Maandag 01 September 2025

Euro Toer Dag 17

 Laas nag het ek om en by 01:30 wakker geword en 'n draai gaan loop. Die lug was mooi skoon en ek kon die sterre sien. Toe ek egter 'n bietjie later weer wakker word hoor ek hoe dit reën. My wekker was vir 06:45 gestel en toe hy afgaan, reën dit nog steeds. Ek kyk na die weer voorspelling en die lyk glad nie goed nie. Swaar reën heeldag en sonskyn môre. Ons vra ons gasheer en vrou of ons nog 'n dag kan bly en hulle stem in! Watter verligting.

Na ontbyt, wat 07:30 bedien is, is ons terug na ons houthuis. Heel oggend hou ons onsself besig met lees op ons selfone ensovoorts. Ons besluit om te wag totdat daar 'n breek in die weer is en dan gou dorp toe te ry om iets vir middag en aandete by Carefour te kry. Dit sou, volgens Danie wat die weer gedurig dophou, tussen 12:00-13:00 gebeur. Dit is nou 12;30 en dit sous nog steeds! Hopelik sal ons darem voor vannaad 'n geleentheid kry, anders sal ons maar ons reën klere moet aan trek en die reën winkel toe aandurf! Sal later met blog aangsan om te laat weet wat gebeur het.

15:30 en daar is 'n opening. Ons trek reën klere aan, net bir ingebsl en spring op ons fietse en ry gou dorp toe. Twee baguette'e, chirizo, koue vleis, kaas en 'n slaai. So ons is reg vir aandete. Oppad terug reën dit liggies, maar ons is reg vir so 'n bietjie reën! Nou maar die res van die dag spandeer met lees en rus. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking