Vrydag 02 Junie 2017

Tuscany Trail Dag 0

Hierdie inligting moes voor Dsg 1 kom maar dit baie om finge op die selfoon te verander en dk het vergeet om dit eerste te plaas

Ons het op 1 Junie ongeveer 14:00 in Massa aangekom. Heel eerste het ons die hotel gaan soek. Sue het, op internet, gevra vir 'n hotel naby aan die wegspring. Die hotel was ongeveer 9 km weg, maar dit was alles opdraand en SA opdraandes nie, Europese opdraandes met 'n hele klomp haarnaald draaie. Die hotel was egter top kwaliteit en die uitsig was baie mooi.

Nadat ons ons begasie afgelaai het, is ons dorp toe om te registreer. Toe ons by die plek instap loop ons die Australiese Suid Afrikaaners, wat ook deelneem, raak. Ernst en Hannelie Scholtz en hulle bly suid van Perth. Hulle beplan ook om 5 dae te ry, so ons hoort mekaar langs die pad te sien.

Die "race briefing" sou eers 18:30 plaasvind en die persoon wat ons moet help met "tracking" sou eers 16:30 daar wees. Ons besluit toe om maar terug hotel te gaan en 18:00 weer af te kom.

Die reis van die hotel toe by registrasie neem 30 minute al is dit net meer as 15 km. Registrasie was op ander plek as wegspring.


Toe ons 18:35 daar aankom, hoor ons die "briefing" het vroeĆ«r begin! Die Suid Afrikaners het darem die kern punte vir ons oorgedra. Hennie het sy selfoon vir "tracking" verbind  gekry, maar aangesien ek nie internet data gehad het nie, kom ek nie myne uitsorteer nie, maar ek moes net later 'n epos aan die persoon stuur dat sou hy die verbinding maak. Dit is toe gedoen en toe ek vanoggend wakker word is due bevestigende epos daar!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking