Vrydag 22 Augustus 2025

Euro Toer Dag 7


Ek het gisteraand besluit om te kyk of ek ontbyt in die pad af te kry eder as om tot 08:00 te wag vir die restourant om oop te maak. Met die gevolg dat ek 07:50 weg kom. 

Die pad af na Santa Maria del Toro was lekker afdraend  'n uitstekende teerpad. Net oor 'n bruggie links in die dorp was 'n oop kafee. Na 'n crousant en cuppocino is ek weer in die pad. 

My eerste klim begin net buite die dorp. 13.5 km met 770 meter se klim waarvan die eerste 5 km op 'n teerpad is.



Dan verander dit in 'n goeie grondpad, al teen die kant van die berg op. Nadat ek van die teer af is, raak die plantegroei al digter en ry ek omtrent heeltyd in die skadu van die woud.  Dit meem my 2:45 om die 14 km af te lê. Langs die pad kom ek 'n aantal e-bike ryers tee. Ek stop ook op 'n kol vir 'n tee breek en eet my laaste dadel asook rosyntjies en grondboontjies. Dan val ek weer in die pad.


Ek ry vandag in die Aveto Narural Regional Park. Die pad wasrop ek ry is in 'n baie goeie toestand en die omgewing is besonders. Ek is heeltyd in 'n woud en kom baie e-bike ryers stappers tee. Na die aanvanklike klim vilg die pad meesal die kontoerlyn. Die ry is die beste van die toer tot op datum. Daar is heelwat klimme masr almal is rybaar. Daar is ook 'n aantal plekke waar motors stop en dan stap die mense in die woud. So elke nou en dan kom ek 'n bultjie tee wat net te styl is en klim ek maar af en stoot. Ek het ook vroeër my fiets se pedale gestel sodat ek my voete makliker uit kan kry. 

Net boor 13:00 kom ek by 'n ssndluiting aan en hoor mense praat. So 'n entjie weg van my roete vind ek 'n restourant. Binne ruik ek vars gebak. Ek bestel vir my 'n warm rolletjie te same met 'n cuppocino en gaan sit en eet dit rustig. Na so 10 minute is ek weer in die pad. Lekker teen die bult af en dan regs in 'n westelike rigting. Hier is dit vir 'n rukkie lekker oop, maar dan weer in die woud in. 







'n Fiets ryer kom by my verby. Ek kom agter dat hy mie eintlik te vinnig ry nie en ry hom in. Dit is die eerste ryer wat ek teekom wat met 'n gewone fiets ry. Ons probeer kommonikeer en vorder mogal aangesien hy 'n bietjie Engels magtig is. Hy ry ook met 'n groterige rugsak so hy is nie net op 'n dag uitstappie nie. Hy kom van Genoa masr maar het ook hier naby 'n plek. Ons ry so 'n ent saam totdat ons ny oornag hut kom waar daar 'n aantal fiets ruers is. My roete neem my links en hy gaan regs, so ons groet.

Waar ek links draai verander die lekker pad wat ek nog heeldag gery het in 'n enkelspoor die bult af. Groot gedeeltes is redelik verspoel en dit is ook baie styl met die gevolg dat ek maar af klim en stoot. Later verbetrr dit gedeeltelik en kan ek meeste van die tyd ry.

Na nog 'n baie styl seksie, sluit ek weer  y 'n ry are pad aan. Hier kronkel die pad langs 'n stroompie af tot ny Cabanne, 'n plek wat ek as 'n moontlik blyplek op my reisplan asngedui het. Hier is blykbaar ook 'n lekker eetplek en dit word op my app met 'n mes en vurk gemerk. 




Hier is blykbaar iets groots aan die gang want hier is tydelike afdakke gespan en ek sien 'n man iets wat soos 'n gebraaidecrib lyk, in 'n kos sk sit. Niemand kan egter Engels praat nie en ek ry aan. In die pad af kry ek 'n restourant wat ook aandui dat hulle blyplek het. Ek doen navraag, masr baie mors vrou maak dit baie duidelik dat hulle vol is! Ek vat maar weer die pad. 

Na so 'n paar kilometer begin dit reën. Ek trek gou my reënbaadjie aan. Ek sien 'n jong man by 'n plaasgebou langs die pad en ry daar in en dien navraag oor verblyf. Hy kan egter nie help nie. Ek staan in die motorbuis en kyk wat Google Maps sê oor verblyf in die omgewing. Sy ma kom uitgestap en, onder ander met behulp van Google Translate, begin sy vir my blyplek soek. Dit gaan maar moeilik want die mense antwoord nie. Sy kry 'n plek en ons kry dit op Google Maps. 20 minute vandasa, maar asngesien dit nou hard reën sê sy ek kan daar wag totdat dit bedaar het. 'n Rukkie later kom sy terug. Sy het iemand anders gekry en hulle sal my kom haal. Wanneer die man daar aankom reën dit nog. Hulle stel voor ek los my fiets by hulle en die man sal my môre oggend terugbring. 

Ek dink nie ek het al ooit in so 'n buil motor grklim nie! Nie eers 'n gebruikte plaasnakkie lyk so sleg nie. Die ou lyk ook maar rof, maar "beggars can't be choosers"! Die plek is 'n hele ent weg en ook hoog teen die berg. Dit is 'n redelik deurmekaar maar tog darem netjiese kamer met 'n "bunkbed", kook geriewe en 'n badkamer met 'n stort. So ek is uitgesorteer vir die aand. Hulle sal ook aandete en ontbyt voorsien. Die aandete is lekker maar genoeg vit ywee, so ek eet nie alles op nie! Dit is 'n "bargin" teen Euro 50 alles ingesluit.




Nog 'n dag nog dinge!

So eindig, wat ek tot dusver sal klassifiserr as die lekkerste ry dag tot op hede. Dit is waatvoor ek gekom het en indien ek meer sulke dae kan kry sal die baie lekker wees. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking