Donderdag 15 April 2021

Dag 5 Vanwyksdorp-Heidelberg

 

Ons kom 05:33 aan die gang. Nadat ons in die donker deur Vanwyksdorp genavigeer het, kom ons op die pad Herbertsdale toe. Die pad is in 'n uitstekende toestand met die normale op en af van hierdie omgewing. 


Na 18 km draai ons Suid-Oos en sluit na 'n verdere 7 km by die Herbertsdale/Barrydale pad aan. Op 43 km kom ons by Muiskraal aan, waar ons vir die slegste koffie wat ek in 'n lang ruk gedrink het, stop. Ek sit my Garmin per ongeluk hier af in plaas van net 'n "lap" se tyd te neem, met die gevolg dat ek nie die res van die dag se rit kon aflaai nie.


Ons ry 3 km Noord en draai dan wes oppad Barrydale toe. Die pad volg die gewone profiel met 'n paar ernstige bulte. Na 'n verdere 15 km draai ons links op die Gysmanshoekpas pad. Daar is 'n "closed/gesluit" teken en ek wonder hoekom! Dit blyk later onnodig te wees, alhoewel jy die regte voertuig moet hé. Daar is 'n paar geboue wat totaal verval is, maar daar is ook tekens van 'n boer wat skynbaar goed doen. Seker met Protea's. Die pad raak al hoe rowwer en is baie styl. Daar hang ook 'n dik wolk kombers oor die berg met 'n klammigheid in die lug. Ons beur die pas uit in met ons fietse in due donkie rar. Dit is voorwaar een van die stylste passe wat ek al uit gery het. Dit neem ons 40 minute om die 3 km te klim. Bo rus ons eers agter 'n bos voordat ons die pad af aandurf. 





Die klimaat, huidige weers omstandighede en plantegroei verander onmiddelik. Die nattigheid is weg, die wêreld is dig begroei met Protea's en ander fynbos gewasse. Dit luk ba 'n heel ander wêreld teenoor die klim wat ons pas voltooi het. Waar die pas op baie klipperig was, is die pad hier heelwat rowwer. Geen normale mens sal die pad met iets anders as 'n 4x4 aanpak nie! My broer het dit egter met 'n VW Kombi gery, maar dan is hy uniek! Die omgewing laat my baie aan die Attakwaskloof dink. 


Ons daal 450 meter in 9 km. Ons sluit by 'n baie goeie distriks pad aan, maar na al die gedaal, begin due volgende ernstige klim. Ons klim 250 meter in 4 km! Nou is die ergste klim darem verby en ons kom na 100 km wn 9 uur se ry in Heidelberg aan.





By die plaaslike Caltex kry ons 'n Seattle Coffee en ook plek by Fleckvieh wat 23 km verder op die Suurbraak pad is. Ons totale afstand vir die dag is 124 km en ons was vir 10:52 aan die gang. Voorwaar 'n besonderse dag.


<iframe src='https://connect.garmin.com/modern/activity/embed/6632705938' title='Vanwyksdorp-Kleckvieh, Suurbraak' width='465' height='500' frameborder='0'></iframe>

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking