Dinsdag 13 April 2021

Dag 3 Potjiesrivier-Harold


Na 'n goeie nag rus en 'n ontbyt van eiers en bacon, kom ons 07:26 weer aan die gang. 



Die dag begin sommer met 'n klim, maar die gradient is darem nie te kwaai nie. Al hoewel die Kamanassie vallei die afgelope vyf jaar onder gemiddelde reënval gehad het, bly dit nog altyd mooi. Daar is heelwat aktiwitiet en die boere is nog aan die gang. Die pad klim en daal nog gedurig maar die omgewing en natuur skoon maak op daarvoor. Ons ry al langs die rivier, wat droog is, en kruis hom 'n paar keer. 


Die eerste 34 km is afdreand met 'n knop elke hier en daar om die bloedsomloop aan die gang te hou. Dit is nie te warm en ons handhaaf 'n goeie pas. Na twee en 'n half uur kom ons by 'n aansluiting waar ek met die 36ONE, van die ander kant gekom het en regs na die N9 gedraai het. Nou gaan ek reguit en ry in die teenoorgestelde rigting as wat ek November 2020 met 36ONE gery het. 



Ons klim nou na hoër grond. Dit is egter nie 'n plato nie, maar ons ry al teen die rante langs en die pad is alles behalwe gelyk! Die se profiel lyk soos 'n saag se tande! Verder is dit dor. Volstruiskampe met net voerbakke en klippe. Daar is nêrens 'n stukkie groen nie! Ons water raak ook min en daar is geen plek om water te kry nie! 


Op 68 km sluit ons by die afdraai Herold toe, aan. Hier is 'n huis maar niemand is tuus nie. Ons kry darem 'n reënwater tenk wat in die koelte staan en kan dus ons water  bottel volmaak met koel water. Nou net 12 km Herold toe. Ons ry deur die lieflike Paardepoort, wat weer 'n paar meter se klim tot gevolg het, maar die omgewing maak op daarvoor!



Oor die N9 en na 80 km en 6 ure se ry stop ons by Over The Mountain, vannaand se slaapplek!


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6598561886' title='Potjiesrivier-Herold' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking