Dinsdag 20 Februarie 2024

Uniondale na Knysna

Ek en Hennie val 05:50 in die pad. Hennie jaag vooruit met die woorde “vol my ek ken die pad”! On gelukkig ken hy toe nie die pad nie en ry by die Avontuur afdraai verby oppad na die N9. Gelukkig hoor hy toe ek hom roep en draai om soda tons direk Avontuur toe kan ry. Die eerste 9 km tot by die Langkloof pad is teer en ons klim van 734 meter to by 881. Na so ‘n entjie op die Langkloofpad draai ons links na Prins Alfredpas en klim tot by 1,048 meter oor ‘n verdere 6 km. Dit word gevolg deur ‘n 14 km afdraand tot by De Vlugt.



Hier stop ons vir koffie en ‘n versnapping en durf dan die klim oor die volgende 25 km aan. Gelukkig is daar darem ‘n paar afdraandjies, maar meeste van die tyd klim ons. Gelukkig is die gradient redelik en ons klim maar net van 298 tot 546 meter oor die afstand. Die lug begin klam raak en later moet ons stop om reën klere aan te trek. Teen die laaste bult uit trek die lug oop en ek sien uit na ‘n lekker sonnige rit af Knysna toe!

 

Ongelukkig word my hoop gou verydel. Ons kry eers weer ‘n lekker 5 km afdraand, maar aan die onderpunt draai die pad regs die Knysna woude in. Dit is as of die draai sê “tot hie ren nie verder nie” want skielik reën dit baie hard. Die reën baadjie wat ek het is “antiek” en nie meer 100% waterdig nie, met die gevolg dat ek redelik gou deurnat is. Ek mnou en dan hou dit op met reẽn net om gevolg te word deur nog ‘n bui. Toe ons by Kom se Pad, waarlangs ons van plan was om te ry, kom, besluit ons om maar erder die 23 km reguit Knysna toe te ry erder as om Gouda om te ry wat 33 km sou wees! Die reën hou op ‘n stadium so op dat Hennie stil hou en sy reën baadjie uittrek. Net voor ons by die N2 kom trek hy dit weer aan toe hy sien hoe donker die lug na die Weste is. Toe ons Knysna binne ry, word ons begroet met ‘n “mini” wolkbreuk. Dit reën so hart dat die stormwater dreine nie al die water kan weg neem nie. Ons maak dit darem veilig tot by Lagoon Lodge, waar ons “ontdooi”onder ‘n lekker warm stort. Die harde reën het intussen sommer ons fietse ook vir ons “gewas” na die modder. Dag twee in die sakkie en weer ‘n paar km te kort, maar wat is ‘n plan indien jy hom nie kan aanpas nie! 87.53 km in 7:34 met 1,040 meter se klim. 






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking