Sondag 31 Desember 2023

BB2BB2 Recci - Vanwyksdorp na Theewaterskloof

Na my enkel besering, moes ek ‘n paar lang rite inkry om my stamina en “kop” reg te kry vir BB2BB2. Die eerste rit was dus om van Vanwyksdorp na Bloubergstrand, die laaste skof van BB2BB2 te verken. Ek vra vir Danie Kotzé of hy my Vanwyksdorp toe sal neem en reël met Hester du Toit om om Vrydag 24 November op Bosrivier oor te slaap. Ons vertrek net na 13:00 Vanwyksdorp toe en kom net na 18:00 daar aan. Ek het oppad vir ons braai goed gekoop en ons braai die aand. 

 

Saterdagoggend is ek net na 05:00 op en val 05:52 in die pad. Die mikpunt is Swellendam via Gysmanshoekpas en Suurbraak. Die totale afstand is 150 km met omtrent 2,400 meter se klim. Ek vol ‘n paadjie suid van Bosrivier onder om Vanwyksdorp en sluit suid van die dorp by die R327 aan. Na ongeveer 20 km draai ek regs op ‘n grondpad wat my na die R323. By Muiskraal draai ek rags en na 3 km links op ‘n grondpad verby Groot Phesante Fontein na die Gysmanshoek afdraai, wat ‘n 25 km kom.


Aanvanklik is die helling nie te erg nie, maar na ‘n paar kilometer klim ek teen 10-17%. Dit is 8 km to bo en dan kom daar ‘n lekker afdraend vir die volgende 12 km. Onder draai ek regs, eers ‘n westelike rigting oen dan suid p nog ‘n goeie grondpad. Hierdie wêreld is glad nie gelyk nie en wat afgaan moet ook opgaan, dus word elke afdraend gevolg deur ‘n opdraend, ‘n paar wat lekker lank is. Ek moet ook oor ‘n laagwaterbrug waar die water omgeveer so 30 cm diep is, gaan. Gelukkig is die oppervlakte onder die water egalig en loop water baie rustig. 

 

Na ‘n paar kilometer is dit weer regs en oor nog ‘n paar lekker styl bulte in ‘n suid westelike rigting. Ek stop by twee plase om my waterbottel vol te maak. Die temperatuur wissel so tussen 35-38 grade Celsius en die son staan stil! My energie vlakke is ook nie wat dit moet wees nie en ek stoot die laaste bult uit. My Garmin wys ‘n heling van 15%! Ek is redelik “tam” en wens eintlik iemand wil my ‘n “lift” Swellendam toe, aanbied maar dit gebeur nie. Ek kom van na 13:04, 150.51 kilometer en 2,366 meter se klim in Swellendam aan.

 

Ek sukkel ‘n bietjie om my bly plek te kry maar is aangenaam verras deur die netheid en kwaliteit van die Pajama Donkey. Nadat ek afge[a ken gestort het, stap en na ‘n resourant vir aandete en kom 22:00 in die bed.

 


My wekker maak my 06:00 wakker en na ‘n lekker ontbyt, val ek 07:08 in die pad. Die dag gaan ‘n bietjie korter wees en die bukte ook baie meer hanteerbaar! Die wêreld het egter nie baie gelyk gedeeltes nie en ek is of besig om op of anders af te ry. Die toetand van die paaie is baie goed en ek vorder teen ‘n redelike spoed. Die temperatuur klim vining e draai by 38.5 grade celsuis. Gelukkig is daar darem ‘n plaass of twee wat bewoon word en ek maak my waterbottel twee keer vol. 

 

Ek stop in Riviersonderend vir middagete en durf daarna die pad Greyton toe aan. Ek slaap vannaand by Wynand se ma en hulle het ‘n Kers sangdiens, so ek moet voor 18:00 daar wees. Die son steek en wnes weereens iemand wil my oplaai! Daar kom ‘n grys bakkie by my verby en ek kyk hom met leep oë aan. Hy kom later weer by my verby en ek kan maar net “hoop”. Ek ko moor nog ‘n bult en wat is my vebasing toe ek die bakkie langs die pad op sy kap sien! Daar was darem al mense wat kom help en dit het nie te ernstig gelyk nie, maar ‘n oop bakkie wat omslaan met mense agterop, kan nie goeie gevolge hé nie. Ek is toe ook darem baie bly dat hulle nie aangebied het om my Greyton toe te neem nie! Die dag se skof neem my 10:12 is 111.97 kilometer en 1,427 meter se klim.

 

Ek kom net na 17:30 in Greyton aan en vergesel Hanneke na die Kers sangdiens. Ek kom lekker vroeg in die bed.

 



Dit is Maandag en na ‘n ontbyt van Weetbix, val ek weer in die pad. Ek moet vandag oor Rusty Gates, ‘n klim van 920 meter oor 9 kilometer. Vir die res is daar nie veel nie, ek sien egter nie kans om die volle 172 kilometer Bloubergstrand toe te ry en reël dus met Danie om m y aan die voet van Franschoekpas by die Theewaterskloof dam te kry. Dit neem my 2 uur van Greyton tot aan die begin van Rusty Gates.


Die eerste 5 kilometer het ek verlede jaar tydens die Brewery to Brewery gery, so ek ken dit. Die helling wissel so tussen 10 en 19% en ek ry tot by die Rusty Gates afdraai, wwar ek vir ‘n foto stop. Nou volg die laaste 4 kilometer. Aanvanklik gaan dit heel goed, maar dan begin die oppervlakte losserig raak en ek is verlpig om so kilometer of wat te stoot. Ander kant af kan ek ‘n stuk tee waar die pad deur die kant van ‘n dam loop. Dit is gelukkig nie te diep nie en ek kan deur ry met skoene wat na die tyd lekker nat is. Dit is ‘n lang afdreand en my polsse sê les op van heeltyd rem. Ek draai links op die Villiersdorp/N2 en ry oor die wal van die Theewaterskloofdam, dan regs op Draaibergpad wat tans geteer word. Ek stop onder die bome aan die begin van Franschoekpas en wag vir Danie, wat net 13:00 daar aankom.

 


So eindig my eerste BB2BB2 recci. 329.46 km; 29:50 se ry tyd en 4,882 meter se klim.