Maandag 06 Junie 2011

Laaste Saterdag

Die laaste Saterdag vir oefening voor die begin van die Freedom Challenge. Lekker rustige rit vanaf Blouberg oor Hillcrest en terug. Het 'n bietjie reën langs die pad gekry maar gelukkig niks ernstig nie so ek het darem nie te nat geword nie. Hillcrest was 'n bietjie modderrig en ek dus maar besluit om die Groen roete oor die eerste deel te doen aangesien die Rooi pad se bult te glad sou wees. Rit was baie rustig en aangesien ek eers 08:36 by die huis weggekom het, het ek besluit om totale rit tot onder vier uur te beperk. Op die einde van die dag het dit my toe net drie uur vyftien minute geneem. My fiets was egter goed bemodder en ek wou ook nie die nuwe ketting nou al blootstel aan te veel verwering as gevolg van die modder nie. My agterrem is ook nie "lekker" nie en daar sal, voor ek begin, daarna gekyk moet word. Nog net twee moontlike oefen ritte voor die grote begin!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking