Sondag 17 Maart 2024

BB2BB2 Dag 4


Wat 'n dag! Ek kom 06:16 weg! Die opstaan, pak en alles ry kry neem tyd!


Eers die 5 km terug Bandelierskop toe langs die N1. Gelukkig is die verkeer nie te druk die  tyd van die oggend nie. By Bandelierskop draai ek af op die pad langs die treinspoor te volg. Die eerste paar kilometer is die pad goed, totdat hy skielik weg van die spoor draai en dan net verdwyn! Ek stap deur die veld terug spoor toe waar daar 'n gesluite hek is. Dit is makliker op met spoor om die hek te kom as oor hom! Anderkant staan die gras amper 'n meter hoog en pad is amper nie sigbaar nie! Dit verbeter egter gou en ek maak redelike vordering.



Die weer in die ooste lyk nie baie belowend nie en ek verwag enige tyd vir die reën om my te vang. Dié bly egter weg en die wolk bedekking hou die temperatuur so om en by 23. Ek ry lekker tot net voor Morebeng ( was Soekmekaar, maar nou is net "vooruitgang" te soek hier!) Ek sien die treinspoor maak 'n lang draaie voor Morebeng en draai regs op 'n goeie grondpad wat by die hoofpad aansluit. Van hier is dit 7 km Morebeng toe. In 2016 het ek 'n lekker ontbyt hier gekry, maar vandag is net die spaza winkel met sy "buitelander" agter die toonbank, hier. EK koop 4 piesangs en val weer in die pad.


Die begin liggies reën en tref die nodige voorsorg deur my Brookes saal, wat van leer gemaak is en dus nie moet nat word nie, se oortrekking op te sit my ligte reën baadjie aan te trek. Dit bly "klemmerig" maar reën nooit werklik nie. Ek is nou op die teerpad Mooketsi toe. Ek hou maar aan die regterkant sodat ek die aankomende verkeer kan sien. By die Mooketsi afdraai stop ek vir 'n vrugteslaai en koffie. Nou is ek weer op 'n grondpad wat my na Houbosdorp toe neem. Aanvanklik is die pad redelik gelyk met 'n paar klein bultjie en afdraendes. Op 86 km verskyn 'n "climb" op my Garmin. Dit is 'n skemstiese voorstelling van wat voorlê. Dit het voordele en nadele, maar wat ek sien laat weet my ek gaan nou klim! 1,066 meter oor 19.2 km. Dit insigself is nie so erg nie, maar na 86 km is dit rof! Dit neem my bykans 4 uur om die volgende 23 km af te lê! 14:50 skakel Rob Harman, waar ek oorbly om te hoor hoe vorder ek. Teen daardie tyd het ek nog net 3.7 km van die klim agter my. Hy onderneem om 17:00 weer te hoor hoe dit gaan. Toe hy 16:30 skakel is daar nog 3 km oor! Hy wil weet of hy my moet kom haal en ek stem anders gaan ek eers na donker by hom uit kom. Ek ry aan en begin wonder of ek hom verkeerd berstaan het, want hy daag nie op nie. Intussen het die weer soos 'n handomkeer verander. Waar dit mooi oop was aan die anderkant van die bult, is dit hier nat en die mis is so dig jy kan net 50 meter ver sien. Rob kry my op 103 km. Hy het oppad ba my toe vasgeval, maar kom gelukkig maklik uit kom. Dit neem ons net langer as 1 uur om die 16 km huis toe, met die motor af te lê. Dit sou my seker 2:30 met die fiets geneem het! So eindig die "grootste" dag, tot dus ver, van hierdie avontuur. Die laaste uur en 16 km was darem in 'n motor! 




Dit is sop nat hier, maar die son skyn darem in Vertilis, waar ek môre aand slaap. 




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking