Maandag 02 September 2024

Louvain toer Dag 3

 


De Vlugt na Louvain


Ons plan was om vandag terug Kaap toe te ry sodra ons klaar gemaak het. Obs besluit dus om vroeër te begin. Ons gasvrou, Adri van Rooyen bied aan om vir ons 06:30 ontbyt te gee sodat ons 07:00 in die pad kan val. Alles werk mooi uit en ek en Mike kom 07:11 weg. Danie het besluit dat hy op sy eie tyd gaan ry en ook die laaste gedeelte van vandag se roete gaan uitsny om tyd te spaar. Hy begin dus 'n klein bietjie later. 


Die pad langs die Keurboomsrivier is heelpad opdraend. Die klim is nie te erg nie en daar is so elke nou en dan 'n afdraend, maar die meeste van die tyd klim ons. Die pad is in 'n baie goeie toestand en obs handhaaf 'n goeie pas. Oor die eerste 25 km klim ons 540 meter totdat ons by die N9 aansluit. Langs die pad is 'n paar plase maar dit lyk nie of hier ernstige boerdery aktiewiteite is nie. Daar is min landerye en ons sien nie eintlik baie vee nie. Net 'n paar bokke en skape so hier en daar. Hierdie is ook deel van die plaaslike "Garden Route Pilgrimage of Hope" roete, 'n 270 km staproete van Uniondale na Mosselbaai, en ons sien oral langs die pad die kenmerkende tekens van 'n rooi vuurtoring wat die roete aan dui. Ons ry ook verby "Die Beloofde Land gasteplaas" met sy imposante kliphuise. Dit is voorwaar 'n besondere onderneming van drie lieflije kliphuise wat die eienaars hier gevestig het.



Na 25 km draai ons regs op die N9, so 'n entjie bult op en dan links op die Buffelsdrifpad, 'n grondpad net Noord van die N9 wat ook bekend staan as die Kykoe pad. Na 'n verdere 7 kilometer kruis ons weer die N9 en volg nou 'n grondpad via Nolshalte net Suid van die N9. Dit neem ons deur 'n paar plase totdat ons weer die N9 kruis en op die Buffelsdriftpad Noord ry totdat ons, na 6 kilometer, wat 'n goeue klim insluit, by die Kanannasie pad, aansluit. Hier draai ons links oppad Daskop toe. Net verby Daskop Farm Stat draai ons links en kruis die Gansekraanrivier oppad terug N9 toe. Ons ry verby die Heimersrivier aansluiting, al langs die Matjiesrivier tot by die N9. Dan regs en na een kilometer links op die Louvain pad. 



Na 75 km en 5:47 op die pad bereik ons Louvain. So eindig ons eerste Louvain toer.


207.2 km; 5,050 meter se klim; totale ry tyd 15:21:15


Oppad terug hou ons by Elvis Blue se padstal stil vir koffie en quiche!







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking