Donderdag 19 September 2024

Wild Ride Dag 2 - Kob Inn na The Haven

 


Ontbyt was 07:00 met 08:00 vertrek tyd. Ons kom net na 08:10 weg. By Kob Inn se hek uit en dan regs af na die eerste rivier kruising wat net die bande nat maak. Nou is dit weer al op die strand langs tot by die volgende rivier kruising na 5.9 kilometer. Hierdie een is heup hoogte diep. Almal kom sonder probleme deur.



Dit word weereens gevolg met 'n lang stuk op die strand af vir nog 2.95 kilometer waar daar weereens 'n revier kruising is. Dit word gevolg met 'n klim teen 'n baie styl bult waar ons moet stoot. Elke nou en dan is daar ook 'n "gully" waar ons moet deur. Vordering is maar stadig! Ons klim ook 'n baie, baie styl bult uit om te kyk na die plek waar 'n man en sy meiesie oor die krans is en hulle dood geval het met 'n motorfiets. Hy was van mening dit was net nog 'n lekker bult om oor te jaag en het te laat agter gekom hy maak 'n fout!



Na 'n verdere 15.77 kilometer na die laaste rivier kruising, is ons weer by een. Weereens so heup hoogte diep. Dit word gevolg deur die ingang na die Dwesa-Cwese Natuur Reservaat. Dit reën nou baie hard en ons soek hier skuiling in 'n gebou terwyl Martin Dreyer ons "inteken" by die hek. Die proses neem 16 minute. 1.45 kilometer in die reservaat in is dit weer rivier kruising tyd. Na 500 meter nog een. Almal gelukking rybaar. 




So 'n entjie verder is dit teen 'n sandduin uit. Bo waai die wind ons weer amper van ons fietse af! Dit word gevolg deur nog strand ry tot by die laaste rivier kruising. Hier is die water tot oor ons heupe en om sake moeiliker te maak kom daar 'n golf in die monding op toe ek op die diepste gedeelte is wat tot gevolg het dat die water, vir 'n paar oomblike, tot by my bors kom. Ek oorleef dit sonder probleme en ons pak die laaste 2 kilometer na The Haven aan, waar ons aan kom na 37.73 km en 4:39 op die pad. 


Dit was 'n heel interessante dag met baie reën, sterk wind van agter, heelwat klimme en so 'n klein bietjie sonskyn! Ons middagete is heerlike "chiken a la king" met vas tuis gebakte brood.


Voorgereg vir aandete is vas oesters en aandete is "pork 




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking