Vrydag 02 Junie 2017

Tuscany Trail Dag 1

Ons het vir 'n vroeëre ontbyt gereel en kon toe darem teen 07:30 wegkom om 08:00 op die plein te wees vir die 08:30 wegspring. Ons was ook gelukkig om net om die hoek parkering te kry en van daar kom Sue en Helena maklik die pad volg tot op die snelweg.

Ons was toe weer gelukkig om die Suid Afrikaners daar raak te loop. Die organiseerders het net na 08:00 allerhande aankondigings in Italiaanse gemaak, waarvan ons niks verstaan het nie. Die "wedren" het so ongeveer 08:28 sonder enige groot bohaai begin.


Ons is met agterpaadjie uit die dorp geneem, sonder enige begeleiding. Almal volg maar die roete op ons GPS. Die eerste 20 km was maklik en alles teerpad. Op 22.9 km begin die helling styg. Dit was na net meer as 'n uur se ry. Aanvanklik was dit 'n teerpad met 'n helling wAt uitgetrap kon word, maar na 'n ruk raak dit sement met 'n helling wat uitgestoot moet word. Ek skat ons het vir ongeveer twee uur gestoot voordat ons by rybare "single tracks" uit gekom het. Dit het ons 2 uur geneem om 7 kmaf te lê! 3.5 kpu! Hier het Hennie opsy gestaan vir iemand wat verby wou kom, sy balans verloor en 3 meter teen die hang af getuimel. Gelukkig was die gras dik en doen het net 'n paar skrape op. 


Die volgende paar kilometer bestaan uit 'n verskyndenheid oppervlaktes en gaan deur die plaaslike inheemse woude. Dit is ongelooflik mooi. Dit sluit ook plaaslike MTB "single tracks" in, wat baie lekker is om te ry. Die roete wissel ook tussen op en af en alles is rybaar. Dit word gevolg deur 'n rowwe afdraand wat baie klipperig is dn waar dit moeilik is om vinnig te ry en eindig by 'n klein gehuggie waar ons ons waterbottels kan vol maak en oor die oulikste bruggie, wat seker 1,000 jaar gelede gebou is, kan ry.


Hierna ry ons deur 'n lieflike kloof op 'n goeie teerpad en maak goeie tyd. Die pad gaan oor 'n redelije grootpad en Hennie wag vir 'n voertuig en ek is nie daarvan bewus nie, met die gevolg dat ons mekaar verloor. Ek kom dit gelukkig agter en wag  vir hom by die volgende gehuggie. Hy daag so 5 minute later op. 

Ons moet nou begin dink aan slaapplek want binne die volgende 15 km gaan die pad weer op en ons wil die volgende groot klim met vars bene aanpak. Na 69 km ry ons Bagni be Lucca, wat 'n dorp met hotelle is, binne. Ons hou by die eerste hotel stil en doen navraag. Hulle het plek teen Euro 95.00 per nag vir 'n kamermet 'n dubbelbed! Ons moet maar dit aanvaar! Ons vra vir 'n 06:00 ontbyt maar hulke sien nie kans daarvoor nie. Na 'n bietjie onderhandelling is die prys Euro 90.00 en hulle sal vir ons broodjies en sap vroeër uit sit.

Terwyl ek besig is met my blog, daag Ernst en Hannelie ook hier op. Hulle het gedink hulle bly hier, maar hulle hotel in verder in die straat af. Ons reël om 19:00 iets saam te eet.


So eindig dag 1. Afstand 68.71 km; tyd 6:24:46; gemiddelde spoed 10.7 kpu; klim 1,531 meter; daal 1,434 meter.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking