Dinsdag 19 Maart 2024

BB2BB2 Dag 6



Ek het gistermiddag gou die pad afgestap en bevestig dat Sasol 24 uur oop is. Ek kom 05:50 weg en stop gou daar vir 'n Blueberry Muffin en Capacino vir ontbyt en vat dan die pad Ohrigstad toe.


Die verkeer is baie druk. Gelukkig is daar 'n bree skouer en plek-plek ook goeie oop grong langs die pad, waarop ek kan ry. Die bewoonde gebied en druk verkeer hou vir 25 km aan. Op hierdie stadium verlig die verkeer sodanig dat ek weer aan die regterksnt van die pad kan ry. Dit werk net beter want kan ek sien wat aankom. Ek vind ook dat die meeste motoriste vir my pad gegee wanneer hulle by my verby kom. Indien hulle nie weg beweeg nie, gaan ek net af op die grond en dan terug nadat hulle verby is. 


Die pad is glad nie gelyk nie. Dit heeltyd óf op óf af. Dit help egter om die eentonigheid te breek en die bulte is nie te styl nie. My GPS dui aan dat die Hoedspruit/Ohrigstad T-aansluiting, waar daar 'n vulstasie en dus iets te ete sal wees, 88 km die pad af is. Ek maak aanvanklik 'n betekenings fout en verwag dit op 97. Langs die pad is bordjies wat sê dat daar "iets" op 88 is, maar ek kom eers later agter dat dit my eintlike bestemming is. So 10 km voor die aansluiting is daar 'n spaza winkel en ek stop vir Coke. Die winkel verkoop net 1 liter Cokes in glasbottels wat nie vandag gaan werk nie. Ons kommunikeer ook nie lekker nie en sy stuur my na die drankwinkel langs aan. Sy kan ook nie vir my kraanwater gee nie. Due man by die drankwinkel sê hy verkoop net drank en ek moet die Coke langsaan kry, hy kan egter vir my kraanwater gee en maak my waterbottel vol. Die mis kommunikasie werk dus goed uit aangesien 'n waterbottel vol kraanwater goedkoper is as 'n bottel Coke! Ek vat weer die pad en is aangenaam verras tie die vulstasie op 88 km sy verskyning maak.


Hier koop ek twee 500 ml water en 'n bakkie Coleslaw vir middag ete. Van hier is dit 10 km na die begin van Abel Erasmuspas, 'n klim van 720 meter oor 'n afstand van 9.5 km. Dit neem my 1:38 om tot bo te kom. Halfpad op draai die temperatuur by 46.1! Anderkant is ook nie net "af" nie en na 3 km is daar weer 'n klim van 5 km. Halfpad teen die klim op, wat gelukkig nie baie styl is nie, stop ek by 'n Usave en koop 'n liter Coke, in 'n plastiek bottel.











Na die bopunt van die bult word ek beloon met 'n offraand wat skrik vir niks en vir volgende paar kilometer hoef ek nie te trap nie. Ek haal 'n maksimum van 62 kpu! Daarba is dit weer op en af! Op 130 km skakel Anton Doyer, by wie ek oorbly, om te hoor hoe ek vorder. Na die ooroep trap ek weer. Nou soek ek vir C12, waar hulle woon. Na 'n paar kilometer sien ek C23 en toe C19, maar C12 kom nie! Nog 'n paar bulte op en af en ek ry verby die Smutsfield Pakhuis wat een van sy tekens was en sien nog nie vir C12 nie! Verby die pakhuis kry ek C9, dus het ek verby gery. Draai dus maar om en kry C12 net na die pakhuis, maar aan die verkeerde kant van die pad van waar ek gesoek het. My fout! Daar wag voertuie om by die hek in te gaan en wanneer dit oop gaan, ry ek deur na die eerste huis. Hier word ek ingelig dat Anton-hulle nog so 'n entjie in die pad af is. Ek volg die paadjie en arriveer na 'n kang dag van 11:30 en 140 km.


Anton en Toekie onthaal my met heerlike skaap tjops, hoender, groente, slaai en apeltert en roomys om mee af te sluit.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking