OK Google wil nie fotos op Blog aanvaar nie, so fotos sal net op die WhatsApp groep gesien kan word.
Kommunikasie by die restourant was gister 'n probleem. Ons het darem 'n lekker pasta gereg gekry en toe vir aandete dieselfde ge-eet. Was 'n bietjie duur, maar ons mae het vol gekom.
Ontbyt was vroeg reg en ons kom 08:00 weg. Van meet af is dit klim. Danie het gister op duectrappe geval en sê ek moet aan ry. Obs kry mekaar in Barracellonette. Die 16 km van Ponterbernardo na die top van die Maggdalenapas neem my net minder as 2 uur en ek klim 900 meter. Die klim is baie mooi met die pad wat soos meeste Aple passe teen die berg uit kronkel. Bo is daar geen syn nie en ek kry dit nie reg om die Grande Provence Traverse L'Apes roete af te laai nie. Gelukkig werk Garmin en ek begin ry.
Net so 'n entjie way Garmin en moet regs op 'n grondpad. 4.36 km met 397 meter se klim. Gradiënt is redelik en handhaaf 'n goeie ritme. Wanneer ek die bopunt na 1:05 bereik is ek op 2346 meter bo seespieël en het ek 1,122 meter geklim sedert ek vanoggend begin trap het! Due uitsig ban hierbo is asem rowend mooi. Daar het 10 e-bikes by my verby gekom en hulle is hier besig om fotos te neem. Ek gaan by hulle verby, maar kort daarna kom hulle weer verby. Ek haal hulle weer in toe hulle stop. Die roete loop volgend die App, wat ek intussen aan die gang gekry het, reguit aan, maar hulle wys my 'n ander "single track". Dit us styl maar in 'n goeie toestand en herltemsl rybaar. Op 'n kol hou ek stil en laat die e-bike veby. Die roete sluit by 'n jeep track aan en ek volg dit. Ek het nêrens enigecafdrasibpasie gesien nie, maar toe ek weer kyk suen ek is nie op die roete nie, maar en dus heuwel af. Ek tel 'n gras paadjie op, watvlyk of dit weercby die roete kan asnsluit, op en ry daarmee verder. Die paadjie loop egter net parallel met my roete en die twee kom nie nader aan mekaar nie! Ek sit my fiets neer en begin die berg uit stap om te sien of ek die regte roete kan kry. Die heuwel is baie styl en om my fiets hier uit te kry gaan baie energie verg. Ek sien dat daar 'n ander pad laer af is wat na die groot teerpad lei. Ek oorweeg dit om terug te gaan na waar ek die roete verloor her, maar dit is te ver terug. Dus af teerpad toe.
By Val d' Oranaye tel ek weer die roete op. Dit begin met 20% styl sement pad watcgelukkig net vir 800 meter aanhou. Daarna ry ek al teen die helling van die berg, ver no die teerpad. Die bome is redelik dig so ek het nie veel van 'n uitsig nie. Na 'n ruk kronkel die pas due geuwel af en sluit ny die teerpad aan. Ook nie te lank lank nie dan neem die App my weer weg van die grootpad. Ek vermy een of twee van die "herleidings" wanneercek sien die twee kom weer saam.
Vanaf Jausiers volg ek weer die roete. Eers links van die teerpad en dan oor na die regterkant met 'n kilometer klim en dan deur plase en afgeleë huise. Meesla ook teer, maar gedeeltes is gruis. So gaan dit aan tot in Barcelonnette. Dit is nogal heel interessant om so weg te bly van die grootpad, veral wanneer dit nie ernstige klimme insluit nie.
By Barcellonette kruus my en Danie se paaie weer "per ongeluk". Ek tik die adres van die Warmshower gasvrou in op Google Maps en ons kom 15:30 daar aan. Bene is nie vandag tuis nie, maar Jano ontvang ons. Jano se Engels is 'n skraps beter as ons Frans, maar met behulp van Google Translate kommunikeer ons darem. Blyplek is in 'n houthut en redelik klein, maar besonders! Was en toiletgeriewe is in die huis. Ons gaan twee aande hier oorbly.
Afsrand 62.71 km Tyd 7:26:10 Meters geklim 1,652
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking