Ons ontwaak om en by 07:00. Eet crousant en yoghart, wat ons gister by supermark gekoop het, vir ontbyt. Danie besluit hy gaan vandag by teer hou en ons spreek af om mekaar in Cruis te ontmoet. Hy hoort voor my daar te wees en sal weer die verblyf uitsorteer wanneer hy daar kom. Ek kom net voor 08:00 weg.
Ek het gister, toe ons hier aangekom het, mooi gekyk waar ek vanoggend moet begin, so daar word nie weer in "sirkels" gery nie! Net nadat ek by die roete aansluit, ry ek weer op 'n besonder mooi paadjie, wat lanings inheemse bome bevat, al langs die rivier af. Dit hou nie vir te lank aan nie en ek word deur 'm weonbuurt na die Weste van die dorp geneem.
Die pad verander gou in 'n grondpad en ek begin deur landerye en appelboorde ry. Soos gewoonlik hou die goeie paaie nie lank aan nie en ek moet weer my fiets teen 'n 23% grade bult op stoot. Bo is 'n goeie grondpad, maar dan wys Ride with GPS ek moet links draai wasr daar geen pad of spoor is nie. Ek draai om en gaan terug, met 'n grondpad, na waar die styl bult netnou begin het. Hier is 'n pad wat, volgens die app wel met die ander pad verbind, so 'n entjie bo waar daar niks was nie. Aanvanklik kan ek ry, maar dan raak dit weer te klipperig en en klim maar af en stoot. Die roetes konvigeer en ek kan rustig voort beweeg.
Die gestoot hou 'n hele ruk aan en dan kry ek weer mooi enkelspore deur die woud. Ek moet elke nou en dan af klim om oor klippe te stoot, maar ek kan meesal ry. Dit hou vir 'n hele tydjie so aan. Eindelik kom ek weer by 'n goeie grondpad uit en kan weer ry. Die eerste 8 km het my 1:40 geneem. Hopelik sal dit nou beter gaan. Die hoop beskaam nie, maar die roete speel nie lekker saam nie.
Op die webwerf het mense gekla dat daar te veel "hike-a-bike" op die roete is. Ek het dit nie eintlik geglo nie, maar nou ervaar ek waaroor hulle kla. Die roete is werklik iets besonders, maar mense rask later "tam" dasrvoor om jou fiets op en af oor berge te stoot. Daar is net te veel onrybare gedeeltes en ek is redelik seker hulle kan, met 'n bietjie huis werk, meer rybare dele insluit!
Daar kom weer 'n deel waar dit 'n goeie grondpad is en ek vorder redelik. Dit sluit 'n klim in, maar nie te syl nie en rybaar. Dit duur egter ook nie te lank nie en ek moet weer berg op stoot. Die roete loop oor die hoogste punt van die randjie. Van bo kan ek baie ver sien in alle rigtings. Daar is ook 'n groot sonplaas en 'n kwarrie so 'n ent weg.
Nou weer berg af. Die ry en stoot sessies wissel mekaar gereeld af. Ek kan gewoonlik ry wanneer die pad die kontoer volg, maar sodra ek hoogte verloor raak dit net te rof. Ry en stoot, ry en stoot, so sukkel ek die bult af. Onder moet ek 'n stroompie 'n paar keer kruis en elke kruising het 'n kwaai helling aan albei kante.
Ek kom eindelik by 'n teerpad uit. Die roete kruis egter net die teerpad en dan is dit weer 'n rowwe bult op. Ek kyk op die app na wat voorlê en besluit dit is vir eers genoeg. Van hier tot by Mallefougasse is 17 km met die roete. Indien die roete van dieselfde kwalitiet as tot dusver is, gaan dit my nog minstens 3 uur neem. Daar is 'n teer opsie met 'n klim wat 7 km lank is en my seker 'n uur gaan neem. Ek kies die maklke opsie.
Die gradient is redelik en maklik rybaar. Verkeer is ook baie min. Die uitsig is ook mooi. Ek kan onder andere sien wasr my eintlik roete loop en dit is net bosse, bome en kranse! Daar is, op 'n plato, 'n groot sonlpaas, verder nike beskawing nie!
Net voor Mallefougasse is daar 'n grond paadjie links en ek ry die laaste entjie met die pad tot in die dorp en kruis waar my roete sou in kom. Ek gaan soek 'n koffie winkel, maar hier is niks. Gaan terug na my aansluiting en eet helfte van my baguette wat ek vir padkos gemaak het. Dan is ek weer aan die gang, maar nou op my roete.
Entjie teer en dan grond met 'n kort bultjie wat nie rybaar is nie, gevolg deur 'n rybare pad wat oorgaan na enkelspoor. Die sluit by pad terug na Mallefougasse aan en voordat ek die midde dorp, waar ek nou net was, bereik draai ek links oor die grootpad en dan links op teer wat oor gaan na goeie grond. Dit loop deur plase en geleidelik die bult af. Nou ry ek, vir 'n verandering, lekker.
Die grond word teer wanneer ek die buite wyke ban Cruis bereik. Op die punt waar my roete weg van Cruis draai, hou ek stil. Kyk op WhatsApp en kry Danie se boodskap. Hy is 500 meter in die pad af.
Ons het weer 'n lekker wooneenheid, baie groter en beter as gister, bo-op 'n restourant. Nadat ek gestort het, kyk ons na ons opsies vir aandete en ontbyt. Restourant het redelike opsies vir albei, maar ons bedluit om eers te kyk wat ons by die Supermark kan kry.
Ons is net na 15:30 af daarheen en besluit om ons eie pasta vir aandete te maak en môre die restourant se omelette te probeer vir ontbyt.
Ons stap so bietjie in die dorp, wat seker so groot soos Philadelphia, Weskasp is, rond. Ons is baie be-indruk met die netheid en goeie toestand van die geboue. Regtig 'n besioderse dorp. Ons kom op 'n groep mans af wat "boules" speel en sit op 'n bankie in die skaduwee en hou hulle dop. Net voor 17:00 vat ons die pad terug. Nou vir ons pasta aand en dan rustig verkeer.
Dag se statistiek: afstand 32.45; tyd 5.35; meters geklim 891.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking