Donderdag 15 April 2021

Dag 4 Harold-Vanwyksdorp


Die wiele het vandag 05:26 begin rol. Dit was koelerig, so ons het albei begin met 'n ekstra baadjie aan. Die eerste 15 km deur Paardepoort was meesal afdraend en in die donker. By die kruising het ons links gedraai Zebra toe. Teen die tweede bult is ons geseën met die mooiste sons opkoms!



Teen die tyd dat ons die N12 bereik is due son al op. Ons draai regs en 'n kilometer verder weer links. Hier hou ons stil om eers van ons baadjies ontslae te raak aangesien die temperatuur besig is om te styg. Die grond pad wat ons ry, wat 'n verbinding tussen die N12 en Oudtshoorn/Mosselbaai pad is, us oor die algemeen in 'n baie goeie toestand. Hier en daar 'n bietjie klipperig maar dele is beter as baie teerpaaie! Dit is ook lekker om die pad wat ek al 'n paar in die donker tydens die 36ONE gery het, in die dag te ry. Die nadeel is dat ek nou die bulte van ver kan sien teenoor die nag ry wanneer ek net ry!


Ons stop by La Plume in Volmoed om ons waterbottels vol te maak en drink koffie. Van Volmoed volg ons 'n "agter paadjie" wat ons na 'n grondpad, wat oor die Gouritzrivier na Vanwyksdorp toe loop, verbind. Hierdie pad is regtig 'n uitdaging. Laaang bulte, gevolg deur korter bulte. Net voor Gouritzrivier loop ons 'n plaashuus raak waar ons weer ons waterbottels kan volmaak. 


Die Gouritz is kurk droog. Daar was so een of twee plassies water, maar verder niks. Ek het nou al 7 keer oor die Gouritzrivier gery en nog nooit lopende water gesien nie! Anderkant uit klim ons vir 20 km met met hier en daar 'n afdraend. Gelukkig is due gradiënt waarteen ons klim nie baie styl nie. 



Na 110 km sluit ons by die Rooibergpad aan. Nou net 23 km Vanwyksdorp toe, maar raai wat, daar is nie een stukkie geykpad nie. Selfs die laaste 1.5 km na Watermill Farm us 'n kwaai klim. Ons kom na 10:11 daar aan. 134 km vir die dag en 1,888 meter se klim 


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6612442926' title='Herold-Vanwyksdorp' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking