Donderdag 21 Maart 2024

BB2BB2 Dag 8

 


Wat 'n dag. Aan die begin het ek gesê 2016 se toer was "blood, guts and determination" en dat hierdie een "avontuur, herrinneringe en introspeksie" is. Vandag was weereens 'n avontuur 1,000! Hy


Ek stel die wekker vir 04:30 sodat ek 05:30 in die pad kan val. Ek kom so 'n rukkie voor 05:30 weg. Probleem nommer een: my Garmin wil nie aangaan nie! Wat nou? Gelukkig is die pad via Renosterhoek en Alkmaar na die N4 maklik om te kry en ek "plot" dit op Komoot, wat ook vir my wys waar ek ry.


Terwyl ek van Mt Andersen na Longtompas ry, maak ek planne! Egbert Robertson, wat op Hoekspruit bly en heelwat mense in die omtrek van Nelspruit ken, het gister gesê dat van hulle my vandag sal "aan cheer" wanneer ek die N4 kruis. Probleem nommer twee: ek het 'n "slow puncture" op my agterwiel! Hy lek nie te vinnig nie, maar ek sal 'n plan moet maak. Dit gaan nie werk tot in die Kaap nie!



My brein skop in en ek skakel vir Egbert. "Kan die manne wat vir my gaan kom "cheer" my nie dalk Nelspruit toe neem sodat ek die probleme wat ek her, behoorlik kan adresseer nie?" Die antwoord is beter as dit! Die persoon wat my gaan kom help is Gawie Combrinck, een van ons land se voorste bergfiets ryers! Dit is dan ook die man van Specialized Nelspruit! Waarvoor beter kan ek nie verwag nie. Gawie skakel my en na heelwat heen en weer, asook tye waar ek nie selfoon ontvangs het nie, kry ons mekaar by die Renosterhoek/R37 aansluiting. Tydsberekening is perfek en Gawie daag enkele minute na my daar op. Die plan was om alles daar te doen, maar Gawie aanvaar my voorstel dat ons eder na hulle fietswinkel gaan en dit daar doen. 





Hy vervang my voor en agterband, sit ekstra "sealant" in en was ook my fiets! Wat meer kan mems vra? Hy probeer my ook help op my roetes op die Garmin 840 oor te dra. Ons kry dit egter nie reg nie. Ek sal maar by my blyplek moet kyk of ek kan reg kom. Gawie is ook bereid om my met sy bakkie Kaapschehoop toe te neem. Ons kom so 12:00 daar aan en die tweede gastehuis het vir my plek teen R600 met ontbytpakkie ingesluit! 


So eindig nog 'n baie avontuurvolle dag en ek kan nie genieg dankie sê vir Egbert en Gawie en wat hulle vir my gedoen het nie. Sout van die aarde! Mag julle ryklik geseën word! 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking