Dinsdag 13 Augustus 2024

Citrusdal toer Dag 4


 Moorreesburg na Bloubergstrand


Ek is met opregte Suid Afrikaanse gasvryheid deur Wilinda en Jannie Hanekom ontvang. Lekker saam met hulle gekuier en ook lekker ge-eet. Alle goeie dinge kom egter ook tot 'n einde en ek moet by die huis kom. 


Wilinda maak vir my lekker mielie pap vir ontbyt. Na dit en 'n koppie koffie, groet ek en val net na 08:00 in die pad. Vandag se skof is so net meer as 100 kilometer en ek verwag om so tussen 7-8 uur te trap. Ek hoort dus so tussen 15:00-16:00 by die huis te wees. Wilinda kyk na die weer en dit lyk of ek dalk 'n bietjie reent langs die pad kan kry.



My Garmin neem my mooi deur die dorp, oor die N7 en op 'n goeie grond pad wat my Malmesbury toe neem via Biessiesfontein. Ek begin met 'n redelik klim en dan op en af oor die Swartland se heuwels. Ek is weer bevoorreg om op 'n pad met 'n goeie oppervlekte te ry. Die bulte is ook nie baie styl of lank nie. Op hierdie stadium is die weer baie gunstig met net 'n paar flies wolkies. Die temperatuur wissel so tussen 11 en 16 grade Celsius. Daar is ook nie eintlik sprake van wind nie. 


Gewoonlik wissel die boere graan af met canola, maar vandag is hier net graan lande en almal is lower groen. So elke hier en daar is daar 'n natterige gedeelte in die pad, maar die oppervlakte is redelik sanderig en dus is hier nie veel modder nie. Na net meer as 20 km is ek terug op die pad wat ek verlede Donderdag gery het, maar natuurlik in die teenoorgestelde rigting. Ek handhaaf 'n goeie gemiddelde spoed en dit lyk of ek voor 15:00 by die huis sal wees.


Ek het gedink dit sal my 4 uur neem om die 45 km Malmesbury toe af te lê, maar dit neem my net 2:48. Ek stop weer by Seatle Coffee Shop in die De Zwartland Werf. Die keer eet ek 'n "Chocolate Crousant" en 'n "Danish" saam met 'n groot koffie. Na 20 minute is ek weer aan die gang.



Die wind het in tussen begin optel en waai skuins van agter. Dit is nou ook redelik toegetrek maar dit lyk nie na reent nie. Die res van die pad is meesal teer en met die briessie handhaaf ek so tussen 15-25 kpu. Teen die pas gaan ek net na 14:00 tuis wees. Toe ek in Malmesbury weggetrek het, was my gemiddelde spoed net onder 15 kpu. Nou klim dit gelydelik en teen die tyd wat ek die Philidelphia pad kruis is dit net meer as 16. 



Die volgende 10 kilometer is meesal opdraende en teen die tyd wat ek by Die Heuwel, net voordat ek die N7 kruis regs draai, het dit na onder 15 geval. Van hier tot in Melkbosstrand is die wind, wat nou redelik sterk waai, reg van voor. Gelukkig is dit meesal bult af. Met die kruising van die Weskus pad, net toe ek Melkbos beryk, begin dit liggies reent. In Melkbos kry ek die wind van agter en handhaaf tussen 25-38 kpu op die fietsry pad tussen Melkbos en Blouberg. Dit begin ook al harder reent. Op 100 kilometer het my gemiddelde spoed na 16.6 kpu gestyg. Teen die tyd wat ek Bloubergstrand bereik het die intensityd van die reent ook toe geneem, maar met die wind van agter styg my gemiddeld spoed tot 17 kpu. Ek hou 14:15 by my huis stil. Darem nie te nat nie.


So eindig 'n heerlike paar dae se fiets ry en kuier by Carine. Ek sal hierdie ekskursie beslis weer aanpak.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking