Dinsdag 20 Februarie 2024

Hoekwil na Harold

Hennie het ‘n vriend in Natures Valley wat op 17 Februarie 80 word. Indien ons die volle afstand ry sou hulle seker eers na 20:00 by die partyjie aangekom het. Die vriend het reeds die funksie van die middag na die aand geskuif om vir Hennie te akkommodeer. Ek maak dus die voorstel dan ons die volgende oggend almal saam ontbyt eet en dan Hoekwil toe ry met die motor, waar Helena ons aflaai en dan begin ons rit daar. Op die manier sal hulle dan op ‘n meer redelike tyd by hulle verjaardag funksie opdaag.

 

So gesê, so gemaak en ons begin 08:40 trap. Ek en Hennie het al van Phantompas, Knysna tot by George gery, so ons ken die pad, maar dit bly ‘n mooi pad om te ry. Daar is egter nie veel geyk gedeeltes nie en ons moet óf op óf af gaan. ‘n Gedeelte van die pad is vir voetuie gesluit as gevolg van vloed skade, maar vir fietse is dit nie ‘n probleem nie. 

 


Ek kom  na ‘n ruk agter dat my linker knie nie “lekker” is nie. Dit is nie onthoudbaar nie, maar dit pla my wanneer ek trap en veroorsaak dat ek nie so lekker kan klim nie, en Montagupas lê nog voor! Ek het gelukkig “Deep Heat” in my sak en wanneer ons in George stop vir koffie, smeer ek my knie in.

 

Na die koffie is daar so ‘n entjie tot aan die voet van die Montagupas en dan begin die groot klim vir die dag. Die pas begin na 26 km en ons klim begin by 223 meter. Dit is 11 km lank en ons klim 494 meter. ‘n Gedeelte van die pas is vir verkeer gesluit as gevolg van vloed skade, maar ons verbasing is groot toe ‘n MG B, oppad af, op die pas raak loop! Gelukkig is sy grondvry hoogte van so ‘n aard dat hy al die hindernisse kan aandurf. My seer knie veroorsaak dat ek ‘n gedeelte van die pas stap. Gelukkig pla die knie glad nie wanneer ek stap nie. Dit neem ons 2 uur om die 11 km af te lê. Die ou treinspoor loop langs die pas teen die bopunt en ons verbasing is groot toe ons ‘n trein hoor ry. Ons sien  toe ook twee trokke ry en sal later vasstel dat dit ‘n toeriste atraksie is en dat hulle mense tot bo neem en dan ‘n gedeelte af ry tot by ‘n plek waar hulle dan piekniek hou! 

 










Anderkant is my knie ‘n groot probleem en kan ek byna nie eers op die gelykpad behoorlik trap nie! Ek oorleef dit darem en na 4:58 en 41.91 km met 1,082 meter se klim kom ons by Over the Mounain in Harold aan. Dit is nou 14:00 en Hennie-hulle kan rustig deur ry Natures Valley toe vir hulle partyjie.









 





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking