Maandag 19 Februarie 2024

Marlu na Uniondale

Ek het besluit om my BB2BB2 roete van Marlu na Vanwyksdorp te "toets" vanaf 15-18/02. Ek reēl met Leonico om saam te gaan sodat hy my motor van Marlu na Vanwyksdorp kan bring. Terwyl ek dan die eerste drie dae ry, kuier hy op Marlu. So gesê, so gemaak! Ek kry hom Woensdag 14/02 en ons vat die pad Marlu toe. Ons kom so tussen 16:00-17:00 daar aan. Kuier en eet die aand lekker. 

 

Dinderdagoggend 05:45 val ek in die pad. Die weer lyk goed, maar Martin het gewaarsku dat daar 'n weste wind gaan waai. Ek ry baie voorspoedig en draai na 77 km en 6 ure se ry links op die R332.




Ek stop vir 11 minute om iets te eet en bene te rek en dan is ek weer oppad. So 10 km die pad af is daar 'n plaas waar ek in die verlede water gekry het en ek laat weer my waterbottel daar volmaak. Net nadat ek regs draai waar die pad vurk met links die Baviaanskloof en regs na die N9, begin dit liggies reën. Ek hou stil om reën klere aan te trek. Binne 5 km raak dit so warm en in tussen het die reën verdwyn, dat ek verplig is om weer stil te hou en uit te trek. 


 

Na 'n verdere 14 km en 1:05 se ry draai ek weer links in Uniondale se rigting op die Hartbeesfontein pad. Die wind druk nou sterk van voor en ek het 'n 7 km bult om te oorwin! Anderkant stop ek weer by 'n plaas om my waterbottel vol te maak. Die pad is baie op en af met min gelyk stukke, maar die padoppervlakte is goed. Met nog 29 km Uniondale toe, begin dit weer reën. Dit is nou 17:15 en teen die pas met die wind gaan ek nie voor 20:30 klaar maak nie. My telefoon lui! Dit is Hennie de Clercq, wat van volgende dag saam net my ry en die aand in Uniondale oor slaap. Hy wil weet of hy my moet kom haal. Als inaggenome, aanvaar ek sy aanbod en met 24 km oor Uniondale toe, kruis ons paaie en ry ek saam met hom en Helena ek sy Fortuner. Die aand eet ons lekker pizza by die restourant langs die gastehuis. So eindig dag 1 van hierdie avontuur.








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking