Dinsdag 31 Januarie 2023

Nature's Valley na Soetkraal in die berge

Ek, Leon, Hennie de Clercq en ‘n vriend van Hennie het op 6 Januarie die pad na Soetkraal aan gedurf. Soetkraal is ‘n nedersetting halfpad tussen The Craggs en Louterwater, diep binne die berge tussen die twee plekke wat veroorsaak dat mense òf oor Kareedouw  óf oor die Prins Alfredpas moet ry om hulle te verbind. Die pad is nie baie duidelik op karate aangedui nie, maar Tracks4Africa toon dit wel aan. Dit is egter ‘n pad wat net met ‘n hoë grondvry hoogte voertuig aan gepak kan word. Dus bring maar die bakkie of die 4x4. 

Ons het so net voor 08:00 in die pad geval. Hennie en sy vriend was op E-bikes en ek en Leon op gewone foetse. Die eerste 20 km was teer, maar dan begin ons klim en die pad verander na ‘n goeie grondpad. Op 22 km ry ons verby ‘n bosbou stasie en dan begin die klim ernstig raak en die pad verander na ‘n jeep track. Ons klim oor die volgende 13 km van 250  na 910 meter. Dele van die pad oppervlakte is goed, maar daar is dele wat baie rof is. 

Die reën van die vorige aand het gesorg dat die pad goed nat was met heelwat poele. Gelukkig was hulle nie te diep nie, maar 'n paar het gesorg dat ons behoorlik moes trap om deur te kom. 

Net na die eerste kwaai klim het dit liggies begin reën en ek het begin bekommerd raak dat ons deurnat so raak, maar gelukkig was dit van korte duur. Die lug was nog steeds toegetrek wat gehelp het om dit koel te hou. 


Die pad was nogal 'n baie interessante uitdaging en elke nou en dan moes ek diep "skep" om momentum te behou. Twee keer was ek nie suksesvol nie, gelukkig net vir so 20 meter of so. 


Daar het ook 'n Fortuner by ons verby gekom en ons het gewonder of hy oppad Soetkraal toe was. Ons het hom egter, net voordat ons omgedraai het langs die pad gekry. Blykbaar was die mense op 'n staptoer.


Bo-op die kop het ons 'n lieflike uitsig oor Soetkraal gehad. Almal was dit egter eens dat ons nie kans gesien het om vandag die bult af na Soetkraal met die terug rit wou uittrap nie, so ons draai net daar om. 



Die terugtog was heelwat makilker met 'n paar uitdagende afdraendes, maar almal oorleef dit. Onder by The Craggs stop ons vir 'n koffie voordat ons die teerpad terug Nature's Valley aandurf. 


Na die tyd stem ek en Leon saam dat ons die hele pad tot by Louterwater sal wil aanpak op 'n bolgende keer.






Maandag 30 Januarie 2023

Nissan Trail Seeker - Banhoek

 













Attakwas nommer 14


Dit is weer Attakwas tyd en ek durf my 14de Attakwas aan op Saterdag 21 Januarie. Ek ry Vrydag saam met Fred Lowe Oudtshoorn toe en dan Saterdag saam met Johann de Bruyn terug. Ons bly weer by Karoo Soul. Dit is niet naasteby so warm soos verleden jaar nie en ons krt ’n goeie nag se slaap in. Ek en Johann besluit ons gaan met ons fietse na die wegspring by Chandleur ry. Dit hoort ons so 30 minute te neem. Fred sal ons begasie kom optel en deurneem Grootbrak toe, waar Johann sy motor die Vrydag geloof het. Ons reël met Fred dat hy ons 05:45 moet krt. Hy daag eens 06:00 daar op. Dit gee ons net mooi ’n half uur om betyds in ons wegspring blok te kom! Ons maak dit daarmee, betyds!

Ons wegspring tyd is 06:45 en soos gewoonlik verloop Dryland se tyd stiptelik. Die roete het van verlede jaar so ’n bietjie verander wat so ’n paar kort en kwaai klimme voor die eerste waterpunt tot gevolg het. Ek is verplig om by een van die bultjies af te klim en te stoot. Daarmee net vir so 50 meter. Dit neem my so 1:44:51 om die eerste waterpunt te bereik. Na 4:46 is ek weer aan die gang. Op hiertoe stadium is ek so 5 minute agter vorige jare!

Die pad waterpunt 2 toe is seker die onineressanste gedeelte van die hele roete. Dit sluit egter die eerste ernstige bult in, waar self die voorste ouens vanjaar die laaste stukkie moes stoot omdat die so rof was. Net voor waterpunt 2 is daar ’n rivier kruising, maar selfs dit is ’n bietjie droeër as verlede jaar ten spyte van die onlangse goeie reën. Ek is na 3:31 hier. Stop vier drie minute en val dan weer in die pad. 

Die gedeelte tussen waterpunt 2 en 3 is beslis die mooiste maar ook die moeilikste! Net an die waterpunt kom die eerste klim. Ons klim van 560 meter na 617 meter oor ’n afstand van 1.3 km. Dit is ’n gemiddelde van 44 meter per kilometer. Enige iets meer as 15 is moeilik! Dit word gevolg deur ’n kort afdreand en dan ’n redelijke gelijk stuk. Op 55 km is ons op 540 meter en oor die volgende 5 kilometer klim ons 825 meter.Dit is ’n gemiddelde van 57 meter per km! Dit neem my bijkans 1 uur om die 5 kilometer af te lê! Die volgende 11 kilometer neem my net meer as 50 minute. Na 5:55 is ek by waterpunt 3! So ’n kwartier vinniger as verleden jaar, maar 30 minute stadige as 2021! Ek stop vir 6 minute en durf dan die distriks paaie Groot Brak toe aan. 

Ek gaan heelwat deelnemers, wat ’n bietjie sukkel met die hitte, wat glad nie vergelykbaar met verlede is nie, derby. Die pad is maar babe saagtand wat begin met die lang bult net na waterpunt 3. Ek kom na ’n verdere 1:37 by waterpunt 4 aan. So ’n 5 kilometer voor die waterpunt kom ek agter dat my voorwiel papperig is. Ek stop om hom te pomp, maar my pomp werk nie! Gelukkig kan ek nog ry en ek jaag ’n ander deelnemer in en leen sy pomp. Gelukkig hou die wiel darem tot by die waterpunt. Die waterpunt het gelukkig ook tegniese ondersteuning en die ouens kry hom reg. 

Ek is baie verbaas om Johann de Bruyn hier te kry. Hy sê hy het probleme met ’n ongelyke hartklop en het toe besluit om vir my te wag. Ek loop ook vir Philip van der Merwe, wat saam met my by Pepkor gewerk het, hier raak. 

Ons vertrek almal saam met Philip en sy seun, wat met hitte uitputting sukkel, voor. alle is so bijtje stadig na my smaak en by die rivier kruising krt ek dit erg om by hulle verby te gaan. Dit word gevolg deur ’n rit deur ’n vrugteboord wat onder net is. Gelukkig is die hier niet so warm soos velde jaar nie. Toe was dir soos ’n bakoond. Net nadat ons links draai op die distrikspad, roep Johann my. Hy bevestig net dat my pomp niet werk en dat hy ’n pakwiel het. Met ’n stukkende pomp, kan ek hom nie help niet en ek ry aan. Dit sou later blyk dat hy ’n speek breek het, veroorssak het dat si wiel pap word. Na ’n gesukkel besluit hy om ’n binneband in te sit. Die word egter deur die speek stukkend gesteek en alhoewel hy kon aan sukkel, besluit hy om handdoek in te gooi toe hy by die R328 kom.

Ek druk aan ry marginaal vinniger as verleden jaar. Ek ry weleens al die bulte uit en kom na 1:41 by waterpunt 5. Nou is ek daarmee so 45 minute vinniger as verlede jaar, maar ’n uur stadige as 2021! Die einde is egter in sig en na 2 minute is ek weer aan die gang. Dit is nou voet in die hoek eindstreep toe. Dit is met groot verligting dat ek links op die grondpad af na Pine Creek draai. Na 10:07 kruis ek die eindstreep vir my 14de Attakwas!