Ontbyt was 07:45 gereed en ons kom 08:17 aan die gang. Ride with GPS neem ons terug dorp toe met 'n heel interessante roete, maar laat ons dan in sirkels ry. Na 'n gesukkel kry ons die tegte roete en is aan die gang.
Ons word weer met obskure agterpaadjies weg van verkeer gelei. Dit bring ons by 'n 4 km klim op 'n redelik rowwe jeep track. Oor die algemeen is die gradiënt redelik, maar daar is een besonder styl seksie van ongeveer 100 meter. Dit gaan maar sukkel sukkel maar ek trap hom uit.
Bo word ons deur 'n boer se lande gelei wat ons by 'n enkel tou versperring bring. Ek lig die tou, maar los baie gou toe ek besef dit is ge-elektrisiveer. Die boere gebruik dit om hulle koeie in 'n kamp te hou sonder om die kamp te omhein. Ons het al baie van die "toue" gesien nie maar nie besef daar is 'n elektristeits draad om die tou nie. Danie kry 'n stok en ons lig die tou en kruip onderdeur.
Ons is nou op 'n mooi enkelspoor paadjie wat al langs 'n stroompie in die vallei af gaan. Ons klim elke nou en dan af wanneer dit te klipperig en styl raak. Ons bewonder weer eens die mooiheid van natuur hier en geniet die rit met die mooi paadjie. Dit lei ons weer na 'n redelike "jeep track" wat weer 'n klim insluit. Nie te lank en nie te styl. Die sluit aan by 'n teerpad en ons ry deur Verdaches wat seker nie meer as 10 huise en geen winkel het nie.
Net anderkant Verdaches word ons weer weg van die grootpad geneem. Ons volg allerhande agter paadjies en ry ook mooi enkelspoor paadjies met so 'n stukkie teer hier en daar. Tydens een van die teer stukkies sê ek vir Danie dat dit die laaste kans is indien hy die teerpad Digne les Bains toe wil neem. Hy besluit om dit te doen en ons groet. Hy sal so lank verblyf soek wanneer hy in Digne les Bains kom.
My pad is weer 'n goeie rybare "jeeptrack". Elke nou en dan is daar ook weer mooi enkelspoor paadjies. Dit eindig met 'n mooi uitsig oor die vallei met graslande. Dan kry ek in Marie de Javie in, waar ek vir koffie stop. Ek eet ook die eier en stuk koek wat deel van vanoggend se ontbyt was.
Net buite die dorp is daar 'n teken wat asndui dat Digne 13 km weg is. Volgens my roete moet ek nog 21 km doen en dit gaan aansienlik moeiliker wees. Ek het vir 'n oomblik dit oorweeg om reguit aan te hou, maar besluit toe eder om by my roete te bly. Die 13 km sou my seker 45 minute geneem het en ek het aanvaar dat my 21 km my 4 uur sou neem!
Net na die teken draai ek links op 'n gruispad. Die pad oppervlakte is goed en daar is selfs stukkies teer. So 'n ent in draai ek regs op 'n ander gruispad. Ek klim vir net meer as 'n kilometer en vorder goed. Bo kry weer teer en dan word ek herlei op 'n enkelspoor. Ek stop om 'n appel, wat ek in my sak was, te eet. Terwyl ek besig is, kom drie e-fietse verby. Vir die res van die dag sien ek heelwat e-fietse. Hier area is skynbaar baie gewild onder fietsryers maar almal verkies e-fietse.
Vir die volgende paar uur is ek meesal op enkel spore of rowwe "jeep tracks". Die enkel spore is oor die algemeen baie besonders, maar daar is 'n paar wat redelik rof of styl is en dus stoot tot gevolg het. Daar is ook heelwat van die roete wat oor leiklip gruisheuwels gaan. Hier is daar omtrent geen plategroei nie. Net die gruis heuwels. Ek het 'n aantal fotos daarvan op die WhatsApp groepe afgelaai. Dit word af gewissel met goeie enkel spore en dan kom daar 'n kwaai klim wat net die gruis heuwels is. Dit is oor die algemeen baie styl en ek kan dit nie ry nie. Wanneer ek eindelik bo kom, is dit weer gewone enkel spore.
Ek sluit weer by 'n teerpad aan wat tussen 'n paar huise deur loop. Anderkant uit word ek weer herlei na gruis pad en dan begin die volgende nagmerrie! Ek moet 'n heuwel uit maar vir die volgende kilometer of so is die pad totaal onrybaar. Dit is net klippe en styl. Dit neem my 'n hele tydjie voor ek bo kom. Net voordat ek bo kom is daar heelwat dele wat goeie enkel spore is.
Wanneer ek heel bo kom, kan ek vir Digne les Baines sien. Ek trek nou op 45 km en Digne lê op 55 km, maar ek is bo-op 'n berg en dit gaan my seker meer as 'n uur neem om van die berg af te kom. Waar ek gister 'n goeie pad af gehad het, moet ek vandag met 'n enkelspoor berg af! Die van julle wat bergfiets ry weet dat meeste enkelspore berg 'n nagmerrie is. In hierdie geval is dit nog erger want dit is baie styl af en ry is bykans onmoontlik. Elke nou en dan is daar 'n "trap" waar ek my fiets letterlik moet aftel.
Daar kom twee e-fiets ryers by my verby. Selfs hulle kan nie alles ry nie. Die pad kronkel die berg af. Vordering is stadig tot op 'n punt waar daar meer ry as stoot geleenthede is. Hier tref 'n klein terugslag my!
Ek doen my navigasie met Ride with GPS op my selfoon. Uit die aart van die saak gebruik dit battery krag. My selfoon se battery hou gewoonlik so 3 uur. Dan koppel ek my "powerbank" aan die selfoon om hom weer so in die ry te laai. Die "powerbank" sit ek in 'n sakkie op my fiets se raam. Die sakkie maak met 'n ritsluiter toe, maar die probleem is dat die ritsluiter van bo na onder loop. So ek sit die "powerbank" in die sak en koppel die selfoon kabel aan sy onderkant en maak dan die sakkie so 80% toe met die kabel aan die onderkant. Die opset het werk nou al lank en ek het nog nooit probleme gehad nie. By so 'n af teen die bult, hoor ek iets in my fiets se speke. Ek dink eers dit is weer 'n tak. Ek stop om die "tak" uitbte haal, dit is toe egter my selfoon kabel! Die sakkie se ritsluiter het met al die geskud skynbaar oop gegaan, die "powerbank" het los gekom en uitgeval! Ek stop en stap terug op my roete. Net voor dit gebeur het is ek oor 'n paar rowwe stukke. Ek neem aan dit het daar gebeur. Ek soek in die gras en bosse langs die pad, maar kry niks. Gelukkig is die battery nou op 94%, so oor die kort termyn is ek OK. Ek weet Danie het ook een en sal maar vir hom moet vra om syne vir my te leen. Sover ek weet gebruik hy hom nie terwyl ons ry nie.
Dit neem my nog 'n hele ruk om van die berg af te kom. Net na die teespoed kom twee fiets ryers, met gewone fietse, by my verby. Dit is nogal 'n seldsame gesig in die wêreld! Hoe laer ek teen die berg af, hoe meer rybaar raak die enkelspoor. Ek moet nog so elke nou en dan afklim om oor 'n rowwe gedeeltes te stoot, maar die einde is nou in sig! Die laaste gedeelte is ook weer een van daardie besonderse mooi gedeeltes met die paadjie wat tussen die bome deur vleg. Dit is amper asof ek in 'n tonnel van bome ry!
Met nog 4 km oor, sluit ek by die grootpad aan. Na 'n paar minute is ek in Digne les Bains. Danie het vir ons 'n woonstel gekry en koop vir ons aandete en ontbyt by Carefour. So vannaand eet ons nie weer pizza nie! Ons sukkel 'n bietjie om mekaar te kry. Danie het gesê hy kry my op die dorpsplein en ek ry daarheen. Hy skakel my en vra waar ek is. Ek sê op die plein. Hy sê hy is ook op die plein, maar ons kry mekaar nie! Terwyl ons so praat, kyk ek rond en sien hom op sy selfoon aan die anderkant van die plein en hy kyk weg van my in die rigting wat hy my verwag. Intussen het ek al deur die dorp gery, maar so vind ons mekaar.
So eindig nog 'n besonderse dag se fiets ry in Frankryk. Daar was 'n paar uitdagings, maar die netto resultaat was uit die boonste rakke. Hierdie is voorwaar 'n spesiale "once in a life time" ondervinding.
Statistiek 55.53 km; 9:34 ry tyd; 1,551 meter geklim.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking