Ja so kom hierdie besonderse ondervinding ook tot 'n einde! Soos hulle sê "Alle goeie dinge kom tot 'n einde"! Gedurende hierdie vier weke was daar beslis baie "goeie" dinge. Daar was beslis swaarkry, maar die moeilik tye het tot 'n einde gekom met die satisfaksie van daar deur te kom!
Wat mis ek die meeste? Die verwagting van wat môre gaan op lewer! Die meeste paadjies wat ek gery het was ongelooflik mooi en lekker om te ry. Wanneer ek so deur 'n bos, besaai met blare wat hoe weet al lankal daar lê, gery het, was ek in my eliment. Dit was heerlik! Wanneer ek daardie oneindige, rowwe bulte opgestoot het, het ek myself getroos met die wete dat dit ook tot 'n einde sal kom en dit het!
My liggaam en my vermoeë om aan te hou was vir my inspirerend. Due vermieë om net nog 'n bietjie te gee is een van die besondere kenmerke van hierdie wonderlije liggaam wat ons Here Jesus vir ons gegee het. Ek het ook weereens besef dat ek mooi daarna moet kyk. Ek lees gister 'n skrywe van Nigel Payne, wat in sy laat vyftigs is en verlede week na 'n "gravel" wedren 'n hart aanval gekry het en besef toe hoe kosbaar goeie gesondheid is. Hu het, net soos ek, al die regte dinge gedoen, maar dit was nie genoeg nie. Gelukkig het hy baie gou by die regte mense en plekke uitgekom en dit oorleef!
Ek sal, wanneer ek weer tuis is, deur my blog gaan en fotos plaas wat in lyn met die teks sal wees, so die can julle wat hraag daardie korrelasie wil sien, sal dit kan doen. Dit gaan 'n paar dae neem, masr ek sal 'n nota op die WhatsApp groepe plaas. Ek sal ook statstieke saamstel, maar ek jan meld dat due totale afstand 1,112 km was. Sal interessant wees om totale tyd en meters geklim re sien.
Ons bus rit van Marseille na Maloensa Lughawe, noordwes van Milan is amper klaar. Ons slaap vannaand en môre aand in 'n plek binne 3 km van die lughawe. Die plan was om môre Milan toe te gaan en toeriste te wees, maar due trein kaartjies daar oor is meer as R800, so weet of ons dit gaan doen nie. Miskien maar net "chill" en ons reg kry vir die lang vulg huis toe!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking