Sondag 11 Februarie 2018

Tankwa Trek Dag 2

Ek was weer vroeg op en moes weer my fiets se agterwiel pomp. Gelukkig het ek afgeskuif na groep C waar beter sal inpas. As gevolg van opeenhopings probleme by Du Touts Drop, wat binne 10 km bereik sou word, is die gapings tussen die groepe vandag 7 minute. 

Vandag ry ek redelik in die middel van die groep. Ons handhaaf 'n goeie pas en hoe nader ons aan Du Toits Drop kom hoe meer begin sekere mense "jokkie" vir 'n goeie posisie. Dit egter nie veel nie want daar is wel 'n opeenhoping reg aan die begin, gelukkig nie te ernstig nie. Redelik naby aan die begin is ek in 'n baie interessante voorval betrokke. Die ou voor my sukkel 'n bietjie en ek ry stadiger om meer spasie tussen ons te skep sodat ek my spoed beter kan aanpas. Die ou agter my kom egter te vinnig aan en stamp my met die gevolg dat ek vooroor begin val. Hy is egter reeds van sy fiets af en vang net voordat ek heeltemal vooroor val en sit my netjies langs my fiets neer! Van toe af noem ek hom "catcher"! Du Toits Drop us regtig 'n hoogtepunt. Dit us redelik tegnies dn die paadjie is redelik uit gery met die gevolg dat rk hard moet konsentreer en versigtig moet wees om seker te maak ek verloor nie beheer oor my fiets nie.

Die roete van die onderpunt van Du Toits Drop deur waterpunt 1 en 2 tot aan die voet van die ou wapad is lieflike enkelspoor paadjies deur die veld met heelwat kleinerige klimme en afdraandes. Baie lekker om te ry teen 'n gemiddelde spoed van ongeveer 16 kpu.

Met die aanvang van die ou wapad begin ons ernstige klimme van die dag. Vir die volgende 2:15 gaan die pad bykans heeltyds op. Na een uur is ons by waterpunt 3 aan die voet van Marino Monster. My gemiddelde spoed was 11 kpu. Nou vir die Monster. Verlede jaar was ek verplig om 'n entjie te stoot. Vanjaar is ek vasberade on tot bo te ry. Die Monster is ongeveer 8 km lank vanaf waterpunt 3 tot bo by waterpunt 4. Die gemiddelde gradiƫnt is 8.7% met 'n paar sukke van meer as 20%. Dit is 'n "grind" en met 500 meter na die waterpunt kom die angel in die stert met 'n paar haarnaalde en kwaai teer stukkie wat kwaai klim. Van bo is daar 'n asemrowende uitsig oor die Ceres vallei.


Na 6 minute durf ek die oad af aan. Aanvanklik is die pad, wat baie styl is, met sementblokke uitgepak. Na 'n rukkie word ons egter afgely op 'n baie rowwe enkelspoor paadjie teen die berg af. My spoed wissel so tussen 5 en 18 kpu. Ons is drie wat redelik versigtig is, maar elke nou en dan kom daar 'n paar wilde manne by ons verby. Niemand val gelukkig nie, so die ouens kan ry!
Wanneer ons by 'n distrikspad aansluit gaan dit baie beter. Ek is egter deur twee baie versigtige manne net voor die einde opgehou met die gevolg dat ek die tres van die pad alleen moet ry. Ons word weer afgely na enkelspoor paardjies deur die veld en ek geniet myself gate uit. Na 6:11 en 87 km is die wedren verby. Dit was voorwaar 'n besondere dag op die fiets.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking