Sondag 11 Februarie 2018

Tankwa Trek Dag 3

Ek het beter as die vorige nag geslaap maar is net na 04:30 wakker. Gaan maar deur roetine en is 06:20 by die wegspring. Ons is weer in groepe opgedeel, maar vandag spring almal gelyk weg aangesien die eerste 32 km op distrikpad is en die groepe goed uitgesorteer behoort wees wanneer ons by waterpunt 1 kom.

Rk het die eerste dag vir Coen de Bruin, wat in 2014 die eerste 600 km van die Freedom Challenge saam met my gery het, raak geloop. Die Tankwa Trek is sy eerdte wedren na 'n rugoperasie!

Die padoppervlak is goed en die pas is warm. Daar is 'n paar skerp kort bultjies wat help om die groepe goed uit te spry. Ek ry lekker en gee self 'n paar keer die pas aan. Ons bereik waterpunt 1 na 1:14 teen 'n gemiddelde spoed van 26.1 kpu. Ek vertoef so 3 minute.

Wat volg is van die beste enkelspoorpaadjies in Suid Afrika! Dit bergfiets ry se hemel op aarde. Die paadjies, wat spesiaal deur die eienaar van Houdenbeck gemaak is, kronkel deur die veld en tussen die wonderlikste rotsformasie van hierdie area, wat baie ooreenstem met die Sederberge. Die pad oppervlak is oor die algemeen lekker glad en ek geniet myself gate uit! Ons ry verby 'n paar damme wat nie 'n drippel water in het nie!
Die tweede gedeelte van die skof tussen waterpunt 1 en 2 is ook enkelspoorpaadjies maar meer bestaan paaie wat vir ons aan gepas is en gedeeltes van ou en minder gebruikte jeeptracks, maar nog altyd baie lekker en uitdagend. Dit neem my 1:24 om die 23 km tussen waterpunt 1 en 2 af te lê.

Net nadat ek weer begin ry het, kom Coen de Bruin by my verby teen so 'n spoed dat ek nie eers by hom kan "aanhak" nie, maar kan hom darem in die oog hou. Twee manne kom by my verby en ek hak by hulle aan. Na so 'n kwartier se ry vang ons vir Coen! Ook nie lank nie of drie ouens, wat almal dieselfde tops het, sluit by ons aan. Hulle drie en ek en Coen begin saam ry en laat die ander manne agter. Ons handhaaf 'n goeie pas met die drie manskap wat die pas aangee en ek eb Coen wat die agterhoede dek. Ons gaan ook by 'n hele aantal manne verby. Ons ry so saam tot by waterpunt 3. Dit het ons 47 minute geneem om die 16 km af te lê. 

Ons is almal omtrent gelyktydig reg om weer te ry, maar ek kom voor die res weg. Ek ry aanvanklik redelik rustig met die doel dat ons weer 'n groep kan vorm. Ek ry onder andere by Andrew Keevy, met wie ek Vrydag so lekker oor musiek gesles het, verby. Na 'n stylerige bult draai ons weer af op 'n enkelspoorpaadjie. Ek sit net voor die afdraai 'n ekstra poging om voor 'n stadiger ryer op die paadjie te kom. Ek handhaaf 'n lekker maar die ander manne kom nie by nie. Ek besluit om aan te druk. Hulle dal my seker gou inhaal. Ons bly op enkelspoorpaadjies en ek kry dit reg om by 'n paar stadiger manne verby te kom. Dit gaan so aan tot ongeveer so 7 km van die einde af en nog steeds sien ek nie my "spanmaats" nie. Ek weet die einde is redelik tegnies en ek wil nie agter 'n ryers, wat nie tegniese dele goed kan ry nie, vasgevang word nie, met die gevolg dat ek ander ryers verbygaan waar due geleentheid hom voordoen. 

So kom ons by die laaste gedeelte, wat diedelffe is as die eerste dag se einde, aan. Teen die tyd is ek aan die voorpunt en kan ek my eie pas handhaaf. Dit bly so to op die einde en ek voltooi die 84 km in 4:24. My "maats" kom ongeveer drie minute na my by die einde aan.

So eindig nog 'n besonder aangename Trakwa Trek. Ek sal beslis daaraan moet werk om te kyk of ek nie weer 'n borg kan kry nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking