Maandag 08 April 2024

BB2BB Dag 26

 


Ek het 'n lekker rustige middag in Dordrecht deurgenbing. Die kamer het 'n televisie gehad en kon kyk hoe Mathieu van der Poel die Paris/Robaix fietswedren oorheers! Hulle het my ook met 'n baie lekker aandete van hoender, rys, pampoen en groen boontjies voorsien. Terug in die kamer het ek 'n bietjie gelees en teen 21:30 die lig afgesit.


Die weervoorspelling het gewys dat dit tot 09:00 redelike sal reën sal, dus besluit ek om eers na ontbyt, wat van 07:00 bedien word, te ry. Buite lyk weer redelik. Bewolk maar geen reën nie. 


Die wiele begin 07:44 rol. Ek ry met die hoofstraat af. Net buite die dorp vra ek vir iemand of dit die pad Molteno toe is. "Nee meneer dit die pad daar agter"! Ek moes by die gaste huis links gedraai het en nie regs nie. Gelukkig gou fout reggestel. SANRAL is besig om pad tussen Dordrecht en Molteno op te gradeer. Dit help my as fiets ryer baie aangesien daar vir groot gedeeltes net een laan vir verkeer oop is en ek op die "toe" gedeelte kan ry. Daar is 'n paar langerige opdraendes en vir die eerste twee uur klim ek. Dan is dit meesal afdraend tot in Molteno, wat ek na 4:37 bereik. 



Ek loer by koffie winkel in vir 'n goeie koppie koffie, maar hulle masjien het velede week gebreek en is weg om herstel te word. Ek besluit om maar liewer deur te skiet Romansfontein toe en daar koffie te drink. 



Van Molteno na Romanansfontein klim ek weer van 1,600 na 1,700 meter oor 'n afstand van 19 km. Die grondpad is nat en modderig, maar daar is darem genoeg harde gedeeltes om vordering nie te moeilik te maak nie. Ek kom net voor 14:00 op Romansfontein aan. Dit was 'n goeie dag met bietjie reën tussen Dordrecht en Molteno en meer reën in die laaste 19 km, maar niks te ernstig nie. 'Afstand vir die dag is 90 km in 6:14.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking