Dinsdag 13 April 2021

Dag 2 Marlu-Potjiesrivier


Ons val 06:16 in die pad.


Eers 12 km na die Steytlerville/Willowmore pad, dan 10 km rigring Willowmore en dan draai ons suid na die Spingbokvlakte. Die pad word duidelik nie baie gebruik nie. Daar is net twee spore uit gery. Die oppervlakte is nie te sleg nie maar dit is weer 'n gedurige op en af met die gevolg dat dit moeilik is om 'n goeie gemiddelde spoed te handhaaf. Na nog so 'n 15 km kom ons by 'n T-aansluiting wat ons na Winterhoek toe neem. Die pad is duidelik 'n groter pad as die vorige een. Baie  breër en ook in 'n beter toestand. Die topogrief verander egter nie en vir elke afdraand is daar 'n opdraend! 


Hierdie deel van die Karoo is beslis nie plat nie. Dit is golwende heuwels en die pad volg die kontoer van die omgewing. Die volgende 35 km loop in 'n westelike rigting. Daar gaan baie min in die omgewing aan. Die plase is ver van mekaar en by meeste is daar nie veel lewe nie. 



Ons kom na 5 uur se ry by die Willowmore/Baviaanskloof aansluiting aan. Daar is nêrens enige skaduwee nie en ons geniet middagete langs die pad in die son! Oppad na die Nuwekloofpas aansluiting kom ons op die plaas Albertspark af. Obs draai om water te soek. Daar is net 'n skoonmaker maar hy gee vir ons water en Pieter, wat altyd koffie en 'n Areopress saam ry, maak vir ons koffie. Ba nog 'n paar klimme slaan ons die afdraend ba die Nuwekloofpas. By die aansluiting draai ons regs N9 toe.


Ons vorder redelik, maar bly maar 'n ge-op en af. Na nog 18 km kom ons by Veberg Herberg uit. Hier kry ons weer water en lekker koue Cokes! Nog 18 km en dan is ons op die N9. Die geklim hou net nie op nie, maar ons haal darem die N9 na nog 'n uur en 'n half se ry.


Ons het gedink dit sal vinneger gaan wanneer obs die teer pad haal, maar daar is soveel bulte dat ons maar goed sukkel. Pieter stop by 'n plaas net voor Uniondale vir nog water terwyl en stadig aan ry. 


Ek sukkel nou al die afgelope ruk met my fiets agter ratte. Die ketting glip van die middelste rat af en loop dan tussen die rat en die houer. Dit is nie ernstig nie, ek moet net stil hou en hom met die hand op die rat sit. Reg langs Uniondale gebeur dit weer, maar die keer steek jy vas. Ek ruk en pluk, maar hy sit! Ek lê my fiets op die grond om 'n beter houvas te kry en wonder bo wonder daar kom hy los! Sal maar versigtig moet wees huis toe!


Ons blyplek is so 9 km verby en "true to history" is dit nie net afdraend nie! Ons maak dit darem in een stuk en na 167 km en 12 ure op die pad, arriveer ons by Potjiesrivier

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking