Maandag 19 Augustus 2024

Trans Baviaans nommer 10

Ontvang 10 de Trans Baviaans skild


Ek, Johan de Bruyn en Annemarie het November 2023 vir vanjaar se Trans Baviaans ingeskryf. Annemarie het egter probleme met haar nuwe fiets, wat sy in April gekoop het, opgetel wat tot gevolg gehad het dat sy fissiese probleme met haar liggaam ontwikkel het en dus onttrek. Ons verander toe na 'n twee manspan. Danie Kotze bestuur weer die motor vir ons en ons is op 16 Augustus deur Willowmore toe. Weer lekker by Lucia en Martin op Marlu gebly. en ge-eet


Saterdagoggend is ons so net voor 08:00 daar weg. Registrasie en houers vir waterpunte 2, 3 en 4 is Vrydagmiddag afgehandel. Ons is so teen 09:15 reg om te begin. Die wag vir 10:00 is altyd redelik vervelig, maar dit is deel van die lewe!


Ons spring op die kop 10:00 weg. Toe ek my Garmin aansit sien ek dat my hart monitor nie werk nie! Dit is interessant dat sulke dinge op die slegste tye gebeur! Gelukkig het ek 'n "backup" wat dit vir my sal meet. Hulle het 'n Noord Weste wind voorspel, maar met die wegspring is daar geen teken van wind nie. Dit verander egter binne die eerste 10 kilometer en hoe verder ons ry hoe sterker raak die wind. Die eerste 40 kilometer ry ons meesal Suid met die gevolg dat ons die wind óf skuins van agter óf skuin van voor kry. Dit is redelik koel en ek is bly dat ek genoeg warm klere aan het. Johan stop om sy groot "chainring" behoorlik vas te draai aangesien een van die drie skroefies uitgeval het. Gelukkig het dit tot op die einde gehou. Ons handhaaf 'n goeie pas en draai na net kort van twee uur links Nuwekloofpas toe. 


Van hier is die wind van agter en ons gemiddelde spoed klim vinnig. Na 2:26 is ons by Waterpunt 1 en na 'n roosterkoek en coke is ons na 3 minute weer aan die gang. Ons het behoorlik "gevlieg" tussen waterpunt 1 en 2. Dit neem ons 1:38 om die 41 kilometer af te lê. Die keer stop ons vir 10 minute. Hier is lekker marshmellows, piesangs, aartappels en coke. Van 2 na 3 is 31 kilometer, maar nou begin die bulte, onder andere Grasnekpas. So ons kom eers na 1:50 by waterpunt 3 aan. Ons het ons ligte in die houer vir die waterpunt gesit want ons het verwag om eers teen donker by Bergplaas, waterpunt 5, uit te kom. Hier kry ons 'n sosatie en wors om te eet. Na 13 minute ry ons weer. Tot dusver het ons heelwat water gekry en is ons skoene lekker nat. Johan besluit om sonder sokkies deur die volgende water kruising te gan en dan waterdigte sokkies net daarna aan te trek.


Na die waterpunt kom "lang water". Die rivier loop letterlik in die pad af vir 400 meter en almal stap. Die oppervlakte is baie klipperig en met die hoë watervlak is dit moeilik om momentum te handhaaf. Dit neem ons nege en 'n kwart minute om die 408 meter af te lê. Nou volg die "Fangs" en die "Mac". Baie klim. Oor die volgende 16.45 kilometer klim ons 725 meter. Dit werk uit op 43 meter elke kilometer gery. Dit is rof! Die "Fangs" is albei redelik kort, maar heelwat styler as die "Mac" wat baie langer is. Die "Fangs" se gradient gaan op na 17% terwyl die "Mac" meesal so tussen 6-9% is.




Dit neem ons 1:53 om tot by Bergplaas, waterpunt 5, te kom. Hier het ons vir ons droë klere in ons houers gesit. Ek verwissel heeltemal van bolyf klere en het nou 4 lae aan. Ek sit ook my "Sealskinz beanie" op om my kop warm te hou. Ek trek ook my nat skoene uit en vervang dit met waterdigte "Sealkinz" sokkies en droë skoene. Ete is heelike sop. Ons vertoef 35 minute. 


Van Bergplaas is daar 'n lang adraend met skerp draaie en 'n redelike rowwe oppervlakte. Dit word gevolg deur 'n goeie pad met 'n redelike aantal "punchie" bulte. Ek voel redelik "tam" en sukkel maar teen die bulte! Na 36 kilometer en 1:53 in die saal, kom ons by waterpunt 5 aan. Waterbottels word weer volgemaak en eet goed is 'n " chip roll"! Ek trek nog 'n baadjie aan en die warmhandskoen wat vriende vir my hierheen gebring het. Ons vertoef so 21 minute. 


Nou kom die "Never ender"! 'n 13 kilometer bult wat net nie einde kry nie. Die gradiënt wissel so tussen 6 en 14% met die meeste so 6-9%. Dit neem ons 'n uur en 20 minute om hierdie "uitdaging" agter die rug te kry. Noa nog so 'n paar "onnodige" bultjies, kom ons by die laaste waterpunt aan. Maar nie voordast hulle ons onderdeur die N2 neem nie. Die probleem hier is dat dit 'n bietjie modderig is en die opdraend aan die anderkant skrik vir niks! Hier is die kos 'n heelike wavel en ons kry skuiling in 'n rtedelike warm tent. Na 10 minute is ons weer aan die gang. Nou is daar nog net 20 kilometer oor. Die grootste gedeelte is op "jeep tracks" en dit sluit die "Mini Mac" in. Dit is 'n een kilometer klim wat so tussen 9-13% wissel. Dit neem 10 minute om hierdie laaste uitrdaging agter die rug te kry.


Die einde is vanjaar van die Fountains Mall na Mentors verskuif, wat 'n aanpassing in die roete oor die laaste 5 kilometer tot gevolg het. Aanvanklik is ons op 'n redelike goeie "jeep track" met onder andere 'n kort styl afdraande wat onmiddelik gevolg word deur 'n styl apdraende. Gelukkig is die so kort dat die momentum, bult af, help om die op gedeelte gou uit die pad te kry. Daarna draai ons op 'n "track" wat spesiaal vir die wedren deur die veld uit gesny is. Dit is meesal op maar met een klein uitsondering, nie te styl nie. Dit neem ons 28 minute om hierdie laste gedeelte uit die weg te kry.


Na 224.14 kilometer en 14:42 in die saal, bereik ons die uitpunt. So is my Trans Baviaans nommer 10 in die sakkie.








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking