Woensdag 02 November 2022

Suiddrak 20 Dag 5

Dit reën omtrent heel aand. Ek en Erika besluit ons gaan eers by Clifford by die res aansluit. Leon, Philip en Niel vertrek net voor 06:00 saam met Leonico in die bakkie om tot by die begin van die Otto du Plessis pas te ry waar hulle gaan begin trap. Leonico is voor 07:00 terug. Ons eet ontbyt, drink koffie en pak al ons begasie in die bakkie. Ons gaan nou Barkley Oos toe ry om Philip se voertuig te kry en dan ry ons Clifford, waar ons vir die res sal wag en dan ry ek en Erika van daar saam.







Ons kom so 'n rukkie na 11:00 by Clifford. Hoekom die plek 'n naam op 'n kaart het, kan ek ook nie lekker verstaan nie. Daar is net 'n selfsorg en die pad van die Otto du Plessis pas sluit hier aan by die pad wat van Barkley Oos na Dordrecht toe loop! Leon-hulle arriveer so net na 11:30. Hulle stories van hoe die pas gelyk het, laat ny besef dat ek beslis die regte besluit geneem het. Alhoewel die modder en reën ‘n ontbering was, is dit duidelik dat die satisfakise van die oorkoming van die elemnte, genoeg is om dit die moeite werd te gemaak het. Alma eet ‘n paar broodjies en drink koffie.


Die wiele begin seer rol net na 12:00. Ons begin sommer met ‘n stewige klim die Perdenek pas uit. Hy is nie te lank nie en die gradiënt is redelik gemalik.


Dit word gevolg deur die Greyling pas. Baie soortgelyk aan die Perdenek, maar heelwat langer. Dit is dan ook Erika se 20st pas. 



Ons ry teen ‘n stewige briesies wat reg van voor waai en die lewe redelik moeilik maak. Ek ploeter voort teen so 8-15 kpu. Ons stop by ‘n bruggie net voor Rossouw. Almal is “verwonderd” oor die dorpie wat in die middel van nêrens is. Volgens Wikipedia het die dorp 284 inwoners, maar dit is 2011 se syfer. Dit sal my nie verbaas indien die huidige syfer minder is nie. Meer as 90% van die bevolking is Xhosa.



Net anderkant Rossouw klim ons die Killian pas uit. Dit is my 18de pas!


Met nog 21 km sluit ons by die R396 wat na Indwe loop, aan. Daar word ooreen gekom dat ek en Erika hier gaan ophou aangeslien di tons te lank gaan neem om die orige 25 km Indwe toe af te lê. Leon, Philip en Niel ry voort en rël dat Leonico by hulle sal bly totdat hulle oor die Barkersnek pas is. Daar sal hulle dan ophou vir die dag. Ek Erika en Derrick ry Indwe toe om proviant vir die aand te gaan koop.


 

My rit vir die dag was toe 3:47 en 46 km. My total ry tyd vir die 5 dae was 35.49 uur, 386.7 km en 7,403 meter se klim vir die 18 passe wat ek gery het. So eindig ‘n heerlike avontuur en 5 dae se fiets ry wat my lank sal by bly!