons links gedraai Zebra toe. Teen die tweede bult is ons geseën met die mooiste sons opkoms!



Teen die tyd dat ons die N12 bereik is due son al op. Ons draai regs en 'n kilometer verder weer links. Hier hou ons stil om eers van ons baadjies ontslae te raak aangesien die temperatuur besig is om te styg. Die grond pad wat ons ry, wat 'n verbinding tussen die N12 en Oudtshoorn/Mosselbaai pad is, us oor die algemeen in 'n baie goeie toestand. Hier en daar 'n bietjie klipperig maar dele is beter as baie teerpaaie! Dit is ook lekker om die pad wat ek al 'n paar in die donker tydens die 36ONE gery het, in die dag te ry. Die nadeel is dat ek nou die bulte van ver kan sien teenoor die nag ry wanneer ek net ry!


Ons stop by La Plume in Volmoed om ons waterbottels vol te maak en drink koffie. Van Volmoed volg ons 'n "agter paadjie" wat ons na 'n grondpad, wat oor die Gouritzrivier na Vanwyksdorp toe loop, verbind. Hierdie pad is regtig 'n uitdaging. Laaang bulte, gevolg deur korter bulte. Net voor Gouritzrivier loop ons 'n plaashuus raak waar ons weer ons waterbottels kan volmaak. 


Die Gouritz is kurk droog. Daar was so een of twee plassies water, maar verder niks. Ek het nou al 7 keer oor die Gouritzrivier gery en nog nooit lopende water gesien nie! Anderkant uit klim ons vir 20 km met met hier en daar 'n afdraend. Gelukkig is due gradiënt waarteen ons klim nie baie styl nie. 



Na 110 km sluit ons by die Rooibergpad aan. Nou net 23 km Vanwyksdorp toe, maar raai wat, daar is nie een stukkie geykpad nie. Selfs die laaste 1.5 km na Watermill Farm us 'n kwaai klim. Ons kom na 10:11 daar aan. 134 km vir die dag en 1,888 meter se klim 


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6612442926' title='Herold-Vanwyksdorp' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Dinsdag 13 April 2021

Dag 3 Potjiesrivier-Harold


Na 'n goeie nag rus en 'n ontbyt van eiers en bacon, kom ons 07:26 weer aan die gang. 



Die dag begin sommer met 'n klim, maar die gradient is darem nie te kwaai nie. Al hoewel die Kamanassie vallei die afgelope vyf jaar onder gemiddelde reënval gehad het, bly dit nog altyd mooi. Daar is heelwat aktiwitiet en die boere is nog aan die gang. Die pad klim en daal nog gedurig maar die omgewing en natuur skoon maak op daarvoor. Ons ry al langs die rivier, wat droog is, en kruis hom 'n paar keer. 


Die eerste 34 km is afdreand met 'n knop elke hier en daar om die bloedsomloop aan die gang te hou. Dit is nie te warm en ons handhaaf 'n goeie pas. Na twee en 'n half uur kom ons by 'n aansluiting waar ek met die 36ONE, van die ander kant gekom het en regs na die N9 gedraai het. Nou gaan ek reguit en ry in die teenoorgestelde rigting as wat ek November 2020 met 36ONE gery het. 



Ons klim nou na hoër grond. Dit is egter nie 'n plato nie, maar ons ry al teen die rante langs en die pad is alles behalwe gelyk! Die se profiel lyk soos 'n saag se tande! Verder is dit dor. Volstruiskampe met net voerbakke en klippe. Daar is nêrens 'n stukkie groen nie! Ons water raak ook min en daar is geen plek om water te kry nie! 


Op 68 km sluit ons by die afdraai Herold toe, aan. Hier is 'n huis maar niemand is tuus nie. Ons kry darem 'n reënwater tenk wat in die koelte staan en kan dus ons water  bottel volmaak met koel water. Nou net 12 km Herold toe. Ons ry deur die lieflike Paardepoort, wat weer 'n paar meter se klim tot gevolg het, maar die omgewing maak op daarvoor!



Oor die N9 en na 80 km en 6 ure se ry stop ons by Over The Mountain, vannaand se slaapplek!


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6598561886' title='Potjiesrivier-Herold' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>


Dag 2 Marlu-Potjiesrivier


Ons val 06:16 in die pad.


Eers 12 km na die Steytlerville/Willowmore pad, dan 10 km rigring Willowmore en dan draai ons suid na die Spingbokvlakte. Die pad word duidelik nie baie gebruik nie. Daar is net twee spore uit gery. Die oppervlakte is nie te sleg nie maar dit is weer 'n gedurige op en af met die gevolg dat dit moeilik is om 'n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Na nog so 'n 15 km kom ons by 'n T-aansluiting wat ons na Winterhoek toe neem. Die pad is duidelik 'n groter pad as die vorige een. Baie  breër en ook in 'n beter toestand. Die topogrief verander egter nie en vir elke afdraand is daar 'n opdraend! 


Hierdie deel van die Karoo is beslis nie plat nie. Dit is golwende heuwels en die pad volg die kontoer van die omgewing. Die volgende 35 km loop in 'n westelike rigting. Daar gaan baie min in die omgewing aan. Die plase is ver van mekaar en by meeste is daar nie veel lewe nie. 



Ons kom na 5 uur se ry by die Willowmore/Baviaanskloof aansluiting aan. Daar is nêrens enige skaduwee nie en ons geniet middagete langs die pad in die son! Oppad na die Nuwekloofpas aansluiting kom ons op die plaas Albertspark af. Obs draai om water te soek. Daar is net 'n skoonmaker maar hy gee vir ons water en Pieter, wat altyd koffie en 'n Areopress saam ry, maak vir ons koffie. Ba nog 'n paar klimme slaan ons die afdraend ba die Nuwekloofpas. By die aansluiting draai ons regs N9 toe.


Ons vorder redelik, maar bly maar 'n ge-op en af. Na nog 18 km kom ons by Veberg Herberg uit. Hier kry ons weer water en lekker koue Cokes! Nog 18 km en dan is ons op die N9. Die geklim hou net nie op nie, maar ons haal darem die N9 na nog 'n uur en 'n half se ry.


Ons het gedink dit sal vinneger gaan wanneer obs die teer pad haal, maar daar is soveel bulte dat ons maar goed sukkel. Pieter stop by 'n plaas net voor Uniondale vir nog water terwyl en stadig aan ry. 


Ek sukkel nou al die afgelope ruk met my fiets agter ratte. Die ketting glip van die middelste rat af en loop dan tussen die rat en die houer. Dit is nie ernstig nie, ek moet net stil hou en hom met die hand op die rat sit. Reg langs Uniondale gebeur dit weer, maar die keer steek jy vas. Ek ruk en pluk, maar hy sit! Ek lê my fiets op die grond om 'n beter houvas te kry en wonder bo wonder daar kom hy los! Sal maar versigtig moet wees huis toe!


Ons blyplek is so 9 km verby en "true to history" is dit nie net afdraend nie! Ons maak dit darem in een stuk en na 167 km en 12 ure op die pad, arriveer ons by Potjiesrivier

Dag 1 Kirkwood-Marlu



Ek reël met my swaar om ons by Glenconner afdraai af te laai want die R75 is te gevaarlik in die donker. Dit sny 38 km van dag se afstand af. 



Ons begin 06:37. Die pad is 'n goeie distriks pad en ons klim meeste van die tyd redelik gelydelik. Na 18 km sluit ons by die Springbokvlakte pad aan, wat ook in 'n goeie toestand is. Ons kry self 'n drawer op die pad. Die draai darem by die plaashek in toe ons daar verby gaan. Ons kry ook 'n hele paar nuwe Golfs wat skynbaar op 'n toetsrit was. Almal het net 'n bestuurder en iets wat lyk soos 'n plastiek houer agter in. Moontlik vol water vir gewig.



Die eerste 2 uur klim ons omtrent voltyds. Ons het op 877 meter begin en draai op 1163 na 31 km. Die volgende 1:30 is meesal afdraand en dan begin die gelydelike klim weer. Nou word die klim egter afgewissel met afdraendes, met die gevolg dat ons energie nogal redelik getap word deur die heeltydes op en af! 


Na 6 uur se ry en 97 km bereik ons Steytlerville. Ons hou by die eerste koffiewinkel stil en kry 'n lekker koffie filter koffie. Ons vul ook ons waterbottels. Ons vertoef 'n half uur en vat dan die pad Marlu toe.


Ons begin weer met 'n refelike kwaai klim, gevolg deur 'n paar kort op en af's en dan weer 'n kwaai klim. Dit gaan so aan tot by die Mt Stewart aansluiting  waar ons links draai in die rigting van Fullerton.


Die volgende 15 km is weer nog van dieselfde met 'n paar meer ernstige klimme. Ons ry amper die Marlu afdraai mis aangesien ek gedink het dit is nog 2 km aan. Ek wou net by wie se plaas ons verby ry toe ek op merk dat dit die Marlu afdraai is! Ons stop voor die deur ba 136 km en 9:06 in die saal!


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6589054822' title='Kirkwood-Marlu' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>





Kirkwood-Bloubergstrand


So ons is reg vir die groot trap. Klaar ge-oefen, begasie gepak en gelaai. Wag nou op lughawe vir vlug PE toe waar my swaar, wat op Kirkwood woon, ons kom optel. Môre oggend 06:00 val ons in die pad. 


Slaapplek vir eerste drie dag is in plek. Die res sal ons uitsorteer soos ons vorder. Weer vooruitsigte lyk goed.