Vrydag 15 Maart 2024

BB2BB2 Dag 2

 


Die wekker maak my 05:30 wakker. Ontbyt is vanoggend net koffie en beskuit en die vooruitsigte vir middagete is ook nie baie belowend nie! Dit is maar een van daardie uitdagings van 'n rit soos die.


Ek kim 06:34 aan die gang. Ek is binne 1 km op die treinspoor se dienspad. Nie so seker of treinspoor dienspaaie nog gebruik word nie, maar wanneer ek na die klippe langs die spoor kyk, lyk dit darem of hierdie een mog gebruik word 


Ek en Hennie de Clercq het nou die dag gepraat oor ons vertroue in ons medemens na aanleiding van die fiets ryers en mense wat op Tafelberg beroof word. Ons albei voel dat daar meer "goeies" as "slegtes" is en gaan dus nie ons vertroue by die deur uitgooi nie. Ek het gister so 'n geval gehad toe ek Beitbrug toe gery het. Teen die einde het daar 'n paar manne langs die spoor gesit. Ek is so vinnig daardeur, hulle kon nie eers reageer nie. Die toets kom toe ek moes omdraai en weer by hulle verby ry! Die toes was toe posetief want ek ry nog! Wel die toets het vanfag weer 'n paar keer voor gekom en ek moet sê ek is elke keer baie gegroet en het geen rede tot kommer gehad nie.


Die paadjie langs die spoor het sy uitdagings gehad, maar was baie interessant met ops en afs deur klein droeë rivier beddings en 'n paar klipperige gedeeltes. Op een plek is die pad heeltemak weggespoel en moes ek die rivier deur middel van die treinbrug, kruis. Die weer is perfek vir fietsry. Lig bewolk met 'n temperstuur van 23! Dit neem my amper 4 uur om die eerste 43 km af te lê. My plan was om "ontbyt" in Mopani te eet, maar hier is tans net een spaza winkel. In 2016 was daar ook een by die ou stasie, maar die is nou net 'n woning. Ek gaan maar op 1 liter Coke en 'n PVN energy bar vir 'n laat ontbyt!






Van hier tot by Ma Funga Lodge moet ek met die distrikspad af Waterpoort toe ry. Die is in 'n uitstekende toestand (grondpad) met'n paar sanderige gedeeltes. Daar is heelwat wildsase hier en si 10 km voor my bestemming suen ek 'n kameelperd 10 meter van die pad af! Die 37 km van Mopani af neem my 2:50. Intussen het die temperatuur gestyg na tussen 35 en 42!  Die hek is gesluit en daar is nie 'n klokkie nie! Gelukkig is hier selfoon ontvangs. Ek skakel die eienaar wat 5 minute later opdaag en my in laat. Ek is weereens, soos in 2016, die enigste gas vir die aand, so die hele lodge is myne!







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking