Ons is net na 07:00 reg vir ontbyt. Lekker warm brood rolletjies met konfyt en sterk cappacino. Daarna pak ons op en kom 07:42 aan die rol.
Dit is so 5 km tot by die begin van ons roete. Alles bult op, maar nie te erg nie. Bo moet ons in 'n klein straatjie regs draai en begin sommer onmiddelik klim. Pad aanvanklik goed en ons kan die bult uit trap. Bo draai ons regs op 'n redelike rowwe twee spoor paadjie. Die steek flieë begin onmiddelik pla. Danie dink eers dit is bye en probeer weg kom deur die bult uit te jaag.
Volgens Ride with GPS moet ons voor die bopunt regs draai. Ek roep vir Danie terug. Die paadjie is toe gegroei. Ek kyk weer na die roete en sien dat hulle ons net met 'n draai neem en voor sluit die roete aan by die paadjie waarmee Danie gery het, so ons hou by die beter pad. Ons is nou weer in 'n inheemse woud en die pad, wat op die rug van die bult loop, is goed en mooi. Ons ry lekker saam en neem 'n paar fotos.
Na 7.5 km sluit ons by 'n teer pad aan, maar ook nie vir lank nie dan word ons weer herlei van 'n klipperige paadjie.
Aanvanklik gaan dit goed, maar dan word ons gekonfronteer met 'n 11 km bult met net kort van 700 meter se klim.
Die eerste paar kilometer is redelik, maar dan "skop" die bult regtig in. Ons klim albei af en begin stoot. Daar is gedeeltes waar my Garmin wys dat die gradiënt 23% is. Enige iets oor 7% is styl so 23% is rof. Self op 'n teerpad sal meeste mense maar af klim en stoot. Hier is die bosse is dit die enigste opsie. Daar kom 'n e-fiets van agter verby en later drie gewone fietse van voor. Ons sien maar selde gewone fietse in die berge.
Ons kom by 'n uitkykpunt met 'n lieflike uitsig oor die vallei, uit. Ons stop hier. Daar is heelwat ander mense daar, onder andere Harry en 'n paar vriende. Harry se Engels is redelik goed en ons en sy vriende kommonikeer goed. Dit is vandag dynserig en Harry lig ons in dat die see op 'n skoon dag van hier gesien kan word. Baie fotos word geneem voordat ons weer in die pad val.
Ons roete kruis 'n teerpad en neem ons teen 'n styl bult op. Bo hou ons stil en kyk weer na ons roete. Ons het nou twee opsies: gaan voort op die roete of ry met die teerpad tot waar die twee kruis. Ons gaan vir opsie twee. Heerlik bult af met 'n paar lekker haarnaalde totdat ons 'n koffie winkel kry. Ons bestel koffie en kyk na die roete wat ons nou moet volg om weer op die Alta Via dei Monte LIguri te kom. Ons kyk ook na verblyf opsies. Daar is nie veel binne die volgende 49 km van ons roete nie. Ons vind wel plek binne 5 km van waar ons nou is. Dit is nog baie vroeg maar ons besluit om die konserwatiewe opsie te neem en bespreek dit.
Dit eers bult af en dan moet ons die laaste ent weer bult op. Ons kom net na 12:00 by ons bestemming, Ca di Felice in San Marino-Paravanico, aan. Hier ook 'n restourant so ons kan vannaand hier eet. Ons eet ook middagete hier. Terwyl ons eet, reën dit lekker hard. Na 'n rukkie klaar dit op en die sin skyn. Half uur val daar weer 'n sterk bui. Net sowel ons het maar opgehou!
'n Kort, maar interessante dag. Sal moet sien wat môre inhou.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking