Maandag 14 Maart 2022

Cape Town Cycle Tour nommer 31

Dit is weer sulke tyd. Die Cape Town Cycle Tour, of te wel die Argus vind op 13 Maart 2022 plaas. My vvorbereiding het goed afgeloop en ek is reg vir die groot dag. Dit wil voorkom asof die weer nie gaan saam speel nie. Hulle voorspel 4.8 mm reën vir Sondag! 

Ek het besluit om weer met my fiets stad toe te ry. Toe ek my kop by die deur uitsteek, was daar 'n "nattigheid" in die lug, maar niks ernstig nie. Dinge verander egter redelik drasties toe en deur Paared Eiland ry met die reën wat harder begin val. 'n Ander fietsryer sluit by my aan en vra "Are you having fun"! Hy kom van Lithuania. Die reën hou gelukkig op voordat ons die stad bereik en sal ook so bly toe by Simonstad.

My wegspringtyd is 06:50, maar alaml spring ongeveer 5 minute laat weg. Ons kom 06:54 aan die gang. Die pad is baie nat so ek ry redelik versigtig by Hospitaaldraai af. Ek will op my fiets klaar maak en nie in 'n ambulans nie! Soos gewoonlik haal die voorste manne van die groep wat na my weggespring het, my in Nuweland is. Daar is, soos gewoonlik heelwat mense langs die pad teen Edinburgh Drive op en hulle moedig is lekker aan. Anderkant is ek weer versigtig, maar haal darem 60 kpu. 

Deur Muisenberg en langs die kus af kom daar gereeld vinniger groepe by my verby. Soms hou ek vir 'n rukkie by, dan laat gaan ek hulle weer. Daar is 'n hele aantal deelnemers wat skynbaar dieselfde pas as ek ry, want elek nou en dan sien ek hulle weer voor my. Nie seker waar hulle verby gekom het nie, maar na 'n rukkie gaan ek by hulle verby. Netnou is hulle weer voor my. Elke nou en dan kry ons ook 'n sterk wind van voor. Gelukkig is hy nie konstant nie. Ek gaan na 1:19 by Jubilee Square in Simonstad verby. Ek is dus op koers vir 'n 3:45-4:15 tyd. 

Teen Smitswinkelbaai se bult is ons 'n groot klomp. Party vinniger, nader stadiger. Na die Kaappunt afdraai is dit meesal afdraand tot by Scarborough. Ek neem maar weer eder 'n konserwatiewe benading in en steek net mooi op 2:00 die halfpad merk oor. Dus gaan ek sukkel om onder 4:00 in te kom. Ek wonder soms of ek vandag die einde gaan haal! Moet maar deurdruk!



Dit het in Simonstad begin reën en daar val nog steeds 'n konstante vlaag water van bo. Nie hard nie, maar deurdringend. Teen hierdie stadium is en deur nat. Gelukkig is die nie te koud nie, maar my kakkebeen is moeg van bewe! Die temperatuur daal na so net onder 11 grade Celius. Wanneer ek trap skeo ek genoeg liggamshitte om die ergste koue te verdryf.


Deur Misty Cliffs en tot by Sea View hou dit aan met reën, maar dan hou dit op en die temperatuur styg. Alhoewel daar oral pyne is, veral in die skouers en arms, sukkel ek nie om die bulte uit te kom nie. Ons ry deur Sun Valley en Noordhoek en pak Chapman's Peak aan, waar ek 'n goeie pas hanghaaf. Ek gaan na 3:11 oor die bopunt van Chapman's Peak. My my laaste oefen rit het dit my 1:30 geneem toe by Groenpunt. Nou het ek die voordeel van "bondels" en hoort dit darem vinniger af te lê. Met my laaste twee wedrenne het dit my ongeveer 50 minute geneem.




Deur Houtbaai en Suikerbossie, waar daar weer 'n enorme klomp mense is, uit en anderkant by Llandudnou af. Ek sien 'n paar tandens verby gaan, maar ek het nie die energie om by hulle te probeer "aanhak" nie. Daar is darem 'n paar ander deelnemers wat 'n redelike pas handhaaf en ons vorm 'n lekker groep. So werk ons saam verby die Twaalf Apostels Hotel en deur Kampsbaai en verby Clifton. Deur Seepunt en eindstreep toe. 

Na 4:06 haal ek die einde, sonder enige porbleme on ingevalle, behalwe vir 'n paar "pyne". So eindig nommer 31 met dieselfde Le Jeune!



Nou lê die 24 km huis toe nog voor! Gelukkig het die temperatuur nou na 19 gestyg en daar waai 'n ligte windjie van agter. Ek arriveer net na 12:00 by die huis met 'n dag se goeie oefing agter die blad. Nou vir 'n lekker stort en die res ban die dag rustig deurbring.







Nissan Trailseeker #1 Banhoek


Saterdag 29 Januerie 2022. Nissan Trailseeker #1 Banhoek, Simondium