Dinsdag 06 Junie 2017

Tuscany Trail Dag 5

Tuscany Trail Dag 5

Ons het vir 'n 06:00 ontbyt gereël en val 06:24 in die pad. Aanvanklik klim ons 50 meter in die eerste half uur. Dit word gevolg deur die wonderlikste afdraand en ons daal gedurende die volgende 10 minute 300 meter met 'n pad wat teen die heuwel af kronkel. Dele van die pad is sement. Dit word gevolg deur teer en grondpaaie oor drie heuwels en twee afdraends. Ons ry deur koringlande en wingerde wat afgewissel word deur inheemse bome en struike. 


Dan kom ons aan die voet van die Radicofani bult. Dit is 'n klim 500 meter oor 7 km. Dit neem my ongeveer 'n uur om tot by die dorp te kom.

Ek hou by die eerste kafee stil om vir Hennie te wag. Hy daag 10 minute later op. Terwyl ek daar wag, daag 'n groep bergfietsryers ook daar op. Een het 'n Joburg2C top aan. Dit blyk toe Gary Green van Winterton, wat verlede jaar die Freedom Challenge gedoen het, te wees. Hy en sy vrou is op 'n bergfiets toe, met 'n plaaslike gids vanaf Siena na Rome, ongeveer 300 km. Ons ontspan lekker, drink koffie en eet van ons padkos. Ons vertrek 45 minute later nadat ons ons waterbottels gevul het.

 Anderkant af daal ons 550 meter in minder as 10 minute. Nou is ons weer in die Toskaanse platteland met sy lieflike rollende heuwels en valleie. Ons ry ook op 'n teerpad langs 'n rivier op deur 'n nasionale park. Nadat ons weer 'n heuwel uit is, begin ons daal voordat ons die klim na Sorano toe begin. Dit is 'n lieflike middeleeuse stad op 'n heuwel. Baie indrukwekkend om binne te ry. 

Ons hou by die eerste kafee stil en Hennie eet 'n skyf pizza. Ons het vir 'n 06:00 ontbyt gereël en val 06:24 in die pad. Aanvanklik klim ons 50 meter in die eerste half uur. Dit word gevolg deur die wonderlikste afdraand en ons daal gedurende die volgende 10 minute 300 meter met 'n pad wat teen die heuwel af kronkel. Dele van die pad is sement. Dit word gevolg deur teer en grondpaaie oor drie heuwels en twee afdraends. Ons ry deur koringlande en wingerde wat afgewissel word deur inheemse bome en struike. 

Dan kom ons aan die voet van die Radicofani bult. Dit is 'n klim 500 meter oor 7 km. Dit neem my ongeveer 'n uur om tot by die dorp te kom. Ek hou by die eerste kafee stil om vir Hennie te wag. Hy daag 10 minute later op. Terwyl ek daar wag, daag 'n groep bergfietsryers ook daar op. Een het 'n Joburg2C top aan. Dit blyk toe Gary Green van Winterton, wat verlede jaar die Freedom Challenge gedoen het, te wees. Hy en sy vrou is op 'n bergfiets toe, met 'n plaaslike gids vanaf Siena na Rome, ongeveer 300 km. Ons ontspan lekker, drink koffie en eet van ons padkos. Ons vertrek 45 minute later nadat ons ons waterbottels gevul het.

 Anderkant af daal ons 550 meter in minder as 10 minute. Nou is ons weer in die Toskaanse platteland met sy lieflike rollende heuwels en valleie. Ons ry ook op 'n teerpad langs 'n rivier op deur 'n nasionale park. Nadat ons weer 'n heuwel uit is, begin ons daal voordat ons die klim na Sorano toe begin. Dit is 'n lieflike middeleeuse stad op 'n heuwel. Baie indrukwekkend om binne te ry. 




Ons hou by die eerste kafee stil en Hennie eet 'n skyf pizza. Ek besluit om 'n volle pizza te bestel. Daar is ook vier ander deelnemers, twee van Italië en twee van Latvia. Ek het toevallig op dag twee so 'n rukkie saam met die Latviers gery. Ons gesels lekker, in gebroke Engels, en vertoef 'n half uur. Ons roete die dorp uit kronkel eers vinnig af met 'n pad wat deur die plaaslike sandsteen uit kerf is. Die wande is loodregop en ongeveer 6-8 meter hoog. Ek het nog nooit so iets beleef nie. Nadat ons oor die rivier is, moet ons weer anderkant, met 'n kronkelende pad die bult uit. Ons het net nog 9 km om te ry Pitigliano toe, waar ons beplan om te slaap.

Die wind het intussen begin waai en ons ry meesal reguit teen 'n redelike sterk suide wind in. Ons tel ook 'n ander deelnemer "op" en hy ry agter ons aan. Dit neem ons nie lank om die lieflike Pitigliano van die pad af te sien nie, maar dit lê baie hoër as die pad! Ook nie lank nie voordat ons op 'n voetpaadjie, wat so styl soos die eerste dag se sementstroke is, opgelei word nie. Dit bring ons by 'n stel platterige trappe waar, ons verplig us om ons fietse op te stoot. Bo-op die trappe raak die GPS 'n bietjie deurmakaar as gevlog van die hoë geboue en nou straatjies, maar ons kry darem die pad. Ons drie stop by die eerste kafee en bestel iets koels om te drink. Die ander ryer, 'n Fransman van Strassbourg, het reeds vooraf by 'n hotel bespreek. Hy gee ons die naam en ons kry 'n kamer met twee enkel beddens vir Euro 75.00. Nadat ons klaar gedrink het, volg ons hom hotel toe. Daar aangekom is daar geen lewe nie. Hy skakel die nommer en die eienaars daag 5 minute later op. Hulle kan ons egter nie twee enkels beddens op kort kennisgewing gee nie. Ons moet dus maar weer die dubbelbed aanvaar. Die volgende probleem is die fietse. Gelukkig is die winkel langsaan, wat reeds toe is, ook hulle eiendom en hulle stoor ons fietse daar.  Die volgende probleem is dat die winkel eers 08:00 oopmaak. Ons wil 06:00 ry! Na baie gesmeek, onderneem hulle om 07:00 vir ons te kom oopsluit sodat ons ons fietse kan kry. So eindig ons tweede laaste dag  van hierdie ongelooflike ondervinding.





Tydens aandete kom ek en Hennie tot die gevolgtrekking dat ons mekaar op dag twee misgeloop het toe ek verkeerd gery het op die eerste bult. Hy is by my verby voordat ek na hom begin soek het! So werk die noodlot!


Statestiek vir die dag: 87.66 km, tyd 8:26:40  totale klim 1,660 meter, daal 1,771 meter. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking