Dinsdag 09 September 2025

Euro Toer Dag 25

Vandag (08/08) was ons toetiste. Maar eers mies ek en Florian bokse gaan kry om ons fietse in te verpak. Hy het daarma vir ons verduidelik hoe die Metro werk en ons toe by die stasie afgelaai. Obs het hou die kap van die byl agter gekom en by die sentrale stasie afgeklim. 

Vandaar stap ons ou hawe toe en toe na die Basilique Morte Dame de la Garde. Die stap na die Basiliaue was nogal 'n uitdaging. Hy is op 'n hoogte punt van Marseille en die klim daarheen was baie goeie oefening. Hulle is besig met resourasie werk, so die gebou van buite is nie nou baie mooi nie, maar binne is asemrowend en die uitsig van daarbo is iets om te beleef. 

Oppad terug stop ons by 'n supermark en koop aandete. Vannaand "bederf" ons vir Florian en Marie met Kaapse pasta.

Obs het beplan om môre so 'n stukkie te gaan fiets ry. Danie wil egter sy stuitjie laat rus, so ek sal op my eie gaan. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking