Sondag 11 Februarie 2018

Attakwas 2018

Ek en Hoffie Conradie sou vanjaar weer die Attakwas saam gedoen het, maar hy moes onttrek as gevolg van werk verplgtinge. Ek het toe vir Coenraad Fick, wat vanjaar die Trans Baviaans saam met my doen, genader en aangesien dit op sy "bucket list", het hy die uitdaging aanvaar.

Ons het Vrydag so ongeveer 13:00 weggekom met my broer as bestuurder om die motor na die eindpunt te neem.

Ons was net na 18:00 in Oudtshoorn en braaivlies benodighede by Spar gekoop, geregistreer en deur gery na Kranskloof waar sou oornag. Daar aangekom ontdek ons dat daar net 'n dubbelbed en 'n enkel bed! Ek en Coenraad moes toe noodgedwonge die dubbelbed deel. Die braaivleis en geroosterde broodjies het goed afgegaan en ons teen 22:00 in die bed gekom.

Die wedren het 06:30 begin, dus was ons vroeg op om betyds by die wegspring te wees. Ek het in groep C weggedpring en Coenraad in D (omdat dit sy eers Attakwas was). Die groepe het 5 minute uit mekaar weggespring.

Die eerste paar kilometer is altyd maar stowerig en baie ryers, maar vanjaar was marginaal beter en ek het gou 'n lekker ritme gekry "laat waai". Een van die interessante dinge van die wedrenne is dat gewoonlik groepe van ryers wat van soortgelyke strekte is, ontwikkel. Dan kom hulle by jou verby en dan gaan jy weer by hulle verby en so karring ons voort. Ons is nou meesal op paadjies wat die boere gebruik om deur hulle kampe te ry. Die laaste gedeelte voor die waterpunt is 'n goeie distrikspad.

By die eerste watertafel stop ek gou bir 'n glasie Coke en ietsie om te eet. Allewyn, 'n vriend van my skoonseun Wynand is hier aan diens). Nou is ons weer op tweedpoor paadjies deur die veld en die gehalte raak al rowwer. Ons kry ook ons eerste groot bult wat later so rof raak dat ek moet af klim en stoot. Daar is darem so een of twee ouens wat dit regkry om momentum te behou en tot bo ry. My pas is goed en ek kom by waterpunt 1 aan op 'n tyd waarmee ek tevrede is. Later sal dit blyk dat ek teen die tyd al 2 minute verloor het op verlede jaar! Soos verwag is my broer hier om te kyk hoe ek vorder.

Tot dusver was die weer perfek met 'n tedelije temperatuur en wolke ander kant die berg. Dit het die vorige dag aan die seekant van die berg gereën. Die roete begin nou moeiliker en meer tegnies raak en op 'n paar plekke is ek verplig om af te klim en te stoot. Nadat ons oor die top van die berg is, raak die grond ook nat. Daar was die vorige week 'n brand en die werêld is pikswart. Selfs die sand is swart! El ry lekker en vorl en vol vertroue dat ek my 8 uur mikpunt sal haal. Ek geniet die afdraand na die Spur stop wat deeldae rybaar us. Ek us geskok om te sien hoe min water daar in die rivier is waar ons moet deur voor die stop!

My fiets word skoon gespuit, die ketting word ge-olie, ek eet 'n Spur pattie, maak waterbottel vol en spring in die pad. Die padoppervlakte is klam en modderig! Vordering is goed, maar die klam oppervlak vertraag die pas. Die algemene trajek is ook op! Die modderige pad bemors die fiets maar is gelukkig nie so dik dat dit op die bande aan koek nie. By waterpunt vier is daar mense met emmers vol water en borsels om die fiets skoon te maak. Die eetgoed is baie lekker en daar val so elke nou en dan 'n ligte misreëntjie.

Net na hierdie waterpunt daal ons met 'n baie tegniese "single track" na 'n rivier wat lekker loop met die gevolg dat my fiets mooi skoon is toe en anderkant uit kom. Ongelukkig word dit opgevolg deur dik pikswat modder! Die distrikspad daarna het ook 'n dun laagie modder, so van dik stof oor die eerste gedeelte is ons nou vol modder. 'n Regte gemors!

Ek kom ook skielik agter dat ek ongeveer 'n halfuur agter my tyken tyd is! Moet maar aanstoot en kyk of ek 'n bietjie tyd kan opmaak oor die laaste 20 km. Gelukkig is ons 'n paar manne wat lekker saamwerk en handhaaf 'n goeie pas. Dit is met groot blydskap dat ons die laaste paar draaie aandurf en dan due sement paadjie na die eindstreep. Ek maak in 8:31 klaar. Nadat dk my tye met verlede jaar vergelyk, blyk dit dat ek orals 'n bietjie tyd veloor het maar die groot probleem was tussen waterpunt 3 en 5 waar ek 20 minute verloor het.

Coenraad maak in 10:24 klaar nadat hy ernstige probleme met krampe ontwikkel het.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking