Sondag 18 April 2021

Dag 6 Heidelberg-Greyton


Ons begin 05:48. Ons volg die "Exit" bortjie maar draai regs in plaas van reguit te hou. Ons gelukkig gou ons fout agter geniet die afdraand op die teer pad! Teen die tyd wat ons deur Suurbraak is, is dit al lig. Die pad is nou en 'n bakkie raak aan Pieter se arm! Die meeste mense ry ook baie vinnig. 


Na 18 km is ons op die N2, waar die verkeer nog meer druk is en die motors ook vinniger ry. Net verby die vulstasie draai ons links om met agter paaie te ry en sodoende die N2 te vermy. Ons egter verplig om die laaste 2 km op die N2 te ry. Gelukkig is daar 'n breë skouer. Ons stop in Swellendam vir ontbyt. 


Nadat ons klaar ge-eet het, ry ons met die grondpad in Drew se rigting. Soos ons nou al gewoond is, is daar geen te kort aan bulte nie. Ons roete is eers Noord Wes, dan Wes, gevolg met 'n stukkie in 'n Suidelike rigting totdat ons weer Noord Wes draai.


Op 71 km kom ons op 'n punt waar my Garmin 'n pad wat links draai wys en 'n "track" wat reguit aangaan. Ons draai links, maar kom na 'n verdere 3 km agter dat die pad doodloop, dus moet ons omdraai! Ons sien 'n paadjie deur 'n land, wat lyk of dit 'n kortpad na die "track" is en volg. Na 'n rukkie kom ons voor 'n 2 meter hoë elektriese heining te staan. Al wat nou oorbly is om terug te ry na die begin van die track. 



By die ingang is daar 'n kennisgewing wat meld dat die pad gesluit is. Ons is egter nou op 'n punt waar ons moet aanstoot of baie tyd verloor. Na omtrent 500 meter kom ons by 'n 2 meter hoë ekektrieseveerde hak en heining uit! Na beraadslaging en bevestiging dat die hek en heining se krag nie aan is nie, besluit ons om die kans te vat en oor te klim. 


Nadat ons dit suksesvol afgehandel het, pak ons die "track" aan. Dit is 'n redelike ernstige klim en dit neem ons 'n halfuur om die 3 km te ry. Anderkant af besef ons ons is in 'n wild reservaat met Springbokke, Zebras en Waterbokke. Na 'n verdere 3 km kom ons by 'n gesluite hek wat ba die Bonnievale/Stormsvlei teerpad ly. Ons was net besig om te beplan hoe ons oor die hek gaan kom, toe daar 'n voertuig in draai en die hek oopmaak! Ons gesels met die bestuurder wat vir firms werk wat die Wild Reservaat besit. Hy is nie juis be-indruk met die feit dat ons die tejen by die ander hek ge-ignoreer het nue, maar hy laat ons gaan!


Van hier us dit lekker bult af tot so 'n entjie voor die N2 waar ons 'n grondpad, wat parallel net die N2 loop, volg. Dit neem ons tot op 'n punt, so 7 km voor Riviersonderend, waar ons by die N2 aansluit. Ons ry dus maar die stukkie op die N2. 


In Riviersonderend nuttig om middagete by die Ou Meul. Daarna volg die rustige 30 km Oewerzicht toe. Ons kom 16:44 sonder enige verdere drama, daar aan. 


Nou het ons 780 km in 6 dae afgelê.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6617392197' title='Fleckvieh Heidelberg omgewing-Oewerzicht' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking