Maandag 18 Maart 2024

BB2BB2 Dag 5



Wat 'n gebeurtenis volle 18 uur van gistermiddag 15:00, toe ek die "groot bult" oppad Magoebaskloof toe begin het tot vanoggend 09:00 toe ek besluit het om nie die Wolkberg aan te durf nie! Dit het heelnag in Magoebaskloof gereën. Van oggend was die uitsig beperk tot 50 meter met ligte reën. Rob het my Haernertsburg afgelaai en ek het begin trap! Dit is so 10 km na die afdraai Wolkberg Natuur Reservaat toe. Ek oorweeg my opsies en kom ook agter my agter and is papperig! Ek besluit on so 10 km in te ry en dan om te draai óf net trrug Haerneetsburg toe en in 'n B&B in te boek of vir Rod te vra of ek nog 'n nag by hom kan oorbly. By die hek probeer ek skakel, maar daar is nie syn nie! Haal my fiets pomp uit en pomp agterwiel styf. Dan pak ek die "ekskursie" die Wolkberg in, aan.


Daar is 'n gashuis in die pad af, maar die interkom werk nie! Ek ry maar aan. Die natuurskoon is baie mooi. Styl bult op. Ek stap maar. Bo is 'n afdraai na wat lyk soos 'n huis. Hier is nie veel lewe nie, maar loop darem 'n dame raak, wat my meedeel dat net MTN hier werk. Ek het 'n ou foon met 'n MTN kaart in saamgebring en gebruik dit om vir Rod 'n boodskap te laat. 


Terwyl ek so ry besluit ek dat die beter opsie gaan wees om, na my "ekskursie", eder Tzaneen toe te ry, daar te slaap en dan môre met die teerpad Ohrigstad toe te ry. Dit sal nou nie so lekker wees as die grondpad van Fetilus na Ohrigstad nie, maar dit is korter en ek het die pad in 2016 gery. 


Die pad waarop ry is redelik rof, maar daar is telkens "tekens" van mense watcbome oes. Na 'n kilometer lange "klippad" loop ek dan ook 'n paar van die manne raak. Ek volg die en die "versoeking" om maar deur te druk Fertilus toe, kom telkens by my op. Maar "sanity prevails" en wanneer ek by 'n redelik sterk vloeiend stroom kom, besluit ek om om te draai. Oppad terug kom 'n bakkie van agter verby en 'n trok van voor. So hier is beslis ge-organiseerde bome oes aan die orde van die dag. Na 4 uur en 30 km is ek teeug by die grootpad. Van hier is dit 25 km Tzaneen toe.







Ek besluit om by die eerste skaflike koffie winkel te stop, iets te eet en blyplek te soek. Ek kry Tamboti Lodge op Lekkeslaap en hulke is stap afstand van die koffie winklel. 'n Bietjie duur teen R990, maar reg grleëen op die pad Ohrigstad toe. Na 'n bietjie onderhandeling, kry ek 'n kamer met aandete vir R940. So eindig dag 5!




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking