Woensdag 20 Augustus 2025

Euro Toer Dag 5


Nadat ek die "Omie" uitgesorteer het, wys hy my waar ek die ontbyt kan kry. Daarna gou gestort en my Blog gedoen. Dit was onsettend bedompig in die kamer en ek moes elke nou en dan die sweet afvee, met die gevolg dat ek weer stort voordat ek in die bed klim. Gedurende die nag was daar ontsettende sterk donderweer met van die "knalle" baie naby. Op 'n kol het dit ook baie hard gereent. 

Ek was 06:30 wakker en na nog 'n stort en ontbyt kom ek 07:50 aan die gang. Aangesien ek weg van my roete was moet ek eers 3 km ry om weer op die regte pad te kom. Dit is gelukkig 'n plaaslike teerpad, maar ek word begroet deur 'n 9 km klim met meer as 400 styging. Die grappie neem my bykans 2 uur.


Bo moet ek 'n paar draaie ry en dat begin die rowwe enkel spoorjtie. Die eerste 100 meter is totaal onrybaar maar dan rask dit baie beter en ry ek weer tuusen die inheemse woude. Van die paadjies herrinner my baie aan Knysna se woude met paaie wat besaai is met ou blare. 

Elke nou en dan verval my roete in spoel sloote en daar volg heelwat "hike-a-bike" gedeeltes! Verder word die roete baie afgewissel met twee spoor paadjies en meesal volg hulle die kontoer met aanvaarbare klimme elke hier en daar. My Garmin sê dat ek oor die bolgende 11 km 500 meter gaan klim. JEk kom op 'n punt waar daar 'n leflike uitsig oor die vallei is. Daar is selfs 'n bankie om op te sit en die uitsig te geniet. My roete kruis weer 'n teerpad en wanneer ek sien dat die twee vorentoe kruis, "kroek" ek en neem die maklike opsie van teer. 
 

Wanneer die roetes weer kruis dui dit aan dat die een wat ek moet volg heelwat korter as die teerpsd is en ek besluit om dit te volg. Dit neem my egter 5 minute om die regte pad, agter om 'n genou te kry. Daar is heeltyd donderweer in die lug, maar die reent bly weg. Dit raak koelerig en ek stop om my reënbaadjie uit haal en aan te trek. Dit hou nie lank nie want daar is heelwat gematigde klimme wat die hitte met die baadjie op jaag, so ek trek hom weer uit. 


Die pad wat ek nou ry is besonder mooi en het geen ernstige klimme nie, so ek kan lekker ry maar hsndhaaf net so 9-12 kpu. Ek kom weer by een van daardie "twyfelagtige" vurke in die pad met die opsie wat ek moet neem die swakste van die twee. So 'n entjie weg begin dit reent en ek stop om my reënbaadjie weer aan te trek. Na 'n aanvanklike klim verander die pad in 'n goeie "jeep track" wat weer die kontoer van die heuwel volg. 


Ek kom by 'n parkeer plek waar mense skynbaar stil hou om hulle honde vir 'n wandeling in die bosse te neem. Dit reën ook nou redelik deurdringend. My roete gaan hier links verby en bult op! Aan die begin van die bult is daar 'n plek wat lyk of dit gaste in neem. Ek klop aan die voordeur. Hulle neem gaste maar is vol. Ek sê ek is breid om op die vloer te slaap! Sy wil nie vir oortuigings pogings val nie! Beveel aan ek ry af Tavarone toe. Ek sê ek kom terug vir die vloer slaap indien hulle nie plek het nie. Sy glimlag en ek kry die idee dat sy dit sal aanvaar indien ek so ver gaan! 

My roete loop verby die huis en Tavarone is 3 km weg in die verkeerde rigting. Dus sal ek môre hier moet verby om weer by my roete aan te sluit. In Tavarone hou ek by 'n oop motorhuis stil en die eienaar sê ek moet La Veranda langs die kerk probeer. Ek stop en gaan in. Na 'n rukkie kom iemand maar sê hulle is vol, maar ek moet 'n bietjie wag. 'n Jong dame, wat redelik goed Engels kan praat kom na my toe. Hulle is vol en het 60 kinders wat tans hier bly. Sy sien skynbaarcdie desperaatheid in my oë en sê ek moet wag. 'n Rukkie later kom sy terug. Een van die kinders het skynbaar siek geword en ek kan die kamer kry. 

So eindig nog 'n interessante dag se fiets ry. Was 'n bietjie kort, maar toe ek begin blyplek soek was die moontlikheid van meer reën redelik hoog. Nou is dit heerlik buite. Bewolk en koel met geen reent nie. Alhoewel dit nou, 16:30 lighies begin reent het.




I'm Wat mu opval van die wêreld os hoe ongelyk dot is. Dit met groot heuwels orals wasr ky kyk.

 Andag se profiel




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking