Ons het gisteraand besluit om op te staan wanneer ons wakker word en dit is toe 08:05! Ons spring albei deur die stort om die nag se hitte af te was. Na al ons "tiff en taff" kom ons 09:26 aan die ry.
Oppad uit stop ons by 'n winkeltjie maar sien miks wat lyk of dit vir dag kan werk nie en ry aan. Ons het gisteraand besluit om ontbyt te probeer eet by 'n kafee wat ons gister verder die pad af gesien het. Daar gekom vind ons hom toe. Ons draai maar terug na die vorige winkeltjie. Hulle het vars vrugte en ons kies piesangs en perskes. Binne merk ons nou op dat hulle ook vars broodjies kan maak. Ons sit die perskes terug en bestel elkeen 'n vars ham en kaas broodjie. Dit sal ons langs die pas eet.
Terug op ons roete, wat ons nou al goed ken. Op 8 km negin ons met die groot klim. 16.5 km met 700 metet se klim. Dit gaan ons tussen 3 en 4 uur neem om die een uit die pad te kry, veral met die in agneem van Danie se probleem met sy geswelde voete wat goed seer is.
Dit neem ons 1:20 om gisteraand se "sundower" punt te bereik. Hier is dit doodstl want hulle is Maandae toe en maak in elk geval eers 18:00 oop. Ons stop hier vir 15 minute om ons broodjies te eet. Van hier af is die pad 'n grondpad. Dit is in 'n redelike goeie toestand en die klim is oor die algemeen nie te styl nie. Na 4 km is daar 'n kwaai "knik" in die profiel wat op 22% gaan draai. Die oppervlakte mask dit darem rybaar. 'n Entjie, op 'n minder styl deel, is die klippe so los dat ek verplig is om te stop en te stoot! Ons kom ook twee ander fiets ryers tee. Hulle is van Nederland en doen dieselfde roete maar net tot by Genoa.
Die klim profiel wys dat daar na 5 km 'n afdraend is. Die afdraend is egter gelaai met 'n paar lekker klimme. Dan verander die pad na 'n redelike rowwe enkelspoor paadjie met groot klippe. Aangesien dit hier gelyk is kan ons dit ry. Elke nou en dan is daar so 'n kort onrybare bult. Dan begin ons daal en die graad van rofheid styg. Ek kan nie besluit of ek moet aanry en of ek moet stoot nie! Danie loop moeilik en ek gaan vir die ry opsie. Daar is een redelike rowwe stuk en Danie verloor beheer en "koop grond"! Ek het intussen stil gehou om vir hom te wag en hom net hoor val, nie gesien nie. Ek stap terug na hom toe. Teen die tyd wat ek daar kom sit hy darem regop. Sy linker arm is goed bebloed! Niks gebreek nie. Ek neem sy fiets af na myne toe terwyl hy afstap.
Na 'n tyd se rus ry ons aan. Op so 18 km kry ons 'n plekkie wat koffie en eetgoed verskaf en bestel koffie en water. Na 10 minute is ons weer oppad. Ons is nou op 'n goeie teerpad. Dit verander na so 'n entjie weer in 'n goeie grondpad wat deur 'n tonnel bome loop. Elke nou en dan is daar ook kort skerp klimme. Wanneer ons bo kom verander die pad weer in 'n teerpad.
Ons het gisteraand besluit ons gaan vandag vir Riomaggione of Biassa mik. Ons kom by 'n punt waar al my navigasie en Google Maps wys dat daar 'n kruising is wat links na Riomaggione en regs na Biassa gaan. Wanneer ons by die punt verby ry is daar met bosse! Ons sluit weer by 'n teerpad aan. Hier is 'n groot bord wat wys daar is paaie na albei slbei dorppe. Op die kaart staan Colle de Tellegraph. Google Maps wys egter net 'n styl stappaadjie na 'n teerpad wat Riomaggione toe gaan. Regs is daar 'n teerpad na Biassa, wat skynbaar baie blyplek het. Ons kies die pad Biassa toe. Dit is lekker afdraend, wat ons môre oggend sal moet uittrap!
In die dorp kry ons die eerste blyplek. Dit is 'n "hostel" met "bunk" beddens en hulle maak eers 15:00 oop. Die deur is oop. Ons gaan verder die dorp in en kry 'n ander plek op Google Maps. Ons skakel die nommer maar daar is geen antwoord. Van die mense daar rond probeer ons help, maar ons kry niks reg nie. Ek stuur 'n WhatsApp boodskap. Na 'n ruk kry ek reaksie maar sy sê sy is vol. Later kom daar weer 'n boodskap deur. "Hoeveel is julle". Na 'n bietjie heen en weer bied sy vir ons 'n huis aan teen Euro 100 kontant. Ek laat weet ek het net 80. Sy aanvaar en stuur aanwysings. Dit neem 'n tydjie om dit mooi te interpiteer maak ek kry dit teg om haar videos te "identifiseer" en teen 15:00 het ons verblyf.
Nog 'n gebeurtenis volle dag in Italië!
Ry tyd 4:44:10 Afstand 24.83 km Klim 804 meter.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking