Sondag 31 Maart 2024

BB2BB Dag 18



Na gisteraand se lekker Esbien by Bierfassel in Nothingham Road het ek regtig lekker geslaap. Was 05:50 wakker en geseën met 'n lekker ontbyt van museli, yoghart en vrugte. Sue, Con se vrou het vir ons elkeen drie "gourmet" toebroodjies vir die pad gemaak. 


Net voor ons reg is om te ry, daag Richard Erasmus, nie familie nie, wat 2019 op dieselfde dag saam met my en Leon die Freedom Challenge klaar gemaak het, daar op. Hy en sy vrou Lucy, gaan die eerste 20 km saam ry. Theuns Pauw daag ook op om saam te ry en ons is 'n groep van 5!



Ons kom so net voor 07:20 aan die gang. Die eerste 30 km is teer en die Erasmusse en Theuns ry die eerste 20 km saam. Dan draai hulle af op 'n paadjie wat hulle terug neem Nothingham Road toe. Ons gesels lekker terwyl ons ry en Con neem videos met sy GoPro. Hy beplan om 'n video van die dag se rit te maak. Op 20 km groet ek en Con die wat terug gaan en ry alleen aan. 


Op 30 km begin die grondpad. Vandag is die dag van die lang bulte. Dit is nou op en af. Die op bulte is nie so lank nie maar een van die af bulte is 14 km lank. Ons stop by 'n watervalletjie waar ek 2016 ook gestop het en eet ons eerste broodjie. Sue het regtig haarself oortref met die broodjies! Om terug te kom na die bulte, wanneer ons oor 'n kruin kom kan ons die lang afdraend sien en in die verte waar die pad die volgende bult uit kronkil en oor die volgende nek verdwyn! 












So 10 km voor Himeville kom daar 'n fiets ryer van voor. Dit is Craig Mackrory wat in 2011 in die Freedom Challenge groep was saam met wie ek gery op die dag wat ek onttrek het. Nie 'n aangename herrinnering nie. Gelukkig kon ek in 2014 en 2019 terug kom en daardie struikelblok oorkom! 


Ons stop nog twee keer om ons ander broodtjies te eet en kom so net voor 16:00 in Himeville aan. Ek het besluit om die nag saam met Con en sy seun se familie by Khotso deur te bring. Dit is nog so 'n 16 km verder. Ons eet elkeen 'n Magnum en ek versmag my aan 'n goeie cappacino. Die rit Khotso neem ons 'n verdere 1:09. In klok verloop glad en aand ete is spaghetti bolognaise. 



Ons reël vir 'n "schuttle" om my môre oggend Sanipas toe te neem. Die grenspos maak eers 08:00 oop en Con besluit om saam te gaan. So môre is dit Sanipas en môre aand slaap ek by 'n Warmshowers gasheer in Underberg.


Afstand staan nou op 1,451, nog so 250 kort van



halfpad, maar môre is halfpad wat dae betref.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking