Woensdag 18 September 2024

Wild Ride Dag 1 - Trennerys na Kob Inn



Ontbyt was 07:00 en ons beplan om 07:30 weg te kom. Die manne is lekker rustig en ons kom eers 07:45 aan die gang. Hier is 'n "ride" en nie 'n "race" nie. Pas my goed. Eerste dag se afstand is 38 km maar dit gaan ons 4 uur neem om dit af te lê . 


Ons ry van Trennerys direk af na die strand aan dan al langs die see op die harde dand. Om dit rit te doen moet die organiseerder na die getye kyk. Groot dele is onrybaar tydens hoogwater, so dit moet so gereël word dat die rywerk net voor en na laagwater gedoen word. Laagwater is vandag 09:13. Dit is hoekom ons 07:30 wou weg kom. Die sand is lekker hard maar daar is elke nou en dan 'n hindernis wat ons vordering belemmer. In die eerste uur lê ons net 8 km af.

 

Ons kom ook by 'n reviermonding wat gekruis moet word. Die water loop nie baie sterk nie maar is middellyf diep! Almal kom deur sonder enige iemand se elektonika nat word. Daar is ook heelwat plekke waar ons oor rots moet klim. Nie hoog nie, maar nie rybaar nie. Ons moet ook sons binneland in gaan om om rots te kom. Dit is gewoonlik rybare paadjies deur die bosse. Ons ry ook gereeld op bees paadjies. Daar is ook elke hier en daar 'n paar huise. Dit lyk meesal na swart mense se bly plek. Ek wonder hoe hulle hier 'n bestaan maak. 






Na 'n ruk ry ons deur Wavescrest. Dit is 'n hotel/vakansie oord. Ek wonder hoe gereeld word dit nog besoek en wat motiveer iemand om hier so 'n plek te kom oprig! Net na Wavescrest is daar weer 'n rivier kruising. Hierdie een lyk dieper. Dit wil voor kom asof daar hoër op 'n vlakker gedeelte is om deur te kom en ek gaan daarheen. Die aanloop in baie klipperig en toe ek af in die rivier kyk waar ons aanvanklik wou oorgaan, sien ek dit is glad nie so diep nie. Ons was drie wat die opsie gekies het. Tom besluit hy gaan eder terug. Ek wil eers omdraai, maar Ray het van onder af op gery en moedig my aan om deur te druk. Waar dit toe "vlakker" gelyk het, is die water tot by my bors! Loop nie baie sterk nie en met Ray se hulp kom ek deur. 



Nou is dit weer lekker op die strand langs ry met so elke nou en dan 'n paar klippe of 'n ekskursie deur die bosse. Na 32 km en 3:30 kom ons by Mazeppabaai, waar daar weer 'n rivier kruising is. Vier van ons mik weer stroom op en winder bo wonder hier wag 'n boodjie vir ons. Die eienaar sê hy sal ons oor neem. Ons klim in, met ons fietse en hy rooi ons oor. Waar ons droogvoet in geklim het, moet ons egter inndie vlak water uit klim. Die ander het almal laer af deur gekom met water wat net tot onder hulle middellyf gekom het. 


Anderkant die bult uit word ons met die mooiste uitsig bederf en Cob Inn in die verte. Die rit Cob Inn toe is redelik rustig en ons kom na 38.62 km en 4:28 se ry daar aan. Fietse word gewas, ons stort en kry lams bredie vir middagete.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking